• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Oct 13, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Nuwe DJI T100 vlieg van AgTech@NWK se rakke

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur

8 Oct 2025
in Dinamiese vennoot
Nuwe DJI T100 vlieg van AgTech@NWK se rakke

Okkie Vermeulen, DJI-verkoopsverteenwoordiger by AgTech@NWK, vertel meer oor die DJI T100.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

AgTech@NWK verkoop tans 30% van alle landbouhommeltuie in Suid-Afrika en spog nou ook met die splinternuwe DJI T100 in sy produkreeks. Sedert dit op 25 September by NWK se opleidingsentrum bekendgestel is, het AgTech@NWK reeds 40 van dié Rolls-Royce van landbouhommeltuie verkoop.

Dit spog met vier spuite, ‘n 100 liter tenk asook ‘n 150 liter strooitenk en kan ‘n spoed van 72 km/h haal. Teen 400 kg/ha, kan tot 80 ha per dag hiermee gedek word. “Dit maak die som ongelooflik! Nie eens ‘n hoogloopspuit kan bybly nie,” het Okkie Vermeulen, DJI-verkoopsverteenwoordiger by AgTech@NWK, by die bekendstelling gesê.

Die hommeltuig word voorberei vir aksie.

Buiten vir meer doeltreffende en vinniger werkverrigting, is beheer van die nuwe DJI T100 soveel makliker en veiliger. Danksy die sogenaamde LiDAR kamera en radars met “verkykers”, wag die DJI T100 self vir ‘n obstruksie om uit sy pad te kom voor dit outomaties verder vlieg.

“Voorheen het die hommeltuig homself gerem wanneer iets in sy pad was en moes die operateur dit self uit obstacle avoidance haal voordat dit verder sou vlieg,” het Okkie verduidelik.

“Dit waarsku jou van mense en voertuie tot 60 m ver, waar huidige tegnologie dit tot slegs
20 m kon doen. Die LiDAR kan ‘n ongelooflike 300 punte neergooi om te bepaal hoe en waar die hommeltuig moet vlieg. Dit ‘sien’ selfs ‘n paal se ankerdraad raak en vlieg links of regs om soos nodig.”

Ontbossing is nou heelwat makliker met die DJI T100 wat teen hellings van 45 grade kan vlieg.

Wat bied die DJI T100?

In kort, is die spesifikasies van die nuwe DJI T100 soos volg:

  • Bevat ‘n 100-liter spuittenk wat tot 30 liter per minuut met twee spuite kan spuit of 40 liter per minuut met vier spuite. Dit verdubbel bykans die uitset van sy voorganger, die DJI T50, wat sowat 22 liter per minuut kon spuit.
  • Die hoë-kapasiteit batterye is herontwerp en kan tot 95% kapasiteit binne slegs nege minute met DJI se slimlaaisisteem laai. Dit versnel werkverrigting selfs meer.
  • Dit het ook ‘n 150 liter strooitenk wat tot 400 kg per minuut kan strooi.
  • Buiten vir spuit en strooi, kan die DJI T100 voorwerpe so swaar as 100 kg lig en verskuif.
  • Die LiDAR-kamera, asook vyf wyehoek-kameras wat saam met ‘n gesofistikeerde radarsisteem werk, gee die vlieënier ‘n 360 grade uitkyk op sy omgewing.
  • Navigasie-akkuraatheid is uitstekend danksy RTK (real-time kinematic)-posisionering, wat herhalende vlugroetes moontlik maak en verhoed dat kolle misgespuit of wéér gespuit word – wat lei tot ‘n besparing in die (duur) produk wat toegedien word.
  • Dubbele barometers, kompasse en rugsteunkommunikasiesisteme stel die hommeltuig in staat om self te kan terugvlieg huis toe, sou iets verkeerd loop.
  • Hommeltuie word grootliks snags ingespan, omdat die wind dan stiller is, verdamping minder en gewasse se huidmondjies oop, wat beter opname van kunsmis verseker. Omdat die LiDAR-kamera en radars nie op sigbare lig hoef te steun nie, is dit egter nie ‘n kwessie nie.

Pieter Kleingeld, groephoof- uitvoerende beampte van NWK, het by die bekendstelling gesê dat hy baie trots is op AgTech@NWK se hommeltuigkomponent en dat dit hom na aan die hart lê omdat hy uit die staanspoor by die vestiging hiervan betrokke was.

Pieter Kleingeld

“Ons is die land se oudste landboumaatskappy en ons doel was nog altyd om boere met oplossings te ondersteun. Dit is ‘n element van ons DNS wat ons nooit sal inboet nie.”

NWK het in 1985 begin met afstandswaarneming met die destydse satelliettegnologie. “Vandag het ons ons eie GIS-platform waarmee ons dit doen,” het Pieter bygevoeg.

“Ons het in 2015 met navorsing begin oor hoe ons hommeltuie op landboutoepassings kon gebruik. Dit was egter duur en die oppervlaktes wat gedek sou kon word, asook die kapasiteit, was beperk. Slegs vastevlerk-hommeltuie sou dit behoorlik kon doen, maar was moeilik om te vlieg en te land.”

Toe DJI se T30 in 2022 bekendgestel is, is veral graanboere se belangstelling geprikkel en het AgTech@NWK begin om dit te bemark. In 2023/2024 is 30 eenhede van hierdie model verkoop.

In daardie stadium het daar ook ‘n behoefte ontstaan aan sleepwaentjies wat hierdie hommeltuie en al sy toebehore gemaklik sou kon vervoer en bydra tot verbeterde werkverrigting.

“Nic Keyser van Nic Trailers het ons probleme raakgesien en saam met ons begin werk aan die ontwikkeling van waentjies wat werklik jou kapasiteit verdubbel,” het Pieter gesê.

AgTech@NWK het 80 hommeltuie in 2024/2025 verkoop en sal na verwagting 150 eenhede in 2025/2026 van die hand sit. “Aanneming van tegnologie is stadig. Sodra jy egter op 15% staan, begin dit vinnig toeneem.”

Volgens Pieter is daar tans 1 100 T30- en T40-hommeltuie operasioneel in Suid-Afrika, waarvan 250 in Noordwes en 300 in die Vrystaat – tradisioneel graanproduserende gebiede. In 2024 is 656 000 ha met hommeltuie gespuit en in 2025 tot op hede, 960 000 ha.

Tags: Sep/Okt 2025
Previous Post

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

Recommended

Nuwe DJI T100 vlieg van AgTech@NWK se rakke

Nuwe DJI T100 vlieg van AgTech@NWK se rakke

8 Oct 2025
Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

30 Sep 2025
NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

23 Sep 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Nuwe DJI T100 vlieg van AgTech@NWK se rakke

Nuwe DJI T100 vlieg van AgTech@NWK se rakke

8 Oct 2025
Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

30 Sep 2025
NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

23 Sep 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In