• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Aug 14, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Meet grondvog vir akkurate besproeiing

26 Jul 2022
in Tegniek
Lewe in die grond bevorder volhoubare produksie
Share on Facebook

Die meting van grondvog speel ’n belangrike rol in die sukses van gewasaanplantings onder besproeiing. Betroubare en akkurate grondvogmetings is nodig vir akkurate besproeiingskedulering. Dit word ongelukkig dikwels oor die hoof gesien.

Behoorlike besproeiingskedulering kan slegs toegepas word indien die grondvogstatus bekend is en watervermorsing tot die minimum beperk word.

Die meting van grondvog

Verskeie metodes waaronder neutronvogmeters, gipsblokke en kapasitansie kan gebruik word om grondvog te meet.

  • Die neutronvogmeter is die akkuraatste metode, maar dit verg baie mannekrag en is tydrowend.
  • ’n Goedkoper metode is die gipsblokmetode, maar dit is ongelukkig nie akkuraat genoeg om deur die loop van ’n seisoen konstante grondvoglesings te gee nie.
  • Die kapasitansie elektroniese vogmeter kan daarenteen vir ’n hele seisoen in die grond by ’n gewas geplaas word. Dit kan op ’n deurlopende basis die grondvogstatus bepaal en die inligting na ’n rekenaarnetwerk stuur, wat dié data op ’n maklik verstaanbare manier vir die gebruiker kan vertoon.
Die binnekant van ’n
elektroniese vogmeter.
Bron: https://campbellsci-res.cloudinary.com

Vogmeting met kapasitansie

Kapasitansie is die verhouding van die hoeveelheid elektriese lading wat op ’n geleier gestoor word tot ’n verskil in elektriese potensiaal deur middel van ’n diëlektriese medium. In die geval van ’n grondvogmeter word die elektriese lading tussen ’n koperplaat en die grond, wat as die diëlektriese medium gebruik word, bepaal. Die kapasitansie wat ontstaan, word gemeet. Die elektriese lading is hoogs gekorreleer met die vog wat in die grond teenwoordig is en hiervolgens kan die grondvog afgelei word.

Figuur 1 dui aan hoe die elektriese veld gemeet kan word. Die ossillator puls die koper elektrodes, wat ’n ladingsbaan in die grond laat ontstaan. Hierdie ladingsbaan word deur watermolekules in die grond onderbreek, wat die kapasitansie in die elektrode laat wissel. Die wisseling in die kapasitansie dui die hoeveelheid vog aan.

Figuur 1: Meting van die elektriese veld.

TELEMETRIE

’n Vogmeter doen nie al die werk in die meting van grondvog nie. Die brein van die stelsel is die telemetrie waar die telemetriese eenheid liggingsinligting, krag vir die vogmeter en opsionele reënmeterdata verskaf, en ook die data na die rekenaarnetwerk stuur. Sonder die telemetriese eenheid kan geen data gemeet of gestuur word nie.

PROGRAMMATUUR

Die elektroniese toerusting is nutteloos sonder die programmatuur, wat die sleutel tot die inligting is, aangesien dit die data in ’n maklike verstaanbare grafiek verwerk. Dit dui ook die hoeveelheid aan wat besproei moet word.

NWK se Departement Landboubestuursdienste gebruik die Aquacheck-platform, en verkoop of verhuur die vogmeters en ondersteunende diens aan belangstellende klante. Figuur 2 dui die maklik verstaanbare programmatuur aan.

Figuur 2: Die maklik verstaanbare programmatuur van Aquacheck.

Samevatting

  • Grondvogmeting speel ’n belangrike rol in die sukses van ’n besproeiingsprodusent.
  • Oor- en onderbesproeiing kan verhoed word. Dit kan koste beperk en sodoende winsgewendheid verhoog.
  • Aquacheck en NWK Landboubestuursdienste kan ’n beproefde en gebruikersvriendelike diens aan besproeiings­produsente lewer.

Bronnelys

  • Patil BN, Zope PH and Patil KS, 2015. Development of low-cost TDR system for soil moisture measurement. J. International Journal of Advanced Research in Education Technology. Vol. 2, Issue 3. ISSN: 2394-2975
  • Pritchard T, 2003. Using capacitance sensors to monitor soil moisture.
    https://ucanr.edu/sites/CE_San_Joaquin/files/35895.pdf [17 Maart 2022]
Source: Chris van Gerve, NWK Landboubestuursdienste
Tags: Jul/Aug 2022
Previous Post

’n Nuwe benadering tot gewasproduksie

Next Post

’n Klein wurm wat groot skade veroorsaak


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In