• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Maak tyd om te rus

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

14 Nov 2024
in Dinamiese vennoot
Maak tyd om te rus
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

DF Malherbe se gedig “Slaap” se inleiding lui: “Wat is die slaap, ’n wondersoete ding!” Ek stem heelhartig hiermee saam. Ek funksioneer nou maar net nie teen optimale kapasiteit sonder ten minste sewe ure in droomland per nag nie. Agt tot selfs nege ure is vir my ideaal.

Ek was van kleins af baie gedissiplineerd hiermee en lief vir roetine. Vroeg in die bed en vroeg op.

Ons leef in ’n veeleisende tyd. Ons is uitgebrand (simptome sluit in oorweldigende uitputting, sinisme en ’n onttrekking aan jou werk) en dra hierdie etiket met trots. Ons dink mos (verkeerdelik) dat ons loopbane “is wie ons is” en nie net iets wat ons doen nie.

Ek werk deur ’n Bybelstudiedagboek, “’n Veilige vesting”, deur die geloofsouteur, Stephan Joubert. Die dagstukkie vir 11 Oktober se opskrif sê: “Slaap is deel van ons geloof.” Die teksvers is Psalm 3:6: “Ek het gaan lê en slaap en weer wakker geword, want die Here het oor my waggehou.”

Stephan sê gesonde slaaproetines behoort deel te vorm van ons geloofs­dissiplines. “Dit dien as ’n getuienis teenoor ons familie, teenoor onsself en teenoor God dat ons nie slawe van ons eindelose daaglikse verpligtinge geword het nie.

“Wanneer ons ons werk lank voor slaaptyd eenkant toe skuif en tot rus kom, bevestig ons hierdeur iets van ons vertroue in die Here. Hy het ons gemaak om gereeld te rus. Ons is nie menslike robotte nie.

“Psalm 127 sê in elk geval dat God vir Sy geliefdes gee wat hulle nodig het in hulle slaap. Die Here sluimer nie of slaap nie. Hy sorg vir ons, ook wanneer ons in droomland is. Glo dit en slaap meer en beter.”

Dis crunch time vir julle graanprodusente. Die pitte moet in die grond. Onthou egter om tyd in te ruim om te rus. Om te slááp. Knyp hierdie Desember elke dag ’n tydjie af om terug te kyk na die jaar 2024. Juig oor die hoogtepunte, rou oor die laagtepunte en pen jou ideale en verwagtings vir 2025 neer.

Aan die vroue: Aanvaar jou genooide gaste se aanbod om ’n slaai of poeding vir die Kerstafel te bring. Die geskenk­papier hoef nie alles bymekaar te pas nie en die kinders kan maar een of twee varkie-aande hou wanneer die nefies en niggies oorslaap.

Hou op stres oor detail wat die meeste mense nie eens raaksien of waardeer nie, of in elk geval teen Februarie van sal vergeet.

Geniet ’n geseënde en veilige Christusfees!

Tags: Nov/Des 2024
Previous Post

Dankbaarheid is ’n doelbewuste keuse

Next Post

Agter elke man staan ’n knap boervrou…


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In