• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Aug 6, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK bestuur groei oordeelkundig

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

24 Oct 2022
in Dinamiese vennoot
NWK bestuur groei oordeelkundig

Pietman Geldenhuys het opgetree by NWK se algemene jaarvergadering.

Share on Facebook

NWK Retail gaan nou selfs in die Vrystaat sake doen wanneer ‘n winkel op Hoopstad eersdaags sy deure open. Dit is een van die opwindende nuwe verwikkelinge wat tydens NWK se algemene jaarvergadering op 1 September aangekondig is.

Dié jaarvergadering het ‘n ander aanslag as dié van vorige jare gehad en was nie net op sake ingestel nie. Die vermaaklikheidster Pietman Geldenhuys het boereklante en aandeelhouers tussendeur laat skaterlag met sy unieke stories, raak aksente en pragtige sang. Daar is ook lekker gebraai en geëet.

NWK Retail gaan voor die einde van die jaar ook winkels op Bultfontein en Garsfontein open. Dié drie winkels word as konsessies (franchises) bedryf. Op dieselfde dag van die jaarvergadering het NWK ook beheer geneem van Total Lichtenburg en Blacksteer.

“‘n Mens moet ook oppas dat jy nie uit jou skoene groei nie, want dan kan jy op ‘n stadium beheer verloor. Ons gaan hierdie jaar net eers dat alles stabiliseer, dan gaan ons weer met groot energie weer ‘n klomp nuwe dinge aanpak,” het Theo Rabe, NWK se groephoof- uitvoerende beampte, gesê.

Hoewel ‘n ander landboumaatskappy vantevore nie groot sukses met sy handelswinkel in Garsfontein ervaar het nie, het Theo verduidelik dat dié van NWK Retail in ‘n landbou-omgewing van dié Gautengse dorp gesetel sal wees en dat die maatskappy daarom vol vertroue is dat dit winsgewend sal wees.

Theo Rabe

Alle besluite deurgevoer

Alle gewone en spesiale besluite voorgehou tydens die vergadering is deurgevoer nadat die vereiste meerderheid stemme ten gunste daarvoor ontvang is.

Van die gewone besluite het behels dat Abrie Badenhorst (32) verkies is tot direkteur van wyk 7 en die leisels oorgeneem het by sy pa, Hentie Badenhorst, wat sedert 1999 as nie-uitvoerende direkteur van dié wyk gedien het.

Abrie Badenhorst

Die ouditeursfirma, Deloitte & Touche, is aangestel as eksterne onafhanklike direkteure van die maatskappy vir 2022/2023-finansiële jaar en sal dié amp beklee tot ná die volgende algemene jaarvergadering, ingevolge artikel 90 (1) van Maatskappywet. Hulle vervang PwC.

‘n Verandering aan die akte van oprigting (AVO) wat betref die nominasie en verkiesing van wyksdirekteure, bepaal die volgende:

  • Dat minstens 75% van die raad wyksdirekteure sal wees.
  • Die raad moet uit minstens 25% gekoöpteerde direkteure bestaan.
  • Dit sluit die maksimum van twee onafhanklike direkteure, direk aangestel deur die raad, uit.

Die rede hiervoor is dat dit opvolgbeplanning fasiliteer en ‘n sterk, gebalanseerde en gediversifiseerde raad daarstel. Volgens die King IV-verslag oor etiese korporatiewe bestuur is die doel van onafhanklike direkteure om ‘n verskeidenheid vaardighede en ondervinding in korporatiewe bestuur daar te stel.

Nog ‘n verandering aan die AVO (klousule 27.2) het behels: “By vasstelling deur die direksie dat die voorsitter óf permanent óf tydelik onbevoeg is om sy/haar funksies te verrig, of indien die voorsitter te sterwe sou kom, tree die ondervoorsitter op as voorsitter van die direksie tot die volgende direksievergadering, wanneer die direksie ’n voorsitter sal verkies wat, in die geval van ’n onbevoegde voorsitter, vir alle doeleindes en vir die duur van die onbevoegdheid van die voorsitter, as voorsitter van die direksie optree.”

Dit volg nadat die voorsitter van die direksie, Heinrich Krüger, vroeër vanjaar gesondheidsprobleme ervaar het en die ondervoorsitter, Lemmer Vermooten, van sy verantwoordelikhede en pligte moes oorneem.

Reeds vir 50 jaar lede

Vyf aandeelhouers met 50 jaar se lidmaatskap aan NWK, het spesiale oorkondes as blyke van waardering ontvang. Jacobus Boshoff, Willem Swanepoel en Matthys Potgieter was afwesig en sal hulle oorkondes later ontvang.

Johan Brand saam met Christo van Niekerk, een van NWK se direkteure.
Charles Olivier en Christo.
Sakkie van der Vyver en Lemmer Vermooten, ondervoorsitter van die direksie.
Hermann Hesse en Lemmer.
Paul van der Walt en Pieter Jansen van Vuuren, ‘n direkteur van NWK.
Tags: Sep/Okt 2022
Previous Post

Bek-en-klouseer: Almal hou asem op

Next Post

September 2022: Agricultural economic report


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In