• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Vuurwapeneienaars word ontwapen

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

21 Sep 2021
in Dinamiese vennoot
Vuurwapeneienaars word ontwapen
Share on Facebook

Die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens word met goeie reg uit verskeie oorde gekritiseer. Waarom, buiten vir jagdoeleindes, sal ‘n wetsgehoorsame landsburger dan ‘n vuurwapen wil besit as hy/sy dit nie vir selfverdediging mag aanwend nie?

Méér irrasioneel as die voorgestelde wysigings self, is die minister van polisie, Bheki Cele, se reaksie op sy kritici, naamlik dat dit nie beskou moet word as ‘n poging om burgers te ontwapen nie. Wat anders is dit dan? Dit is boonop maklik vir hom om bekommerde wapeneienaars se vrese af te jak, terwyl hy altyd omring is deur lede van die polisie se swaar gewapende beskermingseenheid vir baie belangrike persone (BBP’s). As Suid-Afrika dan so veilig is, mnr Cele, hoekom durf jy nie die strate ongewapen aan nie?

Volgens Gun-Free South Africa (GFSA) besit 3 miljoen mense in Suid-Afrika vuurwapens vir selfverdediging. Volgens hulle statistieke word minder as 20 van die 58 mense wat elke dag vermoor word, egter doodgeskiet. Ironiese statistieke, sou ek sê.

Wat ek egter wil weet, is hoe die voorgestelde wysigings die probleem van onwettige vuurwapens gaan aanspreek. Inteendeel, dit gaan eerder tot die probleem bydra, aangesien die polisie se bestuur in totale chaos verkeer. Kyk maar na die hope vuurwapenaansoeke wat letterlik meters hoog in administratiewe kantore uittoring en stof opgaar.

Terloops, ‘n mens kan tereg saam met advokaat Christo de Koker, ‘n regsgeleerde wat in vuurwapenregte spesialiseer, wonder of die chaos waarin die sentrale vuurwapenregister hom bevind nie ‘n rol in hierdie wetsontwerp speel nie.

Wetstoepassers is dikwels die grootste sondebokke wanneer dit by onwettige vuurwapens kom. Dink maar aan Christiaan Prinsloo, ‘n voormalige polisiekolonel wat in 2016 tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis is nadat hy sowat R2 miljoen verdien het deur wapens uit die polisiekluis te verkoop. Ironies genoeg is van hierdie wapens juis deur wettige vuurwapeneienaars ingegee om vernietig te word.

Boonop sal min wettige vuurwapeneienaars bereid wees om afstand van hulle wapens te doen en sal hulle eerder onwettig een behou om hulle gesinne te kan beskerm.

Nee wat, mnr Cele, kry eers jou eie huis in orde en skep weer ‘n polisiediens waarin ons vertroue het. Ons benodig ‘n polisiediens met genoeg mannekrag en hulpbronne, wat betyds sal kan reageer wanneer ek voor ‘n aanvaller te staan kom en julle hulp ontbied. Tot dan sal ek beheer neem oor my eie veiligheid op die wettige wyses waarvoor die wet (tot verdere kennisgewing) nog voorsiening maak.

Tags: Jul/Aug 2021
Previous Post

Voëlnuus uit ons kontrei

Next Post

A good ecosystem is key to successful farming


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In