• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Jan 8, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Beperk verspreiding van BEK met ‘n deeglike biosekuriteitsplan

Dawid van Heerden, Veekundige

7 Jan 2026
in Nuus
Beperk verspreiding van BEK met ‘n deeglike biosekuriteitsplan
Share on Facebook

Die voorkoms van bek-en-klouseer (BEK) onder Suid-Afrikaanse vee het krisisafmetings bereik. Dit is daarom ononderhandelbaar dat produsente ‘n deeglike biosekuriteitsplan in plek sal hê ten einde die verspreiding van hierdie hoogs aansteeklike virale siekte op plaasvlak, te beperk.

‘n Biosekuriteitsplan op plaasvlak rus op drie hoofpilare: beperking, voorkoming en behandeling. Talle produsente pas reeds bepaalde biosekuriteitsmaatreëls toe, maar die huidige hoë voorkoms van BEK bied ‘n geleentheid om bestaande praktyke te hersien, versterk en formaliseer.

Die meeste biosekuriteitsmaatreëls wat op plase in plek behoort te wees, word in elk geval deur die Wet op Dieresiektes (35 van 1984) vereis. Uitgebreide regulasies is ook gepubliseer wat die produsent se pligte, insluitend biosekuriteitsmaatreëls op plaasvlak, operasionaliseer.

‘n Dier met bek-en-klouseer. (Foto: Jarred Morris)

Biosekuriteitsplan

BEPERKING

  • Hou sover moontlik ‘n geslote kudde. Moenie diere aankoop uit gebiede waarvan die gesondheidstatus onbekend is nie.
  • Indien diere wel aangekoop word of terugkeer na die plaas, moet hulle vir minstens 28 dae in kwarantyn gehou word, apart van die res van die kudde.
  • Beperk onnodige beweging van voertuie op en tussen plase.
  • Beperk die beweging van vee tussen plase. Kontak met siektes langs paaie of in nuwe gebiede kan maklik plaasvind, veral wanneer diere weens vervoer onder stres verkeer.
  • Dip en doseer diere om kontak met moontlike siektevektore te beperk. Bosluise, muskiete, vlieë, muggies en steekvlieë is almal moontlike draers van verskeie siektes.
  • Ingevolge artikel 17 van die Wet, mag diere nie geskuif, verkoop of vervoer word teenstrydig met enige kwarantyn- of permitvereistes of -beperkings nie.
  • Vee mag nie sonder geldige permitte van of na die plaas vervoer word nie.
  • Hou deeglik rekord van diere se herkoms, datum van beweging en permitnommers.

VOORKOMING

  • Volg ‘n entingsprogram wat saam met ‘n veearts of dieregesondheidkundige opgestel is. Dit moet nie net aan staatsvereistes voldoen nie, maar ook aangepas wees vir die spesifieke risiko’s van jou boerdery.
  • Ontsmet voertuie en toerusting wat op en van die plaas beweeg. Die gebruik van ‘n voertuigdip kan help om te voorkom dat siektes vanaf openbare paaie die plaas betree.
  • Die ontsmetting van spuitnaalde is noodsaaklik om te voorkom dat siektes tussen diere binne dieselfde kudde versprei.
  • Stel ‘n higiëne-beleid vir werkers en besoekers in. Die gebruik van voetbaddens, asook klere of oorpakke wat slegs op die plaas gedra en gewas word, verminder die oordrag van siektes van elders.

BEHANDELING

  • Identifiseer siek diere betyds.
  • Isoleer siek diere waar moontlik om verdere verspreiding te voorkom.
  • Behandel vinnig en korrek. Verkeerde of onoordeelkundige gebruik van antibiotika en middels kan weerstandigheid veroorsaak.
  • Raadpleeg jou veearts vir diagnostiese en behandelingsbesluite, veral waar die siekte nog onbekend is.
  • Ingevolge artikel 11 van die Wet, het die plaaseienaar of voorman ‘n plig om die voorkoms en/of vermoede van staatsbeheerde siektes soos Afrika-varkpes, BEK, brusellose, voëlgriep en TB betyds aan te meld. Dit beskerm jou, jou bure en help om nasionale verspreiding te beperk.
  • Artikel 15 van die Wet bepaal voorts dat produsente toegang aan staatsveeartse tot hul diere moet verleen, monsterneming toelaat en instruksies deur staatsveeartse nakom.

Verantwoordelikheid

Produsente moet besef dat kuddegesondheid, plaasbiosekuriteit en toepassing van die biosekuriteitsplan deur elke besoeker aan die plaas, sy/haar verantwoordelikheid bly. Daar rus geen regsplig op besoekers aan jou plaas – hetsy privaatpersone of verteenwoordigers van organisasies – om die moontlike oordrag van BEK en/of ander siektes te verhoed nie. Tog, ingevolge artikel 13 van die Wet, mag geen persoon opsetlik of nalatig ‘n siekte versprei of help versprei nie.

Benadruk dis vooraf die belangrikheid van nakoming van biosekuriteitsmaatreëls, by voornemende besoekers aan jou plaas en vra ‘n onderneming dat hulle hul samewerking sal gee. Beperk toegang tot jou plaas deur ander toegangshekke buiten die hoofhek, gesluit te hou en hou ‘n besoekersregister by.

Die voordele van ‘n goeie biosekuriteitsplan strek verder as slegs die beperking van produksieverliese. Gesonde diere produseer beter en minder vrektes kan verwag word. Doeltreffende siektebeheer kan ook beter marktoegang en moontlike premiepryse meebring, soos reeds in ander sektore van vleisproduksie waargeneem word.

Biosekuriteit gaan nie net oor die bekamping van BEK nie. Om jou kudde gesond te hou verg ekstra moeite, maar dit is ‘n belegging. Deur ‘n omvattende biosekuriteitsplan te volg, bevorder jy jou boerdery se volhoubaarheid, winsgewendheid en langtermyn-marktoegang.

Tags: Jan/Feb 2026
Previous Post

The ultimate post-planting checklist for a successful crop season

Recommended

Beperk verspreiding van BEK met ‘n deeglike biosekuriteitsplan

Beperk verspreiding van BEK met ‘n deeglike biosekuriteitsplan

7 Jan 2026
The ultimate post-planting checklist for a successful crop season

The ultimate post-planting checklist for a successful crop season

3 Dec 2025
Slaan briek aan vir Kersfees

Slaan briek aan vir Kersfees

1 Dec 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Beperk verspreiding van BEK met ‘n deeglike biosekuriteitsplan

Beperk verspreiding van BEK met ‘n deeglike biosekuriteitsplan

7 Jan 2026
The ultimate post-planting checklist for a successful crop season

The ultimate post-planting checklist for a successful crop season

3 Dec 2025
Slaan briek aan vir Kersfees

Slaan briek aan vir Kersfees

1 Dec 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In