• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Mar 23, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

23 Mar 2026
in Nuus
Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Rachel du Preez

Share on Facebook

Rachel du Preez is ’n grondkundige en bestuurder van presisieboerdery by AgTech@NWK. Sy het op ’n plaas grootgeword en is self met ’n boer getroud. Rachel gee hier ’n intieme blik op die spesiale en dikwels moeilike rol wat boervroue moet vervul.

Agter elke suksesvolle man staan daar ’n sterk vrou, maar nêrens is hierdie waarheid so diep en rou sigbaar soos in boerdery nie. Die rol van ’n boer se vrou word selde hardop genoem of op die voorblaaie uitgebeeld, maar haar invloed leef in elke seisoen, elke lammetjie en elke besluit wat geneem word wanneer die son opkom en weer sak oor die lande.

’n Boer se vrou dra baie hoede – soms alles op een dag. Sy is ’n boervrou in hart en siel, maar ook ’n kok wat sorg dat daar kos op die tafel is ná ’n lang dag se werk. Sy is ’n koerier wat onderdele, dokumente en mense rondry, ’n boekhouer wat somme maak en rekeninge betaal – en dikwels is sy ook die sielkundige, die een met wie almal kom praat, of dit nou die produsent, kinders of werkers is. Sy hou orde te midde van chaos, beplan vooruit en pas aan wanneer planne weer verander.

Aan die begin van die huwelik, word ’n boer se vrou ingelig dat Desembervakansies nie bestaan nie. Wanneer ander families hul tasse pak, weet sy dat plant- of strooptyd geen ruimte laat vir wegbreke nie. Die plaas wag nie, die weer hou nie rekening met kalenders nie en verantwoordelikhede kan nie afgeskakel word nie. Sy leer vroeg dat opoffering deel van haar roeping is.

Boerderypraatjies volg haar oral: Op pad kerk toe, om die etenstafel, selfs in stil oom­blikke. Die plaas se stilte raak soms oorweldigend. Wanneer haar man en seuns tot laat saans werk, sit sy en wag om ’n warm bord kos voor te sit wanneer hulle uiteindelik by die huis instap. Daardie wag is nie leeg nie – dit is gevul met liefde, lojaliteit en ’n stille verlange na geselskap.

Sy is die vrou wat in stilte saam bid vir reën wanneer die grond kraak van droogte, en vir sonskyn wanneer die lande nat en kwesbaar is. Haar gebede is nie altyd luid nie, maar diep en vol vertroue – ’n sagte gesprek met God terwyl haar hande aanhou werk. In stilte gaan soek sy haar krag en raad by die Vader se voete.

In haar sagmoedige gees hou sy haar man staande wanneer die las te swaar raak. Wanneer die graanpryse wissel, insetkostes styg, en skuld en onsekerheid soos ’n donker wolk oor die plaas hang, is dit sy wat hoop lewend hou.

Sy luister wanneer woorde swaar kom, sy gee raad sonder oordeel en sy glo aan môre, selfs wanneer vandag vir haar te veel voel. Sy glo wanneer dit moeilik is om te glo, en sy dra saam aan die las wanneer dit te swaar raak. In baie donker tye is sy die lig wat nie net flikker nie, maar aanhou brand.

In tye van vloede trek sy saam swaar, vee modder van vloere af en vrees uit haar hart. In droogtes tel sy elke druppel, elke rand en elke stukkie hoop wat nog oor is op. Finansiële stres word dikwels stil gedra – sy sny waar sy kan, beplan vooruit en beskerm haar gesin teen die volle gewig van bekommernis. Haar krag lê nie net in fisiese uithouvermoë nie, maar in emosionele standvastigheid in die boerdery.

Ironies genoeg dra sy skuld selfs in die oomblikke wat net aan haar behoort – ’n dag in die dorp om naels te laat doen, of ’n stil koppie koffie saam met ’n vriendin. Selfs daardie klein bietjie selfversorging voel soos ’n luuksheid waarvoor sy haarself moet regverdig. Tog bly sy gee, sonder om te tel, want om te gee, is deel van wie sy is.

Sy plaas dikwels haar man en kinders se welstand bo haar eie. Baie van wat sy doen, gaan ongesiens verby. Daar is min erkenning vir die stil opofferings, die laat nagte, die trane wat in stilte vloei. Maar elke boer wat só ’n vrou agter hom het, weet: Hy het goud in sy lewensmaat. Nie blink goud nie, maar suiwer, onvervangbare, standvastige goud.

Die boer se vrou is nie net ’n byspeler nie – sy is die fondament. Haar rol mag stil wees, maar haar impak is onmiskenbaar. In haar sagte gees is sy die ruggraat van die boerdery en die anker in storms. In elke sukses, elke oorlewing en elke nuwe seisoen is haar hande, haar geloof en haar liefde diep ingeweef.

Mag elke man wat hierdie woorde lees, die waarde van sy vrou opnuut raaksien, haar opofferings eer en besef watter onskatbare skat hy aan sy sy het.

Tags: MRT/APR 2026
Previous Post

Bewaringsnuus uit ons kontrei

Next Post

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Recommended

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

23 Mar 2026
Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

23 Mar 2026
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Bewaringsnuus uit ons kontrei

23 Mar 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

23 Mar 2026
Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

23 Mar 2026
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Bewaringsnuus uit ons kontrei

23 Mar 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In