• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Goeie prestasies ondanks moeilike produksieseisoen

29 Jan 2025
in Nuus
Goeie prestasies ondanks moeilike produksieseisoen

Die Delareyville-studiegroep se wenners: Christo van Niekerk, Michael van Rooyen (bestuurder, Adviesdienste by NWK), Ulricke Erasmus, Attie Smook, Nico Bouwer en Dirk Laas.

Share on Facebook

Die 14 lede van die Delareyville-studiegroep het tydens hul jaarafsluiting op 9 November by Equestay, net buite Ottosdal, teruggekyk op ‘n baie moeilike landboujaar. Die geleentheid is moontlik gemaak deur NWK Graan, NWK Meganisasie en Jaco Schlebush Rekenmeesters.

Tydens die nabetragting is die vraag gevra: Is daar iets wat uit die moeilike 2023/-2024-produksieseisoen geleer kan word? Die antwoord was “vir seker, ja”.

Almal in die groep se graanopbrengste was heelwat laer as die afgelope tien jaar, wat outomaties verlaagde inkomste beteken het. Een van die grootste redes (heel moontlik die enkele grootste rede) waarom hierdie groep produsente die moeilike 2023/2024-produksiejaar kon hanteer, was omdat bykans almal van hulle in die voorafgaande drie tot vier goeie seisoene graan kon wegsit – met ander woorde, hulle het voorraad gebou.

Willekeurig of onwillekeurig het hulle geweet dat daar voorsiening vir moeilike jare gemaak moes word en dit het vrugte afgewerp. Hulle het self erken dat die genade in die voorafgaande produksieseisoene groot was. Tydens die aanbieding is hulle gelukgewens met hulle besluitnemingsvermoë en dat hulle toekomsgerig dink.

“Hulle kan hulself gerus op die skouer klop. Die algemene gevoel onder die groep boere was dat graanvoorraad ‘n integrale deel van hulle boerderye moet uitmaak,” het Michael van Rooyen, bestuurder van Adviesdienste by NWK Finansiering en leier van die studiegroep,” gesê.

“Dit is ongelukkig ook waar dat baie van die reserwes wat oor ‘n paar seisoene opgebou is, grootliks binne een baie slegte seisoen uitgeput is, en dat die nuwe produksieseisoen vir seker vol uitdagings gaan wees.”

En die wenners is…

Attie Smook is as die algehele wenner aangekondig. Attie is ook as die beste graanprodusent van die jaar aangewys. Hy plant droëland mielies, sojabone en sonneblom en het ook ‘n vleisbeesvertakking. Om as algehele wenner gekroon te word, beteken dat nie net die totale hektare geproduseer en veevertakkings vir hierdie toekenning oorweeg word nie, maar ook die hele boerdery se totale inkomste, uitgawes en balansstaatinligting.

Al die graangewasse wat elke deelnemende produsent gedurende die produksiejaar aangeplant het, word per boerdery-eenheid in berekening gebring. Dit beteken die graanvoorraad op hande, totale inkomste en direkte uitgawes, word alles in berekening gebring.

Attie Smook en sy vrou, Estie saam met Jaco Schlebusch (rekenmeester en borg). Attie is aangewys as beste
graanprodusent en algehele wenner.

Nico Bouwer is as die beste veeprodusent aangewys, deurdat die vleisbeesvertakking (stoet en kommersieel) se totale inkomste minus direkte uitgawes asook groei in batewaarde, tot die beste randwaarde per produserende dier gelei het. Hy is ook ‘n baie suksesvolle graanprodusent.

Esharl Erasmus (NWK Meganisasie, links) en Jaco Schlebusch (rekenmeester, regs) wens die beste veeboer, Nico Bouwer en sy vrou, Trudie, geluk met die prestasie.

Christo van Niekerk van VNB Boerdery,  wat droëland- en besproeiingsgewasse aanplant en ‘n beduidende vleisbeesvertakking bedryf, se rekordhouding en administrasie tydens die data-opname was die beste. Ulricke Erasmus, die boerdery se boekhouer, speel ‘n integrale rol in hierdie noukeurige rekordhouding en is daarom saam as die  administratiewe wenners gekroon.

Die administratiewe wenners, Christo van Niekerk en sy boekhouer, Ulricke Erasmus, otvang hul trofee van
Esharl Erasmus (NWK Meganisiasie).

Dirk Laas van Laas en Seun Landgoed BK het die prys vir die beste vordering ontvang, deurdat hy finansieel die beste groei getoon het van die vorige na die huidige jaar. Sy boerdery behels droëland mielies en sonneblom, en daarmee saam is ook vleisbees- en skaapvoerkraalvertakkings.

Esharl Erasmus (NWK Meganisasie), Elmari en Dirk Laas (wat die trofee vir die beste vordering ontvang het) en
Jaco Schlebusch (rekenmeester).

“Die studiegroep bied aan lede ‘n platform om bymekaar te leer. Almal is bereid om hulle suksesse en foute te deel. Die enigste subjektiewe beoordeling, is dié van die administratiewe wenner. Al die ander kategoriewenners word bepaal deur die deelnemers se finansiële data in ‘n model in te lees en só die onderskeie wenners te bepaal,” het Michael verduidelik.

Tags: Nov/Des 2024
Previous Post

Fisiese eienskappe van kunsmis: Watter vrae moet jy vra?

Next Post

November/December 2024: Agricultural economic report


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In