• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

17 Mar 2023
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei

’n Swartaasvoël (Lappet-faced vulture).

Share on Facebook

’n Hartjie vir die maand van liefde

By VulPro, die aasvoëlbewarings­organisasie in die Hartbeespoort-omgewing, was die eerste deel van die jaar aan die jaar­likse gesondheidskontroles gewy. Dr Sarah Woodhouse het meer as 200 bloed­skyfies ondersoek. Op 14 Februarie het sy egter ’n interessante verskynsel opgemerk – ’n hartvormige sel. Die “limfosietliefde” behoort aan ’n Kaapse aasvoël.

Nie net meer vir uile

  • Met die verskeidenheid diere wat deesdae by die Owl Rescue Centre in die Hartbees­poort-omgewing versorg word, sal hulle dalk eersdaags hulle naam moet verander, spot die eienaars, Brendan en Danelle Murray. Een van hul Facebook-volgelinge het vinnig voorgestel dat dit verander word na Owl Rescue Centre and Wildlife Sanctuary. Hier is ’n paar van die nie-uil inwoners.

  • Die Sesmyl Voortrekker­groep het kom kers opsteek by Brendan wat glo dat dit van groot waarde is om die jeug vroegtydig te leer van die belangrike rol wat uile speel.

Nommer 93 op reis

VulPro onthaal gereeld Kaapse en Witrugaasvoëls by hul aasvoëlrestaurant. Daar is egter ook ’n aantal ander besoekers wat gereeld inloer – soos die swartaasvoël. Om meer uit te vind oor hoe dié ontwykende spesie deur Suid-Afrika beweeg, is ’n jong mannetjie met ’n GPS-opspo­ringstoestel toegerus. Op die kaart kan duidelik gesien word hoe hy deur groot dele van Suidelike Afrika reis – Zimbabwe, Botswana en Namibië ingesluit. In Februarie is hy in die Kalahari opgemerk. Wees op die uitkyk vir ’n aasvoël met ’n nommer 93-band om sy been in jou omgewing!

Skandeer die QR-kode om na dié video te kyk.

Heeltyd speeltyd

’n Oulike video is op die Care for Wild Rhino Sanctuary se Facebook-blad gedeel van die nege weke oue Tigger wat met sy beskermer, Freddy, probeer speel. Dié klein renoster is reeds vol selfvertroue en terwyl sy ma Timbi rustig wei het Tigger opwinding gaan soek. Freddy het Timbi opgepas sedert sy as
’n klein wesie na die reservaat gebring is.

Tags: MRT/APR 2023
Previous Post

Faktore wat jou versekering beïnvloed

Next Post

Diversifiseer met die duurste speserye


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In