• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sat, May 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

13 May 2025
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Advies vir weiding in die wintermaande

Pieter le Roux, hoof-diere-en-weidingswetenskaplike by NWK, herinner veeprodusente dat spaarkampe, staandehooi, oesreste en die voerbank met die aanvang van die wintermaande ingespan moet word om ruvoer te voorsien. “Waar moontlik, moet spaarkampe eerste benut word.”

Hier is nog wenke vir wintervoeding:

  • Fokus op vleie indien beskikbaar, aangesien dit in die lente vinnig uitloop en weer vroeg in die somer weiding beskikbaar stel. Hierna kan oesreste en/of aangeplante weiding as staandehooi benut word en laastens kan die opgebergde voerbank gebruik word, indien nodig.
  • Diere met hoër voedingsbehoeftes – soos verse of koeie wat laat gekalf het en nog soog – kan vroeër op die staandehooi gaan en vroeër met kuilvoer gehelp word.
  • Besin deeglik wanneer die beskikbare bronne aangewend gaan word om genoeg goeie gehalte ruvoer regdeur die winter te kan voorsien.
  • Winterveld en staandehooi is laag in ruproteïen. Daar moet dus teen Mei (op die laatste) met proteïenaanvulling begin word vir diere wat hier wei. Hou egter die mis dop – wanneer dit begin droog en hard raak, moes aanvulling reeds begin het.
  • Tipiese winterlekke met ’n ruproteïeninhoud van 40% tot 45% kan teen ongeveer 450 g per bees per dag aangevul word. Onthou om diere altyd eers op ureumbevattende lekke aan te pas.
  • Maak ook seker dat lekbakbestuur korrek gedoen word en dat diere daagliks die korrekte hoeveelhede inneem.

La Niña gaan dalk voort

Die weerprofete voorspel ’n verandering vanaf ’n La Niña na neutraal, met die moontlikheid van óf ’n La Niña óf ’n El Niño die komende seisoen. “Dit wil dus lyk of ons die komende seisoen normale reënval vir Suid-Afrika gaan hê. Dit is egter nog baie vroeg om ’n akkurate voorspelling te maak en enigiets is nog moontlik,” sê Eric Louw, bestuurder: Presisieboerdery by AgTech@NWK.

Onkruidbeheer nou belangrik

Uitmuntende onkruidbeheer is nou van die uiterste belang om die laat herfs- en winterreën in die grond te bewaar. Begin deur winteronkruid betyds te beheer. Onthou dat oorgedraagde vog ’n groot bydrae lewer tot die nuwe seisoen se gewaspotensiaal en winteron­kruid, so benut dit met oorgawe. Oorhoofse bespuitings oor die ongestroopte gewasse is ’n goeie praktyk om winteronkruid te neutraliseer. In wye rye kan onkruid ook geskoffel word. Andersins moet dit direk ná strooptyd geskoffel word.

Die padda(s) wou gaan opsit in Noordwes

Volgens ’n berig van Landbouweekblad het groot getalle paddatjies hul verskyning gemaak in Noordwes ná die hoë reënval wat dié provinsie ontvang het. Veral baie klein donkergroen paddatjies wat ’n helder groen streep in die middel van hul lyfies het, was oral in waterpoele te sien.

Volgens dr Gerhard Verdoorn van CropLife SA is dit klein reusebrulpaddatjies. Daar kom twee tipes brulpaddas voor in Suid-Afrika – die reusebrulpadda (Pyxicephalus adspersus) en die Afrikabrulpadda (Pyxicephalus edulis). Die reusebrulpadda word ongeveer 76 mm lank, terwyl die Afrikabrulpadda maklik so groot soos ’n sopbord kan word (ongeveer 260 mm).

Wanneer dit weer droog raak, sal die paddas gate in die grond grou en hulself toeplak met modder om vir ’n jaar of drie te oorleef totdat dit weer genoeg reën om uit te kom.

AgTech@NWK maak boerdery só makliker

  • Evalueer grondbewerkingstelsel: Daar is nog ’n laaste kans om wortelstudies in profielgate uit te voer om te evalueer tot watter mate die plantwortels die bewerkingstelsel ervaar. Dit is ook die ideale tyd om die lande vir die voorkoms van verdigte sones te toets. Die presisie­span is gereed om verdigtings met ’n penetrometer te kom meet en om produ­sente oor die aangewese bewerkingsmetodes te adviseer.
  • Chemiese presisie: Dit is nou ’n baie goeie tyd om chemiese presisie op die gestroopte lande uit te voer. Dit gee produsente genoeg tyd om moontlike regstellings te doen. Die presisiespan kan hiermee help en is boonop agente vir Bastion-kalk, wat ’n wye keuse van kalksoorte bied sodat die produsent die regte hoeveelhede op die regte plekke in die landerye kan toedien.
  • Droë grondprofiele: Laat die ondergrondse vog in lande toets. Lande met geen ondergrondse vog nie moet eerder oorgelê word om vir die volgende seisoen op te gaar.

Raad vir veeprodusente

KALWERS

  • Kalwers wat van April tot Junie gespeen word, moet met Multimin en vitamien A ingespuit word. Inentings teen knopvelsiekte, Slenk­dalkoors, beesvirusdiarree (BVD), asook spons-, lam- en miltsiekte, moet gedoen word. Diere moet ook ontwurm word.
  • Verse wat nie op die ouderdom van vier tot agt maande met Stam 19 teen besmetlike misgeboorte ingeënt is nie, moet hul tweede dosis RB51 in Mei/Junie kry, op die ouderdom van 18 maande. Hulle moet ook teen BVD ingespuit, ontwurm en waar nodig vir lewerslak behandel word. Dit is ook belangrik om elke drie maande Multimin en vitamien A te gee.

SKAPE

  • Skape ouer as drie maande moet teen bloednier geënt word, veral waar beoog word om byvoorbeeld oesreste of groen aangeplante weidings in die winter te benut. Ent ongeveer twee weke voor beweiding op oesreste begin en volg op met ’n skraagdosis ses weke later.
  • Speenlammers moet die volgende inentings ontvang: Ensoötiese aborsie 1 en 2, bloednier 1 en 2, bloutong A, B en C, Slenkdalkoors 1 en 2. Doseer en herhaal sowat vier weke later.

Tags: Mei/Jun 2025
Previous Post

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In