• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Fisiese eienskappe van kunsmis: Watter vrae moet jy vra?

Fouché Langenhoven, Streekbestuurder: Omnia

13 Jan 2025
in Tegniek
Fisiese eienskappe van kunsmis: Watter vrae moet jy vra?

Goeie gehalte kunsmis is vloeibaar en nie geneig om toerusting te verstop nie.

Share on Facebook

Met die heersende uitdagende landboutoestande, is die versoeking om die goedkoopste insette te bekom groter as ooit tevore. Die risiko verbonde aan die koop van sub-standaard insette moet egter sorvuldig oorweeg word, aangesien dit boerderyrisiko verhoog en tot ‘n laer inkomste en baie frustrasie kan lei. Die aankoop van kunsmis is geen uitsondering nie.

Die doel van hierdie artikel is om die kunsmis-aankoper bewus te maak van moontlike risiko’s en om breë riglyne te verskaf ten opsigte van eienskappe waarna opgelet moet word tydens die aankoop van kunsmis.

Fisiese eienskappe van kunsmis

Afgesien van die chemiese samestelling van kunsmis is die fisiese eienskappe van die uiterste belang tydens die hantering van kunsmis. Om kunsmis akkuraat toe te dien, is ‘n konstante vloei en/of gekontroleerde strooiwydte met min variasie baie belangrik. Om dit te verseker, moet daar aan sekere eienskappe in die produksieproses aandag gegee word.

Hier volg ‘n aantal van die belangrikste vrae wat gevra moet word:

IS DIE KORRELS EWE SWAAR?

Dit is welbekend dat swaarder korrels wyer as ligter korrels sal strooi. Die gewig of digtheid van ‘n spesifieke kunsmistipe beïnvloed dus die toedieningspeil en die strooiwydte van ‘n implement wat kunsmis breedwerpig toedien. Hoe meer eenvormig die digtheid, hoe beter sal die produk strooi.

Indien die korrels met ‘n planter of ander top dress-toepassing toegedien word, sal swaarder korrels ook vinniger afsak, ligter korrels sal bo in die bakke gaan lê en oneweredige toediening sal geskied. Sekere dele in die land sal dan tekorte van sekere elemente ondervind.

HOE GROOT IS DIE KORRELS?

Die gemiddelde deursnit van ‘n kunsmiskorrel behoort tussen 2 mm en 4 mm te wees. Hoe nouer die band van die korrelgrootteverspreiding, hoe makliker is dit om die optimale kalibrasie en verspreiding van die kunsmis te verseker.

Die digtheid en korrelgrootte van kunsmiskorrels bepaal verder tot watter mate uitsakking (segregasie) sal plaasvind. Dit gebeur wanneer ‘n massavermengde produk weens vibrasie weer skei. Korrels van dieselfde grootte en digtheid is minder geneig om uit te sak.

‘n Beter opsie is die gebruik van ‘n chemies‑verkorrelde produk, waar elke korrel al die geregistreerde voedingselemente bevat en die digtheid konstant is.

‘n Chemies verkorrelde kunsmis-korrel (links), teenoor ‘n massavermengde produk (regs)
onder die mikroskoop.


Die korrelvorm
Die korrelvorm is baie belangrik aangesien dit bepaal hoe die korrel gedurende die toedieningsproses sal reageer. Die ideale korrel is rond met ‘n gladde oppervlakte vir egalige en akkurate toediening, hetsy dit gestrooi of geplaas word.

Hardheid van korrels
Harder korrels word minder gedurende vervoer, hantering en toediening van kunsmis beskadig. Gebreekte korrels veroorsaak stof en ‘n variasie in die korrelgrootte, wat die verspreiding daarvan beïnvloed. Stukkende korrels en stof veroorsaak ook dat korrels as gevolg van “brugvorming” (drukset) saamklont. Dit het ‘n groot invloed op lugdruktoerusting (‘air seeders‘) wat hierdeur verstop kan word.

Korrelhardheid word gemeet aan die druk (gewig) wat nodig is om die korrel te breek. Dit behoort ten minste 3 kg (30 Newton) te wees.

HOEVEEL STOF IS IN DIE SAK?

Die hoeveelheid stof in kunsmis het nie net ‘n nadelige invloed op die toedienbaarheid van die produk nie, maar ook op die omgewing en die werksplek. Kunsmisstof lei tot ‘n oortoediening reg agter die implement wat gewoonlik tot soutskok, asook die verstopping van toerusting lei – selfs by baie lae lugvogtoestande.

Die stofinhoud word bepaal deur die stof van die korrels te skei en dit as ‘n persentasie van die totale gewig uit te druk.

IS DIT GENEIG OM TE KOEK?

Die geneigdheid van kunsmiskorrels om aan mekaar vas te sit en groot, harde klonte te vorm word die koekgeneigtheid van kunsmis genoem. Daar kan verskeie oorsake wees, byvoorbeeld onversoenbare chemiese eienskappe van grondstowwe, of chemiese prosesse wat nie afgehandel is nie (kunsmis kon nie cure nie), die teenwoordigheid van stof of produk wat die hardheid benadeel en natuurlik vog waarmee die korrels in aanraking mag kom.

Klonte in kunsmis beïnvloed die vloeibaarheid en verspreiding van kunsmis nadelig. Hoëgehalte-kunsmis word vervaardig deur elke korrel se oppervlakte te behandel om stof en koekgeneigtheid teen te werk.

Doen jouself ‘n guns en dring aan op meer as net ‘n chemiese ontleding van die produk wat aan jou gelewer word. Die ideale fisiese eienskappe kan jou baie frustrasie, tyd en geld spaar.

Tags: Nov/Des 2024
Previous Post

Droë jaar kniehalter NWK se finansiële prestasie

Next Post

Goeie prestasies ondanks moeilike produksieseisoen


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In