• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Aug 6, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

18 Nov 2024
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Wees gereed vir die nuwe seisoen

Die vorige seisoen, wat relatief droog was en oor die algemeen met redelike droë grondprofiele geëindig het, skep ’n uitdaging vir die nuwe seisoen. Eric Louw, bestuurder: Presisieboerdery by AgTech@NWK is dankbaar dat die voorspellings vir die nuwe seisoen meer gunstig is. Dit maak die produksievooruitsigte baie positief. Produsente moet dus die beste maak van hierdie geleentheid.

Eric deel ook die volgende nuttige advies: “Alle reënval, insluitende hoë-intensiteit donderbuie, moet doeltreffend in die grond gestoor word. Hou die bogrond ontvanklik vir reënwater sodat dit vinnig kan infiltreer. Dit kan gedoen word deur korse in die oppervlakte gereeld op te breek, oesreste op die grondopper­vlakte te hou en verdigte lae op te hef sodat die water vinnig na die ondergrond kan dreineer.”

Wenke vir veeprodusente

Pieter le Roux, hoof-diere-en-weidingwetenskaplike, sê dit is belangrik om aan jong diere wat vir die eerste keer voorkomend geënt word, binne ses weke ’n skraagdosis toe te dien om hul weerstand te versterk.

Dit is ook nou die tyd wat ontwurming strategies gedoen moet word. “Doseer teen die regte parasiet op die regte tyd en doseer slegs diere wat besmet is. Hou rekord daarvan en selekteer teen diere wat chronies besmet raak,” noem hy.

Hier is nog goeie raad:

3 VINNIGE WENKE VIR BEESPRODUSENTE

  • Hou vol met winterlek totdat daar voldoende groen weiding beskikbaar is. Die beste maatstaf is om die mis dop te hou. Sodra die diere se mis oor die algemeen begin los raak kan daar voluit oorgeskakel word na somerlek (P6 of P12 om die helfte gemeng met sout).
  • In die meeste beeskuddes met ’n kalfseisoen word die bulle November/Desember by die koeie geplaas. Maak seker die bulle is getoets vir vrugbaarheid, Trichomoniase en Vibriose voor die dekseisoen begin.
  • Help koeie en veral verse deur goeie voedingsbestuur om teen dektyd op ’n kondisiepunt van 3,5 uit 5 te wees.

KRY OOIE SE KONDISIE GEREED

  • Ooie wat nou gepaar word, moet in kondisie toeneem om goed ram te vat. Dit staan bekend as ’n positiewe energiebalans. Begin met prikkelvoeding vanaf 14 tot 21 dae voordat die ramme bykom tot 21 dae ná die ramme bygesit is.
  • Koggel die ooie net vir nege dae en sit dan die ramme by. Koggelramme werk baie goed hierdie tyd van die jaar om die ooie op hitte te kry, maar 14 dae is te lank, want dan sal die vrugbaarste ooie reeds weer van hitte af wees.
  • Ooie wat binne die volgende ses weke gaan lam, moet teen Pasteurella, bloednier, blou-uier, rooiderm en bloedderm (indien dit in die omgewing voorkom) geënt word. Maak seker dat hierdie ooie nie kondisie verloor nie, veral die meerling- en tweetandooie.

Plant op ’n skoon saadbed

’n Onkruidvrye saadbed is ononderhandelbaar. Kenmerkend van onkruid is dat dit sterk kompeteerders is, wat veral gewassaailinge se aanvanklike ontwikkeling ernstig onderdruk. Die onkruid raap plantvoedingstowwe en water voor die gewasse op en laat honger saailinge agter.

Volgens Eric Louw, skei ’n wye verskeidenheid onkruide ook remstowwe af, wat die gewasse se ontwikkeling beperk. Onkruid moet dus doeltreffend beheer word sodat al die water en plantvoedingstowwe uitsluitlik vir die gewasse beskikbaar sal wees.

Moenie op bemesting bespaar nie

Kunsmispryse styg elke jaar en die vorige seisoen se laer oeste het waarskynlik gesorg vir oorlaat kunsmis in die grond. Dit kan sekerlik ’n motivering wees om nou met kunsmis te snoep. Met die gunstige seisoenvoorspellings is dit egter waarskynlik die verkeerde plek om te spaar, maan Eric Louw.

Hier is nog goeie raad:

  • Hou by die geskikte bemestingspraktyke vir die grond en seisoen se potensiaal. Inteendeel, hou die seisoen dop en gee dalk eerder ’n bietjie ekstra kunsmis.
  • Voldoende grondvog, doeltreffende bewerking, voldoende bemesting en doeltreffende onkruidbeheer is steeds die belangrikste aspekte wat tot ’n optimale oesopbrengs lei.

Nuus uit AgTech se ruimte

AgTech@NWK maak seker dat die publiek deeglik kennis neem van die dienste wat hulle aanbied. Hulle was deel van Hoërskool Lichtenburg se Loopbaandag, die Koster verskaffersdag en het ook by NAMPO ALFA uitgestal.

NWK Retail Koster het op 2 Oktober ’n verskaffersdag aan­gebied en natuurlik was die Agtech@NWK-span ook daar.
Nicky Ye van DJI (middel), was ook by NAMPO ALFA. Hier is hy saam met Gideon en Okkie. AgTech@NWK is besig om proewe en ontle­dings saam met DJI te doen om die bedryf te verbeter en DJI se produkte meer relevant tot die Suid-Afrikaanse landbousektor te maak.
AgTech@NWK het tydens Nampo Alfa saam met Nic Trailers uitgestal.
Daar was groot belangstelling onder die leerders by die loopbaandag oor hoe die hommeltuig vir landbou ingespan word. Hier demonstreer Okkie Vermeulen (DJI-instrukteur by NWK) sy vaardighede.
Hier word die hommeltuigwa ingespan vir ’n bietjie koelte teen die hitte. Van links is Gideon van Deventer (DJI-instrukteur), Nic Keyser en sy seun, Ruan, by Okkie Vermeulen.
Tags: Nov/Des 2024
Previous Post

Verbeter grondgesondheid en plantproduksie met stikstof

Next Post

Lewenslesse van ’n rooi diamant


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In