
Uilsentrum met ’n groter missie
Die span van die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing red lankal nie meer net uile nie – al was Brendan en Danielle Murray, eienaars en stigterslede, se aanvanklike droom die bewaring van uile. “Ons red nou enigiets op enige plek, enige tyd – ongeag of dit ’n luiperd is wat vasgevang is in ’n strik, ’n hadeda wat op ’n selfoontoring nesmaak of ’n weesolifant,” vertel Brendan op hul Facebook-blad. Dié organisasie het só uitgebrei dat hulle nou ’n groot ondersteunersnetwerk opgebou het – van rehabilitasiesentrums tot lede van die publiek wat help met vervoer.
Hier is van die reddingspogings oor die afgelope paar weke.




het haar pote begin beweeg en ’n maand later is sy vrygelaat.
’n Kunstenaar in die lug
Wanneer VulPro, die nie-winsgewende aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, ’n gerehabiliteerde aasvoël vrylaat, word sy vlug soms met GPS-toestelle gemonitor. Binne slegs tien dae het A28, ’n Kaapse kransaasvoël, dié indrukwekkende roete afgelê. Die span het die vlugroete op hul Facebook-blad gedeel om die publiek bewus te maak van aasvoëls se buitengewone vermoëns.

Kyk net hoe lyk Asher nou
Die Rest Ur Ass Donkey Sanctuary in Bela-Bela sorg tans vir 257 donkies. Hier kan die donkies net rus – hulle hoef nie te werk nie, niemand mag op hulle ry nie, daar word nie met hulle geteel nie en hulle word nie verkoop nie. Asher is uit haglike toestande gered, waar hy vir jare met ’n sweep verniel is. Met die nodige rehabilitasie en aandag lyk Asher nou sommer spoggerig.









