• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Fri, May 9, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

Anche Suurd, Landbou-ekonoom

9 May 2025
in Tegniek
Bestuur jou kudde volgens die klimaat

Foto: Johan Kunz

Share on Facebook

Klimaatsveranderinge beïnvloed produsente se veld en droëland aangeplante weidings direk. Die aankoop van onder andere voere het ’n enorme uitwerking op ’n produsent se bankrekening, en die wispelturigheid van die weerstoestande maak dit uiters moeilik om betyds en voldoende voor te berei vir droogtes en selfs moontlike onverwagse oorstromings.

Vleisbeeste benodig regdeur die jaar voldoende weiding, hetsy dit veld of aangeplante weiding is. Dis veral veeprodusente wat nie oesreste het nie of hul beeste nie op saailande kan of wil laat wei nie, wat hierdeur geraak word.

Hierdie artikel volg op Klimaat se invloed op die plantdatum, wat in die vorige uitgawe van NWK Arena verskyn het. Dit handel oor die uitwerking van die reënval, humiditeit, tempe­ratuur en wind op weidings en vleisbeeste.

Foto: Dijan de Waal

Reënval

1 September is amptelik Lentedag, en dan sien almal reeds die prentjie van blomme en bloeisels wat bot. Die vraag is of dit nog steeds ’n realis­tiese prentjie is.

Reënvalinligting van die Lichtenburg-omgewing oor die afgelope tien jaar toon dat dit in Septem­ber 2015 laas in dié lentemaand gereën het (Grafiek 1). Dit reën wel in Oktober, maar September se reënval kan baie wisselvallig wees. Dit is veral uiters belangrik ná ’n droë winter, wanneer reën vir weidings broodnodig is.

Grafiek 1: September-reënval in die Lichtenburg-omgewing.

Die gemiddelde reënval vir Oktober oor hierdie tienjaartyd­perk was slegs 36 mm, met enkele seisoene waartydens dit baie min gereën het. As in ag geneem word dat weidings ten minste ses weke se groei nodig het voor dit benut kan word, beteken dit dat die veeprodusent as reël alternatiewe maatreëls in plek moet hê indien behoorlike reën eers later sou val.

Dit wil voorkom asof Aprilmaand moontlik ’n opwaartse reënval­tendens oor hierdie tydperk toon (Grafiek 2). Daar was egter groot verskille tussen die jare se April-reënvalsyfers – met 2021 en 2023 wanneer bykans geen reën in April ontvang is nie en met groter variasie tussen die laaste aantal jare.

Grafiek 2: April-reënval in die Lichtenburg-omgewing.

Goeie reën in April kan ’n voordelige oordraguit­werking hê vir die lentegroei – veral vir vinnig-groei­ende spesies soos bloubuffelgras. Indien die reën in die najaar egter wegbly en té lae temperature ondervind word, beweeg grasse in ’n dormante stadium in. Dit beteken dat die groeitydperk in die herfs verkort en die beskikbare ruvoer in die winter maar min gaan wees.

Humiditeit en temperatuur

Die maksimum temperatuur in September toon moont­lik ook ’n opwaartse tendens oor hierdie tyd­perk (Grafiek 3). Hierteenoor het die minimum tempera­tuur oor dieselfde tydperk verminder. Dit het waarskynlik ’n uitwerking op die groei van weidings.

Grafiek 3: September se dagtemperature in die Lichtenburg-omgewing.

Indien dit in April min reën en September en Oktober ook ondergemiddelde reënval ervaar, gaan dit groei negatief beïnvloed. Grasse kan hittestres beleef as die temperature hoog is en die grondvog min is. As goeie reën egter in April val, wat die grondvog betekenisvol aanvul, sal die grasse langer kan uithou tydens ’n droë September en Oktober.

Hoë humiditeit se uitwerking op diere is soortgelyk aan hoë aanvoelbare temperature. Diere kan maklik hittestres ervaar by normale omgewingstemperature indien die humiditeit ook hoog is. Studies hieroor toon dat vir elke 1°C styging bo 30°C, die meeste beesrasse se voerinname met tot soveel as 5% daal.

HITTESTRES

Tipiese simptome van hittestres by diere is:

  • Vinnige asemhaling.
  • Diere wat lusteloos voorkom.
  • Verhoogde waterinname en verlaagde kosinname.
  • Oormatige speekselafskeiding.
  • Diere wat saambondel om koelte by ander diere te kry.

Diere moet dan verkieslik in kampe met voldoende koelte en nabygeleë water gehou word.

Vrugbaarheid word beskou as een van die hoofkomponente wat kuddedoeltreffendheid in vleisbees­pro­duksiestelsels beïnvloed. Koeie wat hittestres ervaar se dragtigheidstydperk kan met ongeveer vier dae verkort. Hulle is ook meer geneig om aborsies te hê, produseer kalwers met laer geboortegewigte en groei­tempo’s, en hierdie diere produseer biesmelk met ’n swakker gehalte.

Beeste is kwesbaar vir uiterste omgewingstoestande, maar ook vir ’n té vinnige verandering in hierdie toestande. Wanneer diere nie reg bestuur word nie, veral in voerkrale, kan dit lei tot verswakte prestasie en selfs die dood. Gevolglik kan ongunstige temperature en tempe­ratuurskommelings ’n groot finansiële impak hê.

Windspoed

Swak bestuur tydens droogtetye kan tot ernstige bogrondverliese lei. Gekompakteerde grond en minder plantbedekking lei tot verhoogde waterafloop tydens ’n intense reënbui. Hierdie afloop voer bogronddeeltjies weg, wat tot erosie lei. Met swakker produksiepraktyke kan wind ook ’n betekenisvolle rol speel om gronderosie te verhoog.

Dié tendens word dikwels as stofstorms gesien in die voorseisoen of as gewasse nog klein is, wanneer die wind opsteek voor ’n reënbui. Die aangetekende windspoed het in bykans al die maande van hierdie studie ’n effens opwaartse tendens gevolg. Slegs Februarie se data toon ’n redelik konstante windspoed oor die afgelope tien jaar.

Samevatting

  • Meer aandag behoort aan die uitwerking van verande­rende weersomstandighede op weidings en vleisbeeste gegee te word.
  • Elke produsent moet sy kuddebestuursprogram só aanpas dat hy ondanks die omstandighede steeds optimaal kan produseer.
  • Dit is gevolglik van kardinale belang om ingelig te wees oor moontlike veranderende klimaatspatrone om sodoen­de betyds aanpassings in die produksieprosesse te maak.

Bronnelys

  • Chriswick H, 2025. Met Office. https://www.metoffice.gov.uk/weather/learn-about/weather/types-of-weather/humidity/effects#:~:text=During%20very%20heavy%20rainfall%2C%20where,we’re%20likely%20to%20see
    [16 Januarie 2025]
  • Grobler SM, Scholtz MM, Pyoos-Daniels GM, Seshoka MM & Theunissen A, 2020. The negative effect of heat stress on fertility of extensive beef cattle in South Africa. https://www.arc.agric.za/arc-iscw/CSA-Toolbox/CSA%20Beef%20Production/Presentations/Grobler%20Negative%20effect%20heat%20stress%20on%20fertility%20extensive%20beef%20cattle%20RSA.pdf [28 Februarie 2025]
  • Theunissen A, 2021. Improving heat stress management in beef cattle. https://www.farmersweekly.co.za/animals/cattle/improving-heat-stress-management-in-beef-cattle/ [27 Februarie 2025]
  • World Weather Online. https://www.worldweatheronline.com/lichtenburg-weather-history/north-west/za.aspx [10 Januarie 2025]
Tags: Mei/Jun 2025
Previous Post

Klein boertjie wen ’n handige prys

Recommended

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

9 May 2025
Klein boertjie wen ’n handige prys

Klein boertjie wen ’n handige prys

6 May 2025
March/April 2025: Agricultural economic report

March/April 2025: Agricultural economic report

6 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

Bestuur jou kudde volgens die klimaat

9 May 2025
Klein boertjie wen ’n handige prys

Klein boertjie wen ’n handige prys

6 May 2025
March/April 2025: Agricultural economic report

March/April 2025: Agricultural economic report

6 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In