• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Aug 5, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Pryse van landbouchemikalieë gaan bly styg

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

26 Oct 2021
in Nuus
Pryse van landbouchemikalieë gaan bly styg
Share on Facebook

Die tekorte aan landbouchemikalieë en gepaardgaande prysstygings gaan na verwagting tot minstens Maart 2022 duur en daar word gevrees dat winkelrakke teen Desember leeg kan wees.

Produkpryse gaan tot Januarie volgende jaar opwaarts aangepas word en sal tussen 40% en 70% duurder word. Dit is volgens Heinrich Lammerding, besturende direkteur van Villa Crop Protection, een van NWK se verskaffers.

Die probleme word grootliks toegeskryf aan China wat vervaardiging van hierdie produkte verminder in ‘n poging om sy koolstofdioksied-voetspoor te verklein, asook vertraagde lewering en ‘n toename in verskepingskostes.

“Skeepsoperateurs het tans meer skepe op die Stille Oseaan-handelsroete. Dit het tot ‘n noemenswaardige toename in opeenhopings op hierdie roete gelei, wat boonop deur die COVID-19-pandemie en gepaardgaande vertragings vererger is.

“Skepe word gevolglik vanaf ander roetes na die Stille Oseaan-handelsroete herlei om kapasiteit te verhoog. Daar is dus minder skepe beskikbaar om aan ons vraag te voldoen. Landbouchemikalieë word volgens beleid boonop laaste gelaai en verskeep omdat dit ‘n gevaarlik produk is,” het Heinrich verduidelik.

China het onlangs voor die Verenigde Nasies onderneem om sy koolstofdioksied-voetspoor teen 2060 drasties te verminder en vervaardig gevolglik minder van hierdie produkte.

“Die wêreld-landbouchemiese industrie is hoogs afhanklik van produksie uit China en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Fabrieke in areas met ‘n hoë energieverbruik mag nou teen slegs 40% kapasiteit produseer.

“Baie van die noodsaaklike rou materiale word ook bykans eksklusief in China gemyn en vervaardig. Met beperkte voorraad en ‘n toename in aanvraag na hierdie rou materiale, het pryse eksponensieel toegeneem,” het Heinrich bygevoeg.

Só byvoorbeld word geel fosfor vir die produksie van glifosaat, wat hoofsaaklik in onkruiddoders gebruik word, benodig. “Fosfaaterts word in geel fosfaat omskep en dié proses is geweldig energie-intensief. Produksie van geel fosfaat in die Yunnan provinsie in China het met tot 90% verminder en daarom het glifosaat se pryse deur die dak geskiet.”

Volgens Heinrich hou verskaffers hulle produkte terug en verkoop dit aan die hoogste bieër. “Ons is afhanklik van hierdie verskaffers en moet vooraf tot hulle nuwe pryse instem voordat die produkte beskikbaar gestel word.”

Pieter Coetzer, algemene bestuurder van kleinhandelwerksaamhede by NWK Retail, het gesê dat hulle redelik vroeg al van die potensiële probleem bewus geword het danksy Midchem se goeie sakeverhouding met sy verskaffers.

“Ons het na die beste van ons vermoë ons aankope op problematiese produkte vervroeg om beskikbaarheid aan ons klante te verseker.

“Wat die nuwe seisoen betref sal ons die verwikkelinge fyn dophou in ‘n poging ons ons aankope op die mees strategiese tye te doen tot voordeel van ons klante.”

Tags: Sept/Okt 2021
Previous Post

Only those who reimagine the future, will thrive

Next Post

October 2021: Agricultural economic report


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In