• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sun, Aug 3, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Vida e caffè reeds ‘n gewilde bestemming in sy openingsweek

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur

25 Jul 2025
in Nuus
Vida e caffè reeds ‘n gewilde bestemming in sy openingsweek

Van NWK se bestuurslede het Vida e caffè Lichtenburg se opening gevier. Van links is Anna-Marie van Rooyen (groepmaatskappysekretaris), Dries van Tonder (hoof- inligtingsbeampte van IT), Bertus Jacobs (senior bestuurder van NWK Handel), Alf White (groephoof- finansiële beampte) Pieter Kleingeld (groephoof- uitvoerende beampte) en Dennis Coetzee (uitvoerende groepbestuurder van Mensekapitaal).

Share on Facebook

Vida e caffè Lichtenburg het die afgelope Dinsdag sy deure geopen en teen vanoggend 06:00 reeds ‘n indrukwekkende 500 drankies, wat cappuccino’s, latté’s en smoothies insluit, verkoop.

NWK Total Energies Lichtenburg (op die Koster-pad) is nou veral soggens ‘n gewilde bestemming wanneer klante kom stop vir ‘n lekker koppie spesialis-koffie om hulle woema te gee vir die dag wat voorlê. Dit is 24 uur, sewe dae per week, oop.

Daar is ook toebroodjies, muffins, piesangbrood, koek en ander happies waaruit klante kan kies. Die perseel is toegerus met sy eie kombuis waar dit vars gemaak word.

Anna-Marie en Dries loer na die lekker eetgoed beskikbaar by Vida e caffè Lichtenburg.

Môre (26 Julie 2025) word die Vida e caffè ook by NWK Retail Randfontein geopen.

Bertus Jacobs, senior bestuurder van NWK Handel, het verduidelik dat NWK deurlopend daarna streef om ‘n beter klante-ervaring te skep. “Vida e caffè se toevoeging tot ons bedryfspunte in Lichtenburg en Randfontein, maak van ons persele ‘n bestemming waar klante wíl stop.

“Ons skep vir klante ‘n beter koop-ervaring terwyl ons waarde toevoeg tot die verskillende dorpe. Met die toevoeging van Vida e caffè, slaag ons in ons doel om die gemeenskappe waarbinne ons sake doen, op te hef.”

Personeel is ‘n maand lank aan ‘n intensiewe opleidingsprogram onderwerp om toe te sien dat kwaliteitprodukte deurlopend op ‘n vasgestelde standaard voorgesit word.

Die moontlikheid om nóg Vida e caffè’s by NWK-bedryfspunte te open, word nie uitgesluit nie. “Ons wil graag ‘n pad saam met Vida e caffè stap en daar waar dit sin maak om waarde toe te voeg, ‘n beter koop-ervaring te skep en gemeenskappe op te hef.”

Tags: Jul/Aug 2025
Previous Post

Phosphorus is a game changer for soil

Next Post

´n Sprankie hoop te midde van afgryse


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In