• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Noordwes stap met louere weg by Jeugskou

Driekie Louw, medewerker

12 Oct 2022
in Nuus
Noordwes stap met louere weg by Jeugskou

Die room van Suid-Afrika se jong landbouskoumanne het in 15 afdelings gekompeteer vir die titel as Opperste of Groot Kampioen-skouman in ‘n bepaalde afdeling en ouderdomsgroep.

Share on Facebook

Noordwes Landbou Jeugskou en die Lichtenburg skouterrein het hul vere reg geskud vir die 21ste Nasionale Landbou Jeugskou kampioenskappe wat van 2 tot 5 Oktober aangebied is. NWK was een van die borge van dié geleentheid.

Leerlinge en besoekers van agt provinsies het die jeugskou bygewoon. Die Wes-Kaap het nie deelgeneem nie.

Die Noordwes-span het bestaan uit 55 skoolkinders van Hoër- en Laerskool Sannieshof, Stella Gekombineerde Skool en Hoërskool Wesvalia, asook tien afrigters. Om te kwalifiseer, moes die skoumanne aan twee provinsiale skoue deelneem en die hoogste gemiddeld onder die beste drie eindig. Noordwes het ook as gasheer van die geleentheid opgetree, en het vanjaar met die louere weggestap.

Meer oor die kompetisie

Die kompetisie het bestaan uit die volgende vier komponente: ‘n Toets oor die produksiehandleiding, die was van die skoudier, voorbereiding van die skoudier en skouman waar meegeding is om die dier die beste te vertoon.

Die ouderdomsgroepe waarin deelgeneem is was:

  • Junior-junior: 7 tot 10 jaar.
  • Junior: 11 tot 14 jaar.
  • Senior: 15 tot 18 jaar.

Afdelings het ingesluit: Vleis- en suiwelbees, perde, wol- en vleisskaap, vesel-, vleis en melkbokke. Die statiese afdelings was pluimvee, konyne, sier- en wedvlugduiwe asook kulinêre kunste en suiwelbereiding.

SUIWELBEREIDING

Met die kampioenskap het die suiwelbereiding-skoumanne ‘n verskeidenheid kase en joghurt gemaak. Die ouderdom van die skouman het die moeilikheidsgraad van die kaas- of joghurtresep bepaal. Junior skoumanne het drinkjoghurt, gegeurde joghurt en roomkaas gemaak, terwyl die senior skoumanne Haloumi, Ricotta en mascarpone moes opdis.

KULINÊRE KUNSTE

Een van die groot gunsteling afdelings die jaar was die kulinêre kunste waar die skoumanne kolwyntjies moes versier.

  • Senior skoumanne moes ‘n driedimensionele ruiker voorsit met twaalf tot 15 kolwyntjies. Slegs botterversiersel mag gebruik word.
  • Die junior kulinêre kuns se deelnemers moes ‘n plat ruiker met nege kolwyntjies gemaak het en kon botterversiersel en fondant gebruik.
  • Die junior-juniors moes botterversiersel, fondant en lekkertjies gebruik om blommetjies te maak.
Van die senior deelnemers spog met hul driedimensionele ruikers wat met botterversiersel versier is.

Afslaers word jonk voorberei

‘n Splinternuwe afdeling wat vanaf 2022 deel geword het van die jeugskou was die afslaersafdeling. Slegs drie senior skoumanne van elke provinsie mag deelgeneem het aan dié afdeling wat deur Veeplaas en Toyota ondersteun is. Die jong afslaers het eerstehandse ondervinding opgedoen deur op 4 Oktober diere by ‘n Swarico-veiling op te veil.

PROTOKOL GEVOLG

Die biosekuriteit protokol vir die voorsorg en hantering van gehoefde skoudiere, met betrekking tot bek-en-klouseer, vanaf verskillende provinsies is baie streng nagekom. Staatsveeartse en -tegnici het die diere met aankoms gemonitor waarna die diere na die skoukrale geneem is. Voertuie en besoekers moes deur die verskillende biosekuriteitsones gaan.

Die organiseerders was dankbaar dat die verbod op die vervoer van beeste gelig is, maar het voortdurend die potensiële gevaar van die siekte gemonitor. Kundiges op die gebied is genader met die opstel van die protokol.

Hier is ‘n paar uitstaan-oomblikke van die jeugskou:

Die skoumanne staan regop en hou die skape in die regte posisie tydens die beoordeling.
Trotse deelnemers saam met die Dorpers.
Rustyd onder die skaduwee vir bokke en moeë voete.
Brahmane se beurt!
Angora-bokke is ook geskou.
Tags: Sept/Okt 2022
Previous Post

Beginnerboere beïndruk met opbrengste

Next Post

October 2022: Agricultural economic report


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In