• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sun, May 18, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Omgee oor grense heen

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur

13 May 2025
in Dinamiese vennoot
Klante se veiligheid weeg die swaarste
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

My huishulp is nou ses jaar en vyf maande in my diens. Sy het onlangs 42 jaar oud geword. Sy praat nie baie nie. Geen Engels nie en min Afrikaans. As ek haar iets vra en haar Afrikaans droog op, slaan sy oor na Tswana. Ek het dié Afrikataal as vak op skool gehad. Ek verstaan min, maar ons verstaan mekaar op ons manier. Sy is baie betroubaar en min afwesig.

Toe sy by my begin werk het, het ek haar gevra of sy ’n Bybel het en sy het “nee” geantwoord. Ek het een in Tswana gekoop. Een van haar kinders is in 2021 oorlede en sy maak nog twee ander groot. Haar man was ook al saam met haar by ons huis om hout op te laai. Verder weet ek nie veel van haar lewe af nie.

Een onlangse Sondagoggend kry ek ’n please call me van haar af. ’n Tweede en ’n derde een volg kort op mekaar. Ek besef iets is fout en ek bel. ’n Vroulike familielid wat ook met die heengaan van haar kind as tolk tussen ons gedien het, sê hulle is buite my huis en vra ek moet asseblief uitkom.

Die familielid wys foto’s van ’n omgekeerde huis. Ek sien stukkende vensters, asook ’n TV wat flenters is. My aanvanklike indrukke was dat daar by my huishulp ingebreek is.

Nee, beduie die familielid. Dis haar eie man wat dié verwoesting gesaai het. Sy vertel dat hy ook sy vrou, my huishulp, aanrand. Meteens haal my huishulp ’n plaatjie uit haar mond en beduie na die gate waar eens tande was, en sy sê dis die handewerk van haar man. “Mpho* het genoeg gehad. Die polisie het hom gister kom haal. Hy moet môre in die hof verskyn. Sy wil nou haar eie makoekoe bou in Extension 4 in Blydeville,” sê die familielid.

Ek vra hoeveel Mpho kort om ’n makoekoe te bou en hulle antwoord: “R2 000.” “Eish,” dink ek oombliklik. Ons vertrek binnekort op ’n lang beplande wegbreek na Sutherland en gaan uiteindelik sonkrag installeer. R2 000 is “nou bietjie stewig”.

Die Heilige Gees tik my op my skouer en ek weet … Hoe verskil my en Mpho se ideale en drome nie? Ek dink aan die uitgawes wat met ’n vakansie gepaardgaan. Sy soek net ’n uitkoms vir haar en haar kinders.

As R2 000 “al” is wat tussen Mpho en moontlik ’n heel nuwe lewe staan, weet ek wat ek moet doen. Ek plaas die geld elektronies oor na haar bankrekening. Pay and clear dat dit onmiddellik beskikbaar is.

In Suid-Afrika word tot drie vroue per dag deur hul lewensmaats vermoor. Daar is verskeie redes hoekom mishandelde vroue by die oortreders bly, waarvan finansiële afhanklikheid die grootste bydraende faktor is.

Ja, ek was “een van daai” wat altyd my oë gerol het as ek hoor vroue bly in verhoudings waar hulle mishandel word. Ek weet nou van beter. Ons almal bly in glashuise. Ek is net dankbaar myne se vensters is heel.

* Skuilnaam.

Tags: Mei/Jun 2025
Previous Post

Voormalige groephoof van NWK tree uit nadat hy “al sy boksies tiek”

Next Post

Kyk opnuut na die Skepping

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In