• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jun 18, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Vooruitsigte vir die nuwe seisoen lyk belowend

Arno Janse van Vuuren, Tegniese redakteur

19 Sep 2022
in Tegniek
Arno Janse van Vuuren
Share on Facebook

Teen die tyd wat ons lesers hierdie uitgawe van NWK Arena in die hand het, is ons reeds sterk op dreef met die nuwe lenteseisoen en staan die meeste bome in volle blomtyd met kleurvolle, geurige bloeisels en die tekens van nuwe groei om ons.

Dit verstom my telkens dat die natuur so vinnig uit ’n staat van dormansie na volle groei en produksie kan terugkeer – dit is voorwaar ’n Skeppingswonder. Ek twyfel of daar ’n mens op hierdie aarde is wat nie in dié tyd van die jaar vir net ’n oomblik gaan stilstaan in stomme verwondering oor die onverklaarbare lewenskrag van die planteryk nie.

Hierdie is ook die tyd wanneer ons graanprodusente hard aan die gereedmaak is vir die nuwe produksieseisoen wat op hande is. Die vorige seisoen se graan moet nog verkoop word – as dit nie reeds gedoen is nie – finansiering moet in plek kom, insetmiddels moet bestel en afgelewer word en die werktuie en trekkers wat gedurende planttyd benodig gaan word, moet vir oulaas versien en gediens word.

Dit stem nogal baie ooreen met die lente wat aangebreek het. Net soos wat die natuur homself vernuwe, pak produsente ook die nuwe seisoen met hernude ywer aan. Die probleme van die vorige seisoen, die aanvanklike kommer oor die hoë insetkoste, die impak van die oorlog in die Noordelike Halfrond – dit alles word suutjies opsygeskuif deur die nuwe innoverende planne wat op die tafel beland.

Is hierdie vermoë van ons produsente om, te midde van soveel uitdagings waarmee hulle gekonfronteer word, opnuut met nuwe planne en werkswyses vorendag te kom nie prysenswaardig nie? Inderdaad maak die boer weer ’n plan! Hierdie positiwiteit, wat ook sterk geloofsgedrewe is, is werklik aansteeklik.

As ’n mens met sommige van die produsente praat, is daar aanvanklik ’n gemor oor die hoë pryse van brandstof, Eskom se onvermoë om hulle diensprobleme aan te spreek, kuns­mis wat “onbekostigbaar” geraak het, verhoogde rentekoerse en dies meer.

Vra jy egter wat hulle gaan doen, verander hierdie prentjie spoedig in ’n produksiescenario wat reeds deurdink is en waarvan die uitkoms nie meer so mistroostig is nie. Dan val die positiewe faktore soos die verwagte nat seisoen, die bestendige goeie graanpryse en die gunstige grondvogtoestande soet op die oor.

Wandile Sihlobo, hoof-ekonoom van Agbiz, noem in ’n meningstuk (Some positive indications about South Africa’s upcoming 2022/2023 summer season), wat op 8 Augustus 2022 vrygestel is, dat daar op die oomblik veral drie belangrike aanduiders is wat dui op ’n potensiële voorspoedige nuwe produksieseisoen, naamlik: (1) Die goeie plaaslike trekkerverkopesyfers, (2) die verwagte gunstige weervooruitsigte en (3) belowende graan- en oliesadepryse.

Trekkerverkope (jaar-op-jaar) vir die eerste helfte van 2022 was 18% hoër en stroperverkope (jaar-op-jaar) het met 37% verhoog in vergelyking met die vorige jaar. Dit mag op sigself niksseggend lyk, maar dit weerspieël die stabiele finansiële posisie van die produsent, sowel as hulle bereidheid om te herbelê in die landboubedryf.

Wat die weervooruitsigte betref, is beide die Suid-Afrikaanse Weerdiens en die Australiese Buro vir Meteorologie van mening dat die waarskynlikheid betekenisvol positief is dat die Stille Oseaan weer kan afkoel na La Niña-vlakke en dat ’n nat seisoen te wagte kan wees. Derdens is Wandile van mening dat graan- en oliesadepryse effens mag verbeter, maar in vergelyking met die vorige seisoen kan die komende seisoen se pryse steeds sorg vir goeie marges.

Hoewel daar steeds ’n aantal faktore is wat kommer wek, soos die onstabiele klimaatstoestande in die Noordelike Halfrond, die verloop van internasionale ruoliepryse en die voortsetting van graanuitvoere uit Oekraïne, lyk dit tog asof daar ’n goeie moontlikheid is dat die komende somerproduksieseisoen weer ’n geleentheid inhou vir ons graanprodusente om hulle finansiële posisie verder te versterk. Al wat dit gaan vra, is om die belangrike faktore wat ’n rol hierin kan speel deurentyd met erns te bestuur. Voorspoed daarmee!

Tags: Sept/Okt 2022
Previous Post

Silobestuurder pluk die vrugte van sy toewyding

Next Post

Voorsorg is beter as nasorg as dit by beurtkrag kom


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In