• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Aug 6, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Oral waar jy gaan, is NWK Online

Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

28 Jul 2025
in Dinamiese vennoot
Oral waar jy gaan, is NWK Online
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

In vandag se digitale wêreld van slimfone, rekenaars, kunsmatige intelligensie (oftewel AI) en ander moderne hulpmiddels, hou NWK Online die pas vol met nuwe toevoegings en innoverende funksionaliteite wat deurlopend volgens gebruikers se groeiende behoeftes ontwikkel word.

Hierdie artikel bevat vuurwarm inligting oor drie nuwe funksies wat onlangs hulle buiging op Online gemaak het. Meer inligting word ook verskaf oor die nuutste weergawe van die Kuddebestuurs­program. Gepraat van ’n buiging maak…ontmoet gerus vir Klick; ’n parmantige karaktertjie wat oorgehaal is om jou erva­ring van Online te vergemaklik.

Aangename kennis, Klick!

Hallo, daar! My naam is Klick, en NWK Online is my spesialiteit. Kyk uit, want ek gaan binnekort op jou skerm wees om gebruikers makliker deur dié slimkoptoep vir landbou te lei en wenke te gee oor hoe om ’n bedrewe Onliner te wees.

Online spog met drie nuwe funksies

NWK-KAART – IN JOU BEURSIE EN NOU OOK OP JOU FOON

Alweer nie jou NWK-kaart by jou nie? Geen probleem nie! Jy kan nou jou NWK-kaart by NWK Retail-winkels of -vulstasies gebruik sonder om dit fisies te toon.

Doen dit in sewe stappe

  1. Teken in by online.nwk.co.za
  2. Gaan na REKENINGBESTUUR
  3. Kies TOEGANGSBEHEER
  4. Kliek op DEBIET/PINKODES
  5. Kliek op VERANDER PINKODE
  6. Voeg identifikasie van kaarthouer in by NAAM
    Kies vier numeriese karakters en sleutel pin in by PINKODE
    (Hou dit veilig en moet dit met niemand deel nie)
  7. Kliek op STOOR
Wees op die uitkyk vir die splinternuwe NWK Online-advertensieborde wat onlangs by NWK Retail in Klerksdorp, Mogaladi Fuels en by Hoërskool Lichtenburg opgerig is.

NWK Retail-betaalpunt

Besoek bloot een van ons NWK Retail-winkels of -vulstasies en verskaf jou rekeningnommer met betaling, waarna jy versoek sal word om die pin op die kaartmasjien in te sleutel.

MONITOR JOU BRANDSTOFAANKOPE PER VOERTUIG

Rekordhouding van brandstoftransaksies is nou op NWK Online beskikbaar. Gaan na online.nwk.co.za om jou brandstofstatistieke te bekom.

Doen dit in vier stappe

  1. Gooi brandstof in by enige NWK-vulstasie
  2. Die brandstofjoggie sal jou NWK-rekeningkaart skandeer
  3. Hy/sy vra dan toestemming om die voertuig se lisensieskyf te skandeer
  4. Nadat die skandering voltooi is, word die betrokke voertuiginligting aan jou NWK-rekening gekoppel
Klick wys ook gesig op nuwe NWK-lisensieskyfhouers wat met die Online-tema daarop spog.

GEDETAILLEERDE MEGANISASIE-WERKKAARTE

Besoek online.nwk.co.za om gedetailleerde megani­sasie-werkkaarte te sien, soos wat dit nie noodwendig op fakture voorkom nie.

Doen dit in drie stappe

    1. Gaan na REKENINGBESTUUR
    2. Kies WERKKAARTE
    3. Selekteer die gedetailleerde meganisasie-werkkaart wat jy kan sien, of aflaai en uitdruk

Veekundige gesels oor Kuddebestuur

NWK Online se Kuddebestuursprogram is ’n opwindende funksie wat onder die Plaasbestuurkategorie te vinde is. Die ontwikkelingspan het onlangs bykomende werk daarop voltooi, wat gebruikers in staat stel om kuddedata aanlyn én selfs aflyn in te voer. Die program staan behoor­lik sy man in die mark – en kan selfs ander soortgelyke programme die stryd aansê.

Aangesien NWK kragte saamgesnoer het met Tal-Tec, ’n verskaffer van elektroniese skale en veehanteringstoerusting, bied die program nou ’n funksie om diere wat ’n elektroniese oorplaatjie dra, te skandeer – wat die tel en weeg van diere maklik maak, aangesien die oorplaatjie met die skaal en die toep kommunikeer.

Let wel dat gebruikers die NWK Livestock App benodig om hierdie funksie te gebruik. Maak dus seker om die NWK Livestock App gratis van jou voorkeur aanlynwinkel af te laai om dié opwindende funksie aflyn te kan gebruik. Die skaal se data kan dan met jou Kuddebestuur-profiel sinkroniseer wanneer jy weer aanlyn is.

DAWID SÊ SY SÊ

NWK Arena het gaan kers opsteek by Dawid van Heerden, veekundige by NWK Finansiering, oor sy indrukke van die program.

Hoe ervaar jy NWK Online se Kuddebestuursprogram?
Ek is ’n veekundige, maar boer ook deeltyds met vee. Hoewel ek voorheen ’n ander toep vir kuddebestuur gebruik het, verkies ek NWK Online se Kuddebestuursprogram, in kombinasie met die gratis NWK Livestock App. Die terugvoer van ons NWK-klante wat dit gereeld gebruik, is ook baie positief.

Watter funksies staan vir jou uit?
Die program is maklik om te verstaan en te gebruik – en dit is boonop kosteloos vir geregistreerde gebruikers van Online. Dit is baie handig dat jy dit kan gebruik en die data stoor wanneer jy nie aanlyn is nie (of buite bereik van ’n selfoonsein). Sodra jy weer aanlyn is, sinkroniseer dié data met die stelsel, wat dit een­voudig maak om op te dateer. Die gebruiker kan ook ’n derde party, soos ’n plaasvoorman, toegang tot die program gee.

Is daar ander soortgelyke toeps beskikbaar?
Daar is, maar vir ’n wegspring is die gebruik daarvan nie, soos met NWK Online, gratis nie. My ervaring is ook dat dit minder gebruikersvriendelik as ons Kuddebestuursprogram en NWK Livestock App is.

’n Hooffokus van die program is rekordhouding. Na watter rekords word hier verwys?
Die Kuddebestuursprogram bied ’n handige manier om rekord te hou van die medisyneverbruik per dier, naspeurbaarheid, genetika, rekordhouding elke keer as die dier geweeg word en die opstel van weegverslae – wat deur SA Stamboek erken word.

Watter produsente kan hieruit voordeel trek?
Voerkraalboere kan dit vir die gewigsevaluasie van hul diere gebruik, stoetbeesboere vir genetika en saaiboere vir inligting oor ’n kudde of vir die aantekening van kalfpersentasie per koei. Die ander algemene funksies wat beskikbaar is, maak die pakkie vol om vir jou ’n eenstop kuddebestuurshulp op jou lessenaar en in jou hand te gee.

Tags: Jul/Aug 2025
Previous Post

Koester altyd goeie sakeverhoudings

Next Post

Grondkundige staan haar “man”


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In