• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Aug 6, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Dorstige diere kry watertenk

Onder redaksie van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

30 Jan 2024
in Dinamiese vennoot
Dorstige diere kry watertenk
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Lichtenburg Dierewelsyn se waterprobleme is iets van die verlede danksy talle rolspelers, waaronder NWK, wat saamgestaan het om ’n boorgat hier te sink en ’n tenk
op te rig.

Muriel Poole, ’n vrywilliger by dié organisasie, het vertel dat hulle sedert Januarie 2023 ’n ernstige watertekort ervaar het. “Ons moes smeek vir water, maar gelukkig het ondernemings soos OK Foods telkens tot ons redding gekom en water kom aflewer,” het sy gesê.

Die organisasie versorg 45 honde en 55 katte en het water nodig – nie net vir die diere om te gebruik nie, maar ook om hulle komberse te was en hokke skoon te hou. Lichtenburg Dierewelsyn gebruik sowat 1 000 liter water per dag vir dié doeleindes en die situasie het onuithoudbaar geraak.

’n Pleidooi is in die plaaslike koerant, Noordwester, gerig en diereliefhebbers het vinnig gehoor gegee. Pieter van der Hoff, ’n produsent van die Gerdau-omgewing, het water naby aan die dierewelsyn se perseel uitgewys en ’n boorgat is gesink.

NWK het ’n watertenk (5 250 liter) ter waarde van R4 650 geskenk, wat opgerig is om die water in te berg. Agrico het ’n pomp geskenk en geïnstalleer. Die welsyn kan nou selfs te midde van grootskaalse kragonderbrekings, wat Lichtenburg nog gereeld teister, water vir sy werksaamhede aanwend.

“Veral tydens intense hittegolwe, soos wat ons in November en Desember ervaar het, kan ons dalk nog sonder elektrisiteit klaarkom, maar nie sonder water nie,” het Muriel gesê. “Ons is baie dankbaar teenoor almal wat gehelp het om hierdie droom ’n werklikheid te maak.”

Muriel Poole by die stellasie waarop die watertenk geplaas is.
Tags: Jan/Feb 2024
Previous Post

Mieliekampioen fokus op grondgesondheid

Next Post

Studiegroepe sit koppe bymekaar


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In