• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sat, May 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Zane Barnard, Junior grondkundige

13 May 2025
in Tegniek
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Foto: Tersia Drotsky

Share on Facebook

Deel 1

Daar word gereeld in die landbousektor beklemtoon dat grondchemie belangrik is om hoë opbrengste te produseer. Hoë-potensiaal gronde word egter nie slegs deur goeie chemie of die klei-inhoud daarvan bepaal nie. Die effektiewe gronddiepte speel net so ’n belangrike rol in hoë mielieopbrengste.

In die huidige ekonomiese klimaat val daar toenemend klem op die optimale benutting van die saaiprodusent se grond. Die mikpunt is dus om die hoogste opbrengs moontlik uit elke hektaar van die plaas te behaal. Vir optimale produksie is dit van kardinale belang dat die produsent moet verstaan wat in sy grond aangaan, asook wat die impak daarvan op die boerderypraktyke beteken.

Effektiewe gronddiepte word gedefinieer as die afstand vanaf die grondoppervlak tot by die grondlaag waar wortelgroei beperk word (Universiteit van Arizona, 1998). Dit kan gesien word as ’n reservoir vir jou gewas. Hierdie reservoir berg nie net voedingstowwe nie, maar ook die water wat vir optimale gewasgroei benodig word.

Hoe kleiner die reservoir, hoe vinniger gaan dit opvul en weer leeg raak. Die afleiding kan dus gemaak word dat vlak gronde dikwels in droër jare vinniger droog raak, maar ook in nat jare vinniger versuip.

In hierdie artikel word gekyk na ’n studie wat gedoen is om te bepaal presies wat die invloed van die effektiewe gronddiepte op die opbrengs van mielies is.

Studie

Coligny in Noordwes is as studiegebied gebruik. Dit is geleë in die koue semi-droë klimaatstreek (Schulze, 1994), met ’n gemiddelde reënval van 609 mm per jaar. Die gemiddelde somertemperatuur is 21,8°C, terwyl die gemiddelde wintertemperatuur 10°C is (SA Explorer, 2017).

Gronde in hierdie streek word geklassifiseer as rooi en geel, distrofiese of mesotrofiese apedale gronde met plintiese ondergronde, ’n bogrondse kleipersentasie van 15,1% tot 25% en ’n gemiddelde effektiewe diepte van 601 mm tot 900 mm (Land Type Survey Staff, 2002).

Die beraamde plantdigtheid gedurende die tydperk van dié studie was 16 000 plante per hektaar. Die studiegebied het oor twee lande gestrek, met ’n totale oppervlakte van 270 hektaar. Data wat vanaf die studiegebied ontvang is, strek oor ’n tydperk van tien jaar.

RESULTATE EN BESKRYWING

Coligny se studiegebied het ’n gemiddelde mielieopbrengs van 5 720 kg ha-1 behaal. Resultate wat in Figuur 1 vertoon word, volg die verwagte neiging, naamlik dat die vlak dieptegroep die laagste mediaan mielieopbrengs van 5 488 kg ha-1 behaal het.

  • Die vlak dieptegroep se mediaan mielieopbrengs was 232 kg ha-1 onder die gemiddelde mielieopbrengs en 254 kg ha-1 onder die matige dieptegroep se mediaan mielieopbrengs.
  • Die diep dieptegroep het ’n mediaan mielieopbrengs van 5 788 kg ha-1 behaal, 309 kg ha-1 onder die baie diep dieptegroep (6 097 kg ha-1), wat die hoogste mielieopbrengs behaal het (Figuur 1).

Hierdie waarneming met die toename in effektiewe diepte is verwag, aangesien daar na verwagting ’n toename in waterhouvermoë sal wees, wat vir meer plantbeskikbare water in die grond voorsiening sal maak en dus tot ’n hoër mielieopbrengs sal lei.

Figuur 1: ’n Boksdiagram van die effektiewe diepte se opbrengsgemiddeldes in die Coligny-studiegebied.

Die stabiliteit van mielieproduksie het nie dieselfde neiging as die behaalde gemiddelde mielieopbrengs gevolg nie.

  • Die matige dieptegroep het die hoogste stabiliteit in mielieopbrengste in beide die totale reeks (8 901 kg ha-1) en die interkwantiel reeks (2 862 kg ha-1) gelewer, terwyl die diep dieptegroep vierde geplaas is, met die totale reeksstabiliteit van 9 534 kg ha-1 en tweede in die inter­kwantiel reeksstabiliteit (2 987 kg ha-1).
  • Die baie diep dieptegroep het die tweede hoogste algehele stabiliteit getoon, met ’n totale reeks van 9 338 kg ha-1, wat 437 kg ha-1 onder die matige diep­tegroep was en ’n interkwantiel reeks van 3 034 kg ha-1, slegs 172 kg ha-1 onder die matige dieptegroep.
  • Die vlak dieptegroep het die onstabielste mielieopbrengste gelewer, met ’n totale reeks van 9 402 kg ha-1 en ’n interkwantiel reeks van 3 068 kg ha-1 (Figuur 1). Daar is verwag dat die vlak dieptegroep die onstabielste mielieopbrengs sou lewer, maar die matige dieptegroep wat die hoogste stabiliteit mielie-opbrengs gelewer het, was onverwags.

Hierdie verskynsel kan wees as gevolg van faktore wat nie tydens die studie in ag geneem is nie.

Figuur 1 illustreer die effektiewe diepte se opbrengs­ge­mid­deldes in die Coligny-studiegebied. Die rooi lyn verteenwoordig ’n gemiddelde mielieopbrengs van 5 720 kg ha-1 vir die Coligny-studiegebied, terwyl elke boksperseel die minimum, kwantiel 1, mediaan, kwantiel 3 en maksimum vir elke dieptegroep verteenwoordig.

Gevolgtrekking

  • Gegewe bogenoemde inligting, kan die gevolgtrekking gemaak word dat die effektiewe gronddiepte wel ’n betekenisvolle invloed het op die mielieopbrengs wat behaal word.
  • Verder kan die gevolgtrekking ook gemaak word dat daar met ’n toename in die effektiewe gronddiepte ook ’n toename in die mielieopbrengs sal wees.

Dit is egter belangrik om verdere ondersoek in te stel om te bepaal of die effektiewe gronddiepte van die gronde van ander studiegebiede dieselfde betekenisvolle uitwer­king het op die mielieopbrengs wat verkry word.

Bronnelys

  • Land Type Survey Staff, 2002. Land type survey of South Africa. ARC-ISCW, Pretoria
  • SA Explorer, 2017. Coligny Climate. http://www.saexplorer.co.za/south-africa/climate/Coligny_climate.asp
  • Schulze RR, 1994. Climate of South Africa. Part 8: General survey. Pretoria, Government Printer
  • University of Arizona Cooperative Extension, 1998. Arizona Master Gardener Manual: Chapter 2, Soils and fertilisers. Tucson, AZ. http://ag.arizona.edu/pubs/garden/mg/soils/index.html#index
Tags: Mei/Jun 2025
Previous Post

Maniere om die graanmark beter te verstaan

Next Post

Landbou vandag

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In