• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Mar 23, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Hiér werk almal lekker

Onder redaksie van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

23 Mar 2026
in Dinamiese vennoot
Hiér werk almal lekker

Die span van NWK saam met Adrian Seligman (regs): Charlene Human (bestuurder van vergoeding en voordele by NWK se mensekapitaal), Jo-Mari Horn (opleiding- en ontwikkelingspesialis), Anita Labuschagne (talentwerwingspesialis), Dennis Coetzee, Pieter Kleingeld (groephoof- uitvoerende beampte) en Alf White (groephoof- finansiële beampte).

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

NWK is weer as ’n topwerkgewer aangewys en is een van slegs 155 organisasies in Suid-Afrika wat met dié eksklusiewe status kan spog.

Die maatskappy se bestuur het die toekenning op 19 Februarie by ’n glansgeleentheid in Johannesburg in ontvangs geneem. “Hierdie erkenning deur die internasionale Top Employers Institute is ’n bewys van ons voortgesette toewyding om ’n werks­omgewing van wêreldgehalte te skep,” het Dennis Coetzee, uitvoerende groepbestuurder van Mensekapitaal by NWK, gesê.

“Ons glo by NWK dat ons mense ons grootste bate is, en hierdie sertifisering bevestig ons fokus op uitnemende menslike hulpbronpraktyke, werknemerswelstand en professionele groei. Baie geluk aan elke werknemer wat tot ons kultuur van uitnemendheid bydra. Saam bou ons nie net aan die toekoms van landbou nie, maar ook aan ’n werksplek waar talent floreer.”

Die Top Employers Institute is werksaam in 131 lande en sertifiseer organisasies volgens die resultate wat hulle behaal in ’n peiling wat die instituut onderneem om die werksplek se mensestrategie, werksomgewing, talentwerwing, leer, diversiteit, gelykheid en inklusiwiteit, asook welstand, te ontleed.

Die instituut se uitvoerende hoof, Adrian Seligman, het gesê dat NWK se status as topwerkgewer sy toewyding tot ’n uit­ne­mende werksplek, wat volhoubare besigheidsprestasie moontlik maak, weerspieël.

“Hulle sterk belyning tussen mensestrategie en organisatoriese doelwitte, gekombineer met ’n verbintenis tot voortdurende verbetering, demonstreer die impak van hul transformerende praktyke. Ons is trots daarop om NWK vir hulle betekenisvolle bydrae tot ’n beter werksplek in Suid-Afrika te erken.”

Tags: MRT/APR 2026
Previous Post

Leef dié jaar ligter

Next Post

Getroue troeteldiere, vertroude harte

Recommended

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

23 Mar 2026
Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

23 Mar 2026
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Bewaringsnuus uit ons kontrei

23 Mar 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

23 Mar 2026
Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

Die vrou agter die boer – die fondament van ’n boerdery

23 Mar 2026
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Bewaringsnuus uit ons kontrei

23 Mar 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In