NWK was weer ‘n hoofborg van Hoërskool Lichtenburg se Vetveeskou, wat op 18 November 2024 plaasgevind het. Albertus du Toit, ‘n beoordelaar van die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfsmaatskappy (Samic), het by navraag gesê dat die kompetisie ‘n noemenswaardige verbetering teenoor die vorige jaar getoon het.
Hoërskool Lichtenburg se algehele punt het van 60,59% na 74,08% verbeter. Albertus du Toit het die organiseerders, asook Syferfontein Abattoir, waar die diere geslag is en die aan hak-beoordeling plaasgevind het, bedank. “Daar het heelwat mense deelgeneem, wat dit lekker en interessant gemaak het.”
SH Niemand & Seun het met die louere weggestap tydens die aan hak-beoordeling en eerste plekke behaal in die enkel-, groep- en super-os-afdelings. Die wenkarkasse is persentasies van onderskeidelik 94,10%, 91,82% en 96,22% toegeken.

“Verlede jaar was daar slegs 16 beeste wat meer as 80% behaal het tydens die enkel aan hak-beoordeling. Vanjaar was daar 28 beeste. Dit is ‘n baie groot verbetering. Die gehalte van die diere wat ingeskryf is, het oor die algemeen baie verbeter,” het Albertus bygevoeg.
Wenners
Die uitslae in die onderskeie gewigklasse is soos volg:
Klas A: 340 kg tot 400 kg
- JBH – Rocco Botha
- JBH – Rocco Botha
- C – Range Beef (Pieter en Mick Carroll)
- C – Range Beef (Pieter en Mick Carroll)

Klas B: 401 kg tot 440 kg
- SH Niemand & Seun Boerdery
- SH Niemand & Seun Boerdery
- Ludeon Boerdery
- Tinus Botha
Klas C: 441 kg tot 470 kg
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
- C – Range Beef (Pieter en Mick Carroll)
- Bulskop Boerdery
- SH Niemand & Seun Boerdery
Klas D: 471 kg tot 490 kg
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
- Heinrich Schulenburg
- LTX Wes Studiegroep
- JBH – Rocco Botha
Klas E: 491 kg en meer (super-os)
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
- Ludeon Boerdery.
Enkelkampioen op hoef
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
- Heinrich Schulenburg
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
- SH Niemand & Seun Boerdery
Groepkampioen op hoef
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
- SH Niemand & Seun Boerdery
- SH Niemand & Seun Boerdery
- Thinus Botha
Super-os groep op hoef
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
- SH Niemand & Seun Boerdery
Biltongkoei op hoef
- Christoph Schulenburg
- Christoph Schulenburg
- Gawie Coetzee
- Christoph Schulenburg

Super-os kampioen aan hak
- SH Niemand & Seun Boerdery
- JBH – Rocco Botha
- Bulskop Boerdery
- PC Ondernemings (Pty.) Ltd.
Enkelkampioen aan hak
- SH Niemand & Seun Boerdery
- SH Niemand & Seun Boerdery
- Bulskop Boerdery
- LTX Wes Studiegroep

Groepkampioen aan hak
- SH Niemand & Seun Boerdery
- Bulskop Boerdery
- Bulskop Boerdery
- C – Range Beef (Pieter en Mick Carroll)