• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

18 Nov 2024
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Wit renoster (Southern White Rhinoceros)

Share on Facebook

Helde in natuurbewaring

In hierdie uitgawe wil ons graag ’n pluimpie gee aan verskeie instansies wat ure en energie spandeer om die natuurlewe te bewaar. Hulle passie en toewyding verdien erkenning. Besoek gerus die organisasies se Facebook-bladsye om te sien wat hulle so besig hou en waar en hoe jy betrokke kan raak.

Die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing is toegewy aan die beskerming van uile, maar sê nooit nee as ’n ander geveerde of vierpotige in nood is nie.
VulPro, die nie-winsgewende aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, streef daarna om ’n aasvoëlbewarings­program te hê wat bewustheid oor aasvoëls bevorder.
Nog ’n organisasie wat erkenning vir hul aandeel in natuurbewaring verdien, is die South African Wildlife Rehabilitation Centre (SAWRC). Hierdie rehabilitasiesentrum is gestig om na wees, siek en beseerde wild, wat selfs verkleurmannetjies insluit, om te sien.
Care for Wild Rhino Sanctuary is die wêreld se grootste weesrenoster-reservaat, wat spesialiseer in die redding, rehabilitasie en hervestiging in hul natuurlike habitat asook deurlopende beskerming van hierdie spesie.

Gelukkige eindes

’n Bobbejaan wat op die Lanseria-pad raakgery is, is in Oktober deur die Owl Rescue Centre gerehabiliteer. Die eienaars, Brendan en Danelle Murray, en ’n span weldoeners het verseker dat Mr Beans, soos hy gedoop is, vinnig gerehabiliteer is sodat hy weer by sy trop kon aansluit. Kliek op die skakel en kyk na hierdie suksesverhaal.


Care for Wild Rhino Sanctuary het vroeg in Oktober ’n drie weke oue renosterkalfie in ’n kritieke toestand opgeneem nadat hy deur hiënas aangeval en ernstig gewond is. Die kalfie was teen druktyd steeds in die intensiewe sorg­eenheid, waar die span 24 uur per dag sorg verskaf om hom te stabiliseer en sy beserings te behandel. Alhoewel daar ’n lang herstelpad voorlê, is die goeie nuus dat hy tans goed drink en ’n gesonde eetlus ontwikkel het.

Tags: Nov/Des 2024
Previous Post

Jóú greep op presisieboerdery

Next Post

Willem se Witdorpers kraai koning


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In