• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Sep 24, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur

23 Sep 2025
in Dinamiese vennoot
NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

Henk Nortman, een van die agt solo-deelnemers.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die Isuzu Ysterman 70.3 Mosselbaai is om die draai! Agt solo-deel­nemers en twaalf aflosspanne van NWK gaan op 16 November hierdie uitdaging ten bate van Agri Securitas aanpak. Dit bestaan uit 1,9 km swem, 90 km fietsry en 21,1 km wat gehardloop moet word.

Elke aflosspan bestaan uit drie lede, wat elkeen een van hierdie dissiplines sal aanpak. Hulle doelwit is om R1 miljoen vir Agri Securitas, wat hom vir landelike veiligheidsinisiatiewe beywer, in te samel.

Dit is deur Alf White (groephoof- finansiële beampte van NWK) geïnisieer. Hy verduidelik dat hy passievol oor produsente en hul veiligheid op plase is, maar dit nie self vir hulle kan bied nie. “Daarom wil ek bewusmaking doen ten bate van landbou en deur georganiseerde strukture soos Agri Securitas seker maak dat die regte ondersteuning, vaardighede en fondse tot ons landbouers se voordeel ontsluit word.”

Die man wat die inisiatief van stapel gestuur het, Alf White.

Alf het self al ’n paar Ystermanne voltooi en van sy kollegas by NWK, wat tot onlangs maar redelik onaktief was, aangespoor om fiks te raak vir dié uitdaging ten bate van ’n goeie doel.

Ondersteun só

Elke deelnemer is geregistreer op die aanlyn fondsinsamelings­platform, GivenGain, waar betalings gerieflik by elkeen se profiel gemaak kan word. Deelnemers hanteer egter nie self die fondse nie – Agri Securitas is as begunstigde geregistreer en alle bydraes word direk aan hulle oorbetaal.

Klante wat by NWK Retail-winkels en/of vulstasies vir transaksies betaal, kan die keuse uitoefen om R5 by die transaksie te voeg, wat ook as bydrae tot die inisiatief tel en oorbetaal sal word.

Henk se eerste Ysterman wink

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

Een van die solo-deelnemers is die 47-jarige Henk Nortman (tegniese operateur by NWK Vloeibare Kunsmis). Hy het vir Alf, die baasbrein agter “Ysters vir landbou”, by vanjaar se Toyota Night Race ten bate van Lichtenburg Dierewelsyn ontmoet, waar Alf hom meer oor die inisiatief vertel het.

“Ek was dadelik die ene ore omdat dit een van my ideale is om ’n Ysterman te doen. Alf het al die reëlings getref, en ek het oorspronklik net vir die draf en fietsry ingeskryf.

“Ek het egter een middag ’n oproep van Alf gekry waartydens hy my gevra het om hom te kom sien. Hy wou toe hê dat ek ’n hele Ysterman moes doen. Ek het ingestem en besef ek bevind my nou op heel nuwe terrein, en dat ek vinnig huiswerk sou moes doen oor wat ek kon verwag.”

VOORBEREIDING VERG TOEWYDING

Henk het, soos ander deelnemers aan die inisiatief, ’n gratis oefenprogram vir twee maande by Tridot gekry. “Ons het ontsettend baie hulp gekry met die swemtegnieke,” vertel hy. “Die oefenprogram het ’n goeie basis gebied vir ons voorbereiding wat volg. Ek probeer in ’n week iets van alles inwerk – hardloop, fietsry en kragoefeninge – ook met rusdae vir herstel.”

Hy sê dat die moeilikste deel van die hele proses sover was om gemotiveerd te bly tydens die afgelope koue winter. Dit was maklik om verskonings uit te dink en eerder om te draai en verder te slaap, maar Henk het deurgedruk.

“Ek het vir myself gesê dat ek nie ’n oefening sal mis nie, want as ek só maklik ’n rede kan kry om nie te oefen nie, gaan ek net so maklik opgee as dit begin moeilik raak tydens die Ysterman self! Vir my is deursettingsvermoë een van die belangrikste dinge as ’n mens iets soos die Ysterman wil aanpak!”

Henk verkies die fietsry en hardloop verreweg bo die swem! “Ek het al ’n paar marathons gedoen en ook met die fiets meer as 100 km gery, so ek weet ek is in staat om dit te doen. Wat ek wel besef, is dat ek nie voorkeur kan gee aan een van die drie items nie omdat elkeen sy eie uitdagings het en voorbereiding vir elkeen ewe belangrik is!”

Hy was gelukkig genoeg om nie dié winter met verkoues en griep te sukkel nie.

DIE GROTER PRENTJIE

Henk sien daarna uit om deel te wees van ’n projek van hierdie skaal, wat ten doel het om fondse vir Agri Securitas in te samel.

“’n Mens gaan kompeterend wees op daardie dag, maar op die ou end is ons deel van iets groter as jyself! Daar word vriendskappe gesmee deur al die pyn en lyding van die dag. As jy aan die einde van alles net kan voel dat jy as mens gegroei het – in watter aspek van jou lewe ook al – was dit die moeite werd en is jy ’n wenner.”

Hy erken dat hy dikwels gehaltetyd saam met sy gesin en vriende moet inboet om te oefen. “Ek is egter baie gelukkig dat ek ’n ondersteunende vrou, familie en vriende het wat agter my staan!”

Henk meen almal het sekerlik al ’n punt in hul oefenprogram bereik waar hulle hulself moes afvra of die tyd en harde werk wat hulle moes insit die moeite werd was – veral omdat hulle nie eens weet hoe hulle op die dag van die Ysterman gaan vaar nie.

“Ek kan nie daardie vraag vir jou beantwoord nie! Ek het myself oor die jare geleer dat, as ek nie lus is vir oefen nie, ek my tekkies en hardloopklere aantrek en dan móét ek net begin draf. Dis die moeilikste deel van enige oefening – om daardie eerste tree te gee!

“Ek het al van my lekkerste oefensessies gehad juis wanneer ek nie lus was nie, maar deur daardie eerste tree te gee, het ek my gemoed verander. So wees sterk in die dinge wat jy aanpak en glo in jouself! Mense gaan dikwels sê dat jy nie kan nie, maar net jý kan hulle verkeerd bewys!”

Previous Post

Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

Recommended

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

23 Sep 2025
Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

15 Sep 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

15 Sep 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

23 Sep 2025
Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

15 Sep 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

15 Sep 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In