• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Mar 23, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Promosie

Hawer maak voervloeiprobleme iets van die verlede

Joubert Swanepoel, Hooflandboukundige, Agricol

23 Mar 2026
in Promosie
Hawer maak voervloeiprobleme iets van die verlede
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Hawer (Avena sativa) is ’n veelsydige kleingraan wat histories hoofsaaklik vir die graanmark aangeplant is. Dit word weens die gewas se goeie voedingswaarde en hoë droëmateriaalproduksie ook as ’n belangrike weidingsgewas beskou.

Veeprodusente kan hawer, wat ook oor relatiewe goeie hergroei-eienskappe beskik, aanplant om voldoende groenvoer vir die winter te produseer vir skape, beeste en bokke. Kleingrane sluit onder andere hawer, korog, stoelrog, koring en gars in.

Groeiklasse

Hawer kan in verskillende groeiklasse verdeel word, naamlik lente- (kort groeiseisoen), intermediêre (medium groeiseisoen) en wintertipes (lang groeiseisoen).

Hawer wat in die lentetipe-groeiklas val, het ’n laer kouebehoefte en sal vinniger weidingsgereed wees as wintertipes. Lentetipe-hawer produseer egter nie groot volumes blaarmassa nie en word meestal vir hul graanproduksievermoë aanbeveel. Dit maak hulle minder geskik vir groenvoerdoeleindes in vergelyking met intermediêre en wintertipes, wat deur hul hoë blaarproduksie gekenmerk word. Slegs wanneer weiding baie vinnig benodig word, is dit raadsaam om ’n gedeelte van die aanplanting met lentetipes te vestig.

Intermediêre en wintertipe-hawer het ’n langer kouebehoefte (vernalisasieperiode) voordat dit reproduktief raak. Hierdie tipes produseer groter volumes voer as gevolg van hul stoelvermoë en kan tot laat in die seisoen aanhou produseer.

Plantdatums behoort verkieslik versprei te word om te verseker dat alle aanplantings nie gelyktydig weidingsgereed is nie. Beplanning is dus van die uiterste belang.

Die saaidigtheid van lentetipes onder droëlandtoestande wissel tussen 25 kg/ha en 50 kg/ha, en onder besproeiing tussen 75 kg/ha en 125 kg/ha, afhangend van die mate van besproeiing. Intermediêre en wintertipes se saaidigtheid is 25 kg/ha tot 40 kg/ha onder droëlandtoestande en 75 kg/ha tot 100 kg/ha onder besproeiing.

Die vestigingstyd verskil van streek tot streek, maar is normaalweg van middel Februarie tot middel Mei. In koue gebiede eindig planttyd gewoonlik teen einde April.

VEEVOEDING

Hawer kan met verskeie gewasse gekombineer word om die produksie en voerinname deur vee te verhoog. Hierdie kombinasies sluit Japannese radyse, stoelrog en Persiese klawer in. Dit is raadsaam om altyd ’n goeie peulgewas saam met groenvoerhawer te plant. Die voordele van peulgewasbyvoeging is alombekend en sluit stikstofbinding, verbetering van die aanplanting se algehele verteerbaarheid en ’n verhoging in ruproteïen in.

Kultivars

Agricol is bekend as ’n leier in somer- en winterweidingsgewasse. Produsente kan hierdie winter op die volgende hawerkultivars staatmaak vir goeie gehalte groenvoer:

PALLINUP EN DUNNART

Hierdie lentetipe-hawers is gewoonlik ses tot agt weke ná planttyd weidingsgereed en kan ook vir die vinnige produksie van kuilvoer of hooi oorweeg word. Beide kultivars is veral bekend vir hul graanproduksie.

OVERBERG

As intermediêre-tipe hawer is Overberg in ’n klas van sy eie. Die kultivar het ’n laer kouebehoefte as ’n egte wintertipe en begin vroeër produseer. Overberg is geskik vir produksie onder droëland en besproeiing, en kan vir beweiding, kuilvoer en hooi­produksie aangewend word.

MAGNIFICO

Hierdie egte wintertipe-hawer het ’n hoë kouebehoefte en produseer normaalweg smaaklike weiding vanaf Mei tot einde September. Een van die kultivar se grootste voordele is sy baie hoë opbrengspotensiaal vir groenvoer-, kuilvoer- en hooiproduksie. Die kultivar toon ook goeie weerstand teen aalwurms en het in verskeie veldproewe aansienlik beter as Saia-hawer gevaar.

ORANJERIVIER- EN ORANJE-VRYSTAATMENGSELS

Agricol het die Oranjerivier- en Oranje-Vrystaatmengsels ontwikkel vir volhoubare produksie deur die wintermaande. Aangesien die komponente in hierdie mengsels in verskillende groeiklasse val, verskil die piekproduksietyd van elke gewas, wat tot ’n verlengde produksietydperk lei.

Die mengsels kan as dekgewasse tussen boorde en op lande gebruik word omdat dit vinnige grondbedekking verskaf, en dien ook as hoë gehalte weiding vir veeprodusente.

Die Oranjeriviermengsel bestaan uit korog, Pallinup, Overberg en Magnifico, terwyl die Oranje-Vrystaatmengsel dieselfde komponente bevat, met stoelrog as plaasvervanger vir korog. Die grootste verskil tussen hierdie twee wintergraanmengsels is dat die Oranje­riviermengsel primêr geskik is vir snydoeleindes en sekondêr vir beweiding, terwyl die Oranje-Vrystaatmengsel primêr vir beweiding en sekondêr vir sny gebruik word.

Figuur 1: ’n Vergelyking van verskillende kleingrane se relatiewe produksiegroeikurwes op grond van ’n
1 Maart-plantdatum.
Tags: MRT/APR 2026
Previous Post

Getroue troeteldiere, vertroude harte

Next Post

Bewaringsnuus uit ons kontrei

Recommended

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

23 Mar 2026
Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

23 Mar 2026
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Bewaringsnuus uit ons kontrei

23 Mar 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

23 Mar 2026
Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

23 Mar 2026
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Bewaringsnuus uit ons kontrei

23 Mar 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In