• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Fri, Jan 23, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

22 Jan 2026
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Witkruisvleivalk (black harrier)

Share on Facebook

Daar’s ’n slang in die … stoor

Werknemers van NWK Meganisasie het hulself boeglam geskrik toe hulle ’n slang in die presisiestoor ontdek het. Willie Weideman (aanlegbestuurder by Epko) het die reptiel kom verwyder en dit as ’n boomslangwyfie geïdentifiseer.

Willie was voorheen werksaam by Bayer, waar hy in Mei 2022 ’n slangvang­kursus voltooi het. Hy het sedertdien twaalf slange gevang, wat hy in die wildteelsentrum losgelaat het. “Net drie van die slange wat ek al gevang het, was giftig – die boomslang en twee rinkhalse. Die res was bruin huisslange en molslange. Rinkhalse is volop in ons gebied en mense moet versigtig wees vir hulle. Hulle spoeg soos enige ander kobra en maak of hulle dood is as hulle bedreig word. Bly dus weg van ’n rinkhals, al lyk dit of hy dood is!

Inwoners van Lichtenburg en omgewing wat slange in hul erwe gewaar, word gemaan om hulle nie dood te maak nie. Kontak eerder vir Willie by 067 599 5846 om hulle te kom verwyder.

Los die bababokkies net daar

Wild and Free Wildlife Rehabilitation probeer die algemene publiek ingelig hou oor “dieremaniere”. Hulle is aan die einde van 2025 oorval met oproepe van mense wat wildsboklammetjies “gered” het. Dit is egter natuurlik vir bokooie om die kleintjies vir tot 24 uur alleen te laat. Die ooie keer met tussenposes terug om die bokkies te voer. Hulle vra die publiek om slegs in te gryp indien:

  • ’n Besering sigbaar is.
  • Die bokkie op sy sy lê, ronddwaal of huil.
  • Óf as die bokkie al vir 24 uur op dieselfde plek lê.

Uile se manewales

Die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing is toegewy aan die beskerming van uile en moet gereeld van dié geveerdes gaan red. Hulle moes byvoorbeeld Klerksdorp toe vlieg om verskeie nonnetjiesuile by Earth Shepherds te gaan red. Die uile het nes gemaak in een van die groot bale gras (in die Kaap), het toe per ongeluk op ’n trok beland en is eers in Noordwes ontdek.

Vanweë al hulle reddingspogings wat op sosiale media geplaas word, word hulle deesdae ge­reeld gevra om te help om ander diere te red. Dié skattige klein bobbejaantjie is van ’n sangoma in Lethabile gereed. Die arme dier was met ’n ketting aan ’n boom vasgebind, sonder skadu, kos of water. Sy het goed aan­ge­sterk en is nou deel van ’n kroos jong bababobbejane by Prime CREW Wildlife in Limpopo.

2026 se keuses

Die olienhout (Olea europaea subsp. africana) is as die boom van die jaar vir 2026 aangewys. Dit is ’n middelgrootte boom wat wydverspreid in Suid-Afrika voorkom en by uitsondering tot 18 m hoog groei. Die olienhoutboom is ’n subspesie van die bekende olyfboom. Die rooi-ivoor – red ivory (Berchemia zeyheri) – is as die rare boomspesie vir die jaar gekies.

BirdLife South Africa het die witkruisvleivalk (Circus maurus) met sy opvallende swart verekleed, wit stert en helder geel oë as die voël van die jaar gekies. Die organisasie hoop om hierdeur bewustheid oor sy bewaring te verhoog, aangesien dit Suid-Afrika se mees bedreigde byna-endemiese roofvoël is met minder as 1 000 volwasse voëls wat nog leef.

Witkruisvleivalk (black harrier)
Tags: Jan/Feb 2026
Previous Post

NWK Arena-staatmaker laat ’n groot leemte

Next Post

Award-winning young farmer determined to rise to the top

Recommended

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

22 Jan 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

22 Jan 2026
CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

22 Jan 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

Doen strategiese en deeglike opvolgbeplanning

22 Jan 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

22 Jan 2026
CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

CHARCOAL ROT: A destructive fungus causing root and stalk rot

22 Jan 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In