• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jun 18, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Voorsorg is beter as nasorg as dit by beurtkrag kom

Christiaan Blignaut, NWK & IP Makelaars

19 Sep 2022
in Dinamiese vennoot
Voorsorg is beter as nasorg as dit by beurtkrag kom
Share on Facebook

Die gereelde oorskakeling en omswaai van kragstrome veroorsaak dat elektroniese toestelle se komponente, wat die werking behartig, beskadig word. Dit kan meebring dat die toestelle op een slag of mettertyd tot niet gaan.

Beurtkrag het ’n realiteit geword, wat daartoe gelei het dat huishoudings en ondernemings aanpassings moes maak. Met ekstra familietyd bring beurtkrag ook ’n paar uitdagings na vore, soos die verkorting van elektroniese toestelle se lewensduur en beperkte toegang tot tegnologie.

In 2022 het Suid-Afrika alreeds ongeveer 960 ure van beurtkrag ervaar voordat fase 6 beurtkrag geïmplementeer is, wat tot die drastiese verminderde kragtoevoer aan ondernemings en huishoudings gelei het.

Kragstuwing

In die versekeringswêreld word kragstuwing beskryf as die wisseling van kragstrome. Versekeringsmaatskappye het onlangs ongeveer 50% meer uitbetaal aan kragstuwingseise in die afgelope ses maande weens beurtkrag. Om premieverhogings rakende jou korttermynversekeringsportefeulje weens kragstuwingeise te voorkom, is daar maklike en bekostigbare stelsels wat in plek gestel kan word as voorsorgmaatreël.

Een van die bekostigbaarste stappe is om jou elektroniese toestelle by die muur uit te prop wanneer die krag afgaan of selfs volgens die beurtkragskedule te werk te gaan.

Kragstuwing kom gewoonlik voor wanneer beurtkrag verby is en die krag weer aangaan. Dit gebeur wanneer die elektriese strome deur die bedrading beweeg en geweldige hitte veroorsaak, wat dan die elektroniese toestelle laat brand. ’n Duidelike swart merk op die komponente van elektroniese toestelle sal gewoonlik sigbaar wees.

Nog ’n voorsorgmaatreël is om oplewingbeskermers te installeer op huishoudelike toestelle wat die grootste bron van elektrisiteit verkry, aangesien dit sal verhoed dat die stroom onverwags deur die bedrading vloei.

KRAGSTUWINGBESKERMERS

Kragstuwingbeskermers is maklik verkrybaar en geskik vir die meeste huishoudings. Dit is ook maklik om te installeer. Oplewingsbeskermers word vervaardig in verskillende vorms en groottes om van te kies. Tipe 1 en tipe 2 stuwingsbeskermingstoestel (SPD)-beskermers word by die hoof- of subverspreidingsborde in wonings geïnstalleer, en bied beskerming vir al die toestelle wat ’n stroom vanaf dié bron ontvang. Daar is ook ’n reeks beskermers beskikbaar wat ’n kombinasie van tipe 1 en tipe 2 is en wat in die verbruikerseenheid geïnstalleer word.

Nog ’n tipe oplewingsbeskermer wat beskikbaar is, staan bekend as ’n tipe 3 SPD-beskermer. Hierdie kragstuwingbeskermer word gekoppel so na as moontlik aan die bron wat die grootste risiko dra vir kragstuwing. Die eenhede kan gebruik word om slegs ’n paar toestelle te beskerm omdat dit nie ontwerp is om so ’n groot stroom te weerstaan nie.

Beurtkrag het ’n realiteit geword en vorm deel van vandag se samele­wing, dus kan ons dit nie vermy nie. Wat wel gedoen kan word, is om met jou makelaar by NWK & IP Makelaars te gesels om te verseker dat al jou bates korrek verseker is teen beurtkrag en die kragstuwingeise wat moontlik kan ontstaan. Met die regte dekking vir enige kragstuwingverliese, kan jou versekeraar jou in dieselfde finansiële posisie plaas as voor die onvoorsiende gebeurtenis.

Daar is ook dekking beskikbaar vir die verrotting van voorraad in yskaste of vrieskaste weens kragstuwing. Die bedrag waarvoor jy vergoed sal word, word in jou polisbewoording uiteengesit. Die dekking sal nie in werking tree as die oorsaak van die verrotting van voedsel onstaan het as gevolg van die opsetlike opskorting van die toevoer van krag of as daar opsetlik aan die temperatuurbeheer gestel word nie. As gevolg van die geweldige toename in hierdie tipe eise, word die versekeraars genood­saak om verhoogde bybetalings in te stel.

Wees pro-aktief en kry die nodige kragstuwingbeheertoestelle. Voorsorg is beter as nasorg en dekking is beskikbaar vir onvoorsiene skade as gevolg van kragstuwing. Kontak ’n makelaar by NWK & IP Makelaars vir meer inligting rakende die beskikbare dekkingsopsies.

Tags: Sept/Okt 2022
Previous Post

Vooruitsigte vir die nuwe seisoen lyk belowend

Next Post

Nuwe direksielid is gretig om te leer


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In