• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Word die beste weergawe van jouself

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

3 Nov 2020
in Nuus
Share on Facebook

NWK se tradisionele Vrouedag kon weens die inperking nie vanjaar gevier word nie. Vir Vrouemaand het NWK egter besluit om vroulike personeellede tog ’n bietjie te bederf met bemoedigende woorde en ’n lagsessie.

Nanna Viviers (27), wat in 2018 wreedaardig deur ses mans in haar huis in Potchefstroom aangeval en byna verkrag is, hou deesdae haar lyf motiveringspreker. Sy is deur Botoka, NWK se welstandsinisiatief vir personeel, genooi om die vroulike personeellede tydens Vrouemaand te kom toespreek.

Staan op

In 2019 het Nanna verskeie selfverdedigingstegnieke vir die personeel kom demonstreer. Sy was die toonbeeld van ’n sterk vrou wat as oorwinnaar uit die stryd getree het.

Nanna het tydens dié geleentheid vertel hoe sy steeds sukkel om die gebeure van daardie aand te verwerk. Sy moes verbete baklei teen die gemaskerde mans, wat gewapen was met vuurwapens, bobbejaansleutels en messe. Sy het verskeie skedelfrakture opgedoen, haar hart het twee keer op pad na die hospitaal gaan staan en sy moes rekonstruktiewe chirurgie ondergaan.

Ná drie selfdoodpogings het sy besluit om haarself te bemagtig deur selfverdediging aan te leer, en vandag maak sy ander vroue hierin touwys. Intussen het sy ook die beweging Arise op die been gebring, waardeur sy haar motiveringspraatjies lewer.

Word gevorm deur gebeure

Nanna vertel dat vreemdelinge haar voorkeer en sê dat hulle haar krag bewonder. “Ek is egter vol seer, pyn en teleurstelling – ’n doodgewone mens. Elkeen is besig om ’n oorlog te veg – met jouself, teen ander óf teen ’n bepaalde situasie. Die verskil kom egter in by hóé ons elkeen veg. Veg jy alleen en met woede? Of uit dankbaarheid, met God se genade en krag?”

Sy is daardie aand gestroop van haar mens- en vrouwees. “Sommige dae is ek gereed om die wêreld aan te vat. Ander dae kan ek nie opstaan nie.” Sy is steeds in haar “woestyntyd”, maar is tog oortuig dat sy gevorm word. “Dit is nie altyd maklik nie, maar dit is die moeite werd.”

Voor die voorval was Nanna baie op materialistiese gewin ingestel. “Geld het my gedryf. Tog was daar altyd ’n leemte, ’n soeke na nog. Werk harder. Kry meer geld. Ek het nie die lewe geleef wat God wou gehad het ek moet leef nie. Ek het Hom net geken as dit sleg gegaan het. Tydens die aanval kon geld my egter nie help nie.” Sy glo dat die aanval ten doel het om haar te hervorm.

Nanna put groot inspirasie uit die Amerikaanse pastoor, Steven Furtick, se predikings. “Ek het by hom geleer dat jy soms moet agtertoe gaan om vorentoe te kan gaan.

Sy het aan die vroue gesê dat die samelewing hulle dikwels druk om iets anders te wees as wat hulle werklik is. “Moenie na die wêreld luister nie. Jy is uniek en pragtig en alles werd in God se oë. Jy is hier vir ’n doel: Eis dit en lééf dit.”

Lag is die beste medisyne

Die oggend is afgesluit met lagterapie wat deur Dennis Coetzee, groepbestuurder van Mensekapitaal by NWK, aangebied is. Hy het ook onlangs as ’n kreatiwiteitsafrigter gekwalifiseer – een van net vier in die land.

Die gesondheidsvoordele van lag is goed bekend, maar volgens Dennis lag volwassenes heeltemal te min. Hy sê dat die liggaam nie kan onderskei tussen ’n spontane en ’n gedwonge lag nie, en steeds gesondheidsvoordele uit laasgenoemde kan put.

Daarom beveel hy aan dat jy hardop begin lag wanneer spanning en wanhoop jou beetkry. Al is dit aanvanklik gedwonge, sal dit binnekort ’n natuurlike reaksie word en sommer vinnig posvat as tweede natuur in bykans enige situasie.

In die grendeltyd is dit veiliger om weggooibare eetgerei te gebruik.
Nanna Viviers (middel) saam met twee van die Botoka-komiteelede, Charlene Human en Sonja Alberts.
Tags: Sept/Okt 2020
Previous Post

NWK terug in produsente se stal

Next Post

Soybean-based diets as alternative to meat


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In