• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Jóú greep op presisieboedery met NWK Online

Rachel Du Preez, Grondkundige, AgTech@NWK

24 Jun 2024
in Dinamiese vennoot
Jóú greep op presisieboedery met NWK Online

Figuur 1: Grondklassifikasie tot op ‘n diepte van 2,5 meter.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Met die druk op produsente om produksie te verhoog te midde van onsekerhede oor die makro-ekonomie en klimaat, benodig hulle ‘n verskeidenheid kundige vennote. AgTech@NWK verskaf landboukundige dienste aan produsente wat hul toerus met waardevolle besluitnemingsinligting. Dit lei tot ‘n verlaging van boerderyrisiko en ‘n verhoging van die materiële welvaart van die boerdery.

Presisieboerdery het ten doel om die kwaliteit van die natuurlike hulpbron te evalueer en hierdie eienskappe dan aan geografiese posisies te koppel, sodat dit met groter sorg bestuur kan word. Elke stuk grond kan dus optimaal en volgens potensiaal bestuur word.

NWK se eie slimkoptoep vir boerdery. NWK Online, is op 21 Junie 2023 amptelik bekendgestel. Die funksionaliteite waarmee dié toep toegerus is, is onlangs verfyn. Waar daar voorheen soms tot langer as ‘n week vir die uitslae van ‘n gedetailleerde grondopname en die verwerking daarvan gewag moes word, is dit nou bykans onmiddellik beskikbaar.

Die moderne produsent wat nie agteruit wil boer nie, kan eenvoudig nie daarsonder klaarkom nie. Die deursigtigheid wat Online bied stel graanboere in staat om proaktief op te tree, sowel as om deurdagte en doeltreffende besluite te neem.

NWK Presisiedienste

Grond is die graanprodusent se belangrikste bestuurbare natuurlike hulpbron, omdat die fisiese, chemiese en biologiese eienskappe van grondtipes verskil. AgTech@NWK se grondkundiges ondersteun die produsent om sy grond optimaal aan te wend, te bewerk, te bemes en te bestuur. Van die vernaamste velde wat gedek word, sluit in:

  • Identifisering van kompaksielae en die opheffing daarvan;
  • Kartering van die geografiese grondeienskappe (potensiaalbepalings);
  • Generering van stroperkaarte;
  • Probleemondersoeke;
  • Chemiese ruitmonsterneming (grids);
  • Chemiese regstellings (kalk-, fosfaat- en kaliumregstellings); asook
  • Variërende kaarte (plantestand en bemesting).

DETAILGRONDOPNAME (KARTERING)

Grond se vermoë om gewasse te onderhou, word deur ‘n groot aantal grondfisiese eienskappe bepaal. Hierdie eienskappe wissel gewoonlik redelik oor die plaas, derhalwe wissel die opbrengspotensiaal en die produksierisiko ook geografies. Waarnemings word op ‘n een- of twee hektaar-ruitpatroon met behulp van ‘n meganiese boor tot op ‘n diepte van 2,5 meter gemaak (Figuur 1).

Die gronddata word geïdentifiseer en elektronies op NWK Online in die veld aangeteken. Die data word gestoor en met ‘n eenvoudige kliek is dit alles onmiddellik en outomaties op NWK Online beskikbaar. Die grondlyne word met behulp van ‘n ArcView-sagtewarepakket op ‘n GPS-kaart van die plaas gedigiteer. ‘n Omvattende verslag, vergesel deur ‘n GIS-gegenereerde grondkaart asook gewaspotensiaalkaarte van die plaas, is die finale produk.

CHEMIESE RUITMONSTERNEMING (GRIDS)

Grond se chemiese eienskappe wissel redelik oor ‘n bewerkte land. Dit bring mee dat die gewas op sekere areas ondervoed is, terwyl bemestingstowwe op ander areas onnodig toegedien word. Die ideaal is dus dat die regte hoeveelheid bemestingstowwe op die regte plekke toegedien word, sodat die gewas oral op die land optimaal en volgens die grond se potensiaal, kan produseer.

‘n Een- of tweehektaar-ruitpatroon word met behulp van ‘n tablet met ‘n GPS oor die land geplaas. ‘n Grondmonster, wat telkens uit vyf vermengde submonsters bestaan, word by elke ruitpunt met ‘n grondboor geneem. Die monsterdiepte is ± 200 mm.

Waar plantrye sigbaar is, word een submonster op die ry geneem, twee submonsters ongeveer 150 mm weerskante van die ry en nóg twee ongeveer 300 mm vanaf die ry. Waar lande bewerk is, word vyf submonsters op ‘n soortgelyke patroon geneem. Die monsternemingsmetode is eie aan NWK en word deur wetenskaplike navorsing beproef en ondersteun (Figuur 2).

Figuur 2: Grondmonsternemingsmetode.

Die grondmonsters word na Chemtech-Laboratorium in Sasolburg gestuur waar elke monster individueel ontleed word. Die ontledings word ingetrek deur NWK se nuut gegenereerde GIS-rekenaarprogram en word in sekondes verwerk om chemiese kaarte van die land vir elkeen van die ontledingsparameters (pH en makro-elemente) te gegenereer en vir die produsent aanlyn beskikbaar te stel. Differensiële regstellings word dan vir die toepaslike bemestingstowwe uitgeskryf deur die produsent se NWK landboukundige, sodat die swak areas reggestel kan word en die areas wat optimaal is, net so gelaat word.

NWK Online

NWK Online spog met ‘n unieke platform – spesiaal vir die produsent geskep – waar alle landbouverwante data deur NWK behartig, met een kliek tot die produsent se beskikking is. Die produsent loop dus nou met alle historiese tot op hede presisiedata van sy/haar boerdery in die hand.

Sodra die gebruiker aanteken, sal hy/sy begroet word deur ‘n paneelbord met kits-inligting. Kits-inligting oor al jou landboukundige verwante data op jou vingerpunte, soos (Figuur 3 tot 5):

  • NDVI-beelde;
  • Fisiese grondkarteringskaarte;
  • Grond- en gewaspotensiaalkaarte;
  • Chemiese kaarte;
  • Stroperkaarte;
  • Regstellingskaarte (kalk-, fosfaat- en kaliumregstellings); asook
  • Alle landboukundige verslae.
Figuur 3: NDVI-beelde op 5 dae intervalle.
Figuur 4: Grondkarteringsdata op NWK Online.
Figuur 5: Chemiese presisiedata op NWK Online.

Moenie langer rondom jou presisieboerdery-data in die duister rondtas nie. Teken nou aan op NWK Online en wees altyd een tree vooruit.

Vir verdere navrae kan die outeur gekontak word by 072 324 2253 of rachel@nwk.co.za.

Tags: Mei/Jun 2024
Previous Post

Use stress to your advantage

Next Post

May/June 2024: Agricultural economic report


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In