• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jun 18, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Planteronderhoud is noodsaaklik voor planttyd

Rudolph Schulenburg, NWK Landboubestuursdienste

18 Nov 2021
in Tegniek
Planteronderhoud is noodsaaklik voor planttyd

’n Reguit vingerwiel met gepunte vingers.

Share on Facebook

’n Planter bestaan uit talle komponente wat elke seisoen amper honderd keer deurgegaan moet word – van voor plant tot tydens plant en ná plant. Dit is dus soms moeilik om alles raak te sien wat ’n impak op die opbrengs van ’n land kan hê.

Die planter bly een van die belangrikste implemente op ’n saaiplaas om ’n goeie oes te verseker. Baie produsente is egter geneig om die planter in detail aan die voorkant te fynkam, veral by die saadbakke baie aandag te gee en tyd aan die ratte, boute en laers te spandeer. Min produsente kyk egter met dieselfde deeglike oog na die toetrapwiele en die hoek en druk daarvan.

Die toetrapwiel speel ’n belangrike rol in die ontkieming en opkoms van gewasse, en het ’n impak op die gewaspotensiaal. Foute en laer opbrengste as gevolg van ’n ondoeltreffende klein wiel wat agter die planter draai, is ekonomies onbekostigbaar.

Produsente probeer deesdae wegbeweeg van twee tot vier kleiner raamplanters en groter planters word gebruik om dieselfde aantal hektare te plant. Saam met hierdie oorskakeling na een of twee groot planters is aandag en konsentrasie nog meer nodig om alles reg te doen, want een fout of probleem met ’n groot planter kan ’n groot negatiewe impak op die oes hê.

Die toetrapwiel

Een van die mees onderskatte onderdele van ’n planter is die toetrapwiel, wat agter aan die plantereenheid is. Die druk en hoek van die toetrapwiel in verskillende gronde en gewasse speel ’n groot rol.

Daar is verskillende toetrapwiele op die mark en elkeen het sy eie voor- en nadele. Sommige toetrapwiele werk beter op konvensionele planters, terwyl ander weer meer geskik is vir ’n geenbewerkingsplanter. Daar is ook verskillende kombinasies van toetrapwiele wat saam werk. Die bekende standaard rubberwiel is nie altyd die enigste en beste opsie nie.

Toestande waartydens produsente plant, is nie altyd gunstig nie – dit is soms te nat óf te droog, en die verseëling van die grond agterna om goeie grondkontak met die pit te verseker en vog te bewaar, is belangrik. Die eenvormige opkoms van die aanplanting word dikwels bepaal deur die toetrapwiel se korrekte funksionering, al dan nie.

Die rubberwiel werk ongelukkig nie in alle gronde ewe goed nie.
Bron: https://www.agleader.com/blog/planter_ready_plant_2021/
’n Geboë vingerwiel se vingers beweeg met die gepunte deel na agter sodat dit nie grond en pitte uitgooi nie.
Bron: https://fwwa.org/2017/01/16/measuring-the-effect-of-closing-wheels-in-a-no-till-system/
[17 September 2021]

VERSKILLENDE OPSIES

Rubberwiel: Die standaardrubberwiel kom op die meeste planters voor en is die algemeenste toetrapwiel wat gebruik word, omdat dit nog steeds van die beste resultate lewer by die opkoms en opbrengs van aanplantings. Die grootste voordeel is dat die rubberwiel die grond/saad-kontak verhoog en die grond stewig langs die voor vastrap, terwyl die voor oopgelos word vir die gewas om op te kom. ’n Nadeel is dat dit die grond te veel vastrap en hard maak, veral wanneer in nat toestande geplant word. Dit verlaag ook die waterinfiltrasie. ’n Kors kan dan ook vorm as dit warm en droog is, en sodoende die opkoms bemoeilik. Die rubberwiel lewer die beste resultate wanneer die afwaartse druk effens hoër is en dit die grond afwaarts beter vasdruk.

Geboë vingerwiel: Hierdie toetrapwiel lyk soos ’n roltandeg wat gebruik word om grond los te maak vir gewasse om op te kom. Voordele van die wiel is dat dit die grond in die voor vastrap en goeie grond/saad-kontak bevorder. Dit maak die bogrond los en maak dit makliker vir saailinge om uit te kom. Die infiltrasie van water is ook beter deur die los grond. Nadele van die vingerwiel is dat die los bogrond vinniger uitdroog en die pitte se vog kan verminder as dit nie gou reën nie. Die afwaartse druk van hierdie toetrapwiel moenie te hoog gestel wees nie, anders kan dit te diep in die grond indruk en pitte uithaal.

Reguit vingerwiel: Die reguit vingerwiel het gepunte vingers wat in die grond om die pit vasdruk. Voordele van hierdie wiel is dat dit ook die bogrond effens losmaak en waterinfiltrasie verbeter. Nadele van die reguit vingerwiel is dat dit aggressiewer deur die grond beweeg en die pitte kan uithaal indien dit in die pad van die wiel lê. Die bogrond kan vinniger uitdroog en nadelig wees vir die saailinge se ontkieming. Afwaartse druk moet min op hierdie wiel wees, sodat net genoeg druk op die grond geplaas word vir ferm grond rondom die pitte en om te voorkom dat pitte uitgehaal word.

Ronde vingerwiel: Hierdie toetrapwiel word algemeen in sanderige grond gebruik en is dun vingers wat dwars oor die voor beweeg. Voordele van hierdie toetrapwiel is dat dit die hele voor vastrap en effense los grond tussenin los. Dit help dat die water goed infiltreer en goeie grond/saad-kontak maak. Nadele is dat hierdie wiel nie die grond so goed vastrap nie en die los bogrond kan uitdroog.

Gekombineerde rubber- en reguit vingerwiel: Hierdie is ’n goeie kombinasie en goedkoper opsie van toetrapwiele. Voordele van hierdie kombinasie is dat dit goeie grond/saad-kontak verseker. Dit los effense los bogrond, wat waterinfiltrasie bevorder en opkoms vergemaklik. ’n Ander voordeel is dat dit sykompaksie in die voor verminder. Nadele is dat die vingerwiel pitte uit die grond kan haal en die effense los bogrond kan uitdroog. Hierdie toetrapwiel se afwaartse druk kan ook dieselfde as die rubberwiel s’n wees om goeie grond/saad-kontak te bewerkstellig.

Vir sanderige grond werk die ronde vingerwiel die beste.
Bron: https://www.agrimag.co.za/farm-equipment/planting-and-seeding-equipment-closing-wheels-on-planter-2021-id-5439135
’n Gekombineerde rubber- en reguit vingerwiel.
Bron: https://cropwatch.unl.edu/2019/avoiding-sidewall-compaction-planting

Ekonomiese impak

Hierdie klein onderdeel kan groot skade veroorsaak as dit nie onderhou word nie. As die laers nie draai nie of die wiele geslyt is, kan dit deur die grond sleep. Wanneer dit gebeur, los dit slote in die grond en beweeg die bogrond wat die pitte moet toemaak, weg. Dié aksies kan die grond wat die pitte bedek vinniger laat uitdroog en ontkieming verminder, of dit kan selfs die pitte uit die grond haal, wat onegalige ontkieming veroorsaak. Sulke verliese lei tot ’n laer plantestand, wat tot ’n laer opbrengs kan lei.

Onderhoud van planters is nie goedkoop nie, maar om ’n goeie oes te verseker, moet daar seker ge­maak word dat die korrekte onderdele gebruik word en die toetrapwiel nie afgeskeep word nie. Al is dit duurder om net nog ’n halwe ton per hektaar meer te verseker, sorg dat hierdie klein maar belangrike onderdeel reg is.

Samevatting

Die toetrapwiel is ’n noodsaaklike element tot ’n suksesvolle plantseisoen, ontkieming, die plante­stand en opbrengs. Kies die regte toetrapwiel vir die grond op die plaas en vir plaaslike toestande. Sorg vroegtydig dat daar genoeg spaar-toetrapwiele vir die planter is en moenie dat die planter te lank met ’n mank toetrapwiel loop nie.

Bronnelys

  1. Bezuidenhout G, 2020. So kan planter jou opbrengs verbeter (of beduiwel). [17 September 2021]
  2. Drewry JL, Luck BD and Arriaga FJ, 2020. Impact of planter closing wheels on corn emergence in no-till systems. American Society of Agricultural and Biological Engineers. Vol. 36 (5): 727-732
  3. Passint W, 2017. Measuring the effect of closing wheels in a no-till system. https://fwwa.org/2017/01/16/measuring-the-effect-of-closing-wheels-in-a-no-till-system/ [17 September 2021]
Tags: Nov/Des 2021
Previous Post

Gifplante waarvoor produsente moet katvoet loop

Next Post

Oorweeg biogas as bron van alternatiewe energie


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In