• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Noordwes-produsente juig oor milde reënval

Unita Breytenbach, NWK Landboubestuursdienste

2 Nov 2020
in Tegniek
Noordwes-produsente juig oor milde reënval
Share on Facebook

’n Gemiddelde tot bogemiddelde reënval het tydens die 2019/2020-seisoen ’n groot verskil gemaak in NWK se bedieningsgebied.

Die 2019/2020-reënvalseisoen was in NWK se bedieningsgebied ’n seën vir almal. ’n Mens besef weer eens hoe diep afhanklik ons van die Skepper se genade is. Die seisoen het laterig afgeskop en die eerste goeie reëns het eers aan die begin van Desember 2019 begin val, met min reën tot einde April 2020.

2019/2020-reënvalseisoen

NOVEMBER 2019 TOT FEBRUARIE 2020

Figuur 1 dui die reënvalverspreiding vir die midseisoen – van November 2019 tot Februarie 2020 – aan. Die grootste gedeelte van die saaistreke het in dié tydperk reeds meer as 400 mm ontvang, wat die tafel vir ’n goeie oes gedek het. Die reënvalstasies in die Kalahari-bosveld is baie gebrekkig en die reënvalkaart is daar nie baie betroubaar nie.

REËNVAL GEDURENDE MAART 2020 TOT JUNIE 2020

In Maart en April 2020 het nog ’n verdere 150 mm tot 200 mm tot die goeie reënvalsyfer bygedra. Die gewasse het juis gedurende hierdie tyd hul saadvulstadium bereik, wat dié reën goud werd gemaak het.

In hierdie tydperk het die reën met koel en nat tydperke gepaardgegaan, wat ongelukkig baie bevorderlik vir Sclerotinia-kopvrot in sonneblom was. Wat ’n verrassing toe daar middel-Junie weer ’n klein bietjie reën geval het – al was dit net ’n laaste druppel in die emmer. Gelukkig het die ryp lank weggebly en is selfs ’n laaste paar hitteeenhede in Mei ontvang.

KUMULATIEWE REËNVAL VIR DIE 2019/2020-SEISOEN

Die kumulatiewe reënval vir die 2019/2020-seisoen kan in Figuur 2 gesien word. Bykans al dié reën het vanaf 6 Desember geval, met slegs ’n geringe hoeveelheid in November. NWK se saaigebied was besonder geseënd, met min plekke wat minder as 550 mm ontvang het. Die grootste gedeelte het tussen 550 mm en 700 mm reën ontvang, met gedeeltes wat tot 900 mm ontvang het.

Figuur 3 toon die reënval as persentasie van die gemiddeld aan. Die saaigebied het feitlik deurgaans minstens 90% van die gemiddeld ontvang, met oorwegend tussen 100% en 120%. Die Coligny-distrik het meer as 120% van die gemiddeld ontvang, met plekke wat tot 145% van die gemiddeld ontvang het. Hierdie prentjie dui aan hoe ’n goeie seisoen Noordwes werklik gehad het.

Verwagte reënval vir 2020/2021-seisoen

Die huidige voorspellings vir die Atlantiese Oseaan se see-oppervlaktemperature is dat dit sowat 1,2˚C koeler as normaalweg gaan wees. Dit dui op ’n La Niña vir die 2020/2021-somerseisoen. Dit word met ’n groter waarskynlikheid vir ’n gemiddelde tot bogemiddelde reënval gekorreleer.

Hiermee saam is die voorspelling vir die Indiese Oseaan se see-oppervlaktemperature ook koeler as normaalweg, wat die waarskynlikheid van die voorkoms en intensiteit van tropiese siklone verlaag. Dit is op sigself ook goeie nuus. Die weerprofete begin al selfs van ’n natter siklus praat. Die koue fronte het verder noord oor die land beweeg as wat verwag is, wat beteken dat die lentereëns na verwagting dalk skaars en laat gaan wees.

Samevatting

Die afgelope reënseisoen het wel met stampe en stote begin, maar dit het wonderlik geëindig. Die bogemiddelde oesopbrengste getuig ook hiervan. Die seetemperature, waarvan die klimaatindekse bereken word, hou ook goeie beloftes in.

As die reënvalkaarte in die gedrukte weergawe van Arena nie duidelik genoeg was, sal jy hier al die nodige inligting kan raaksien.

Figuur 1: Reënval vir November 2019 tot Februarie 2020.

Reënval vir November 2019 tot Februarie 2020

Figuur 2: Die kumulatiewe reënval vir die 2019/2020-seisoen.

Figuur 2: Die kumulatiewe reënval vir die 2019/2020-seisoen.

Figuur 3: Die 2019/2020-seisoen se reënval as persentasie van die gemiddeld.

Figuur 3: Die 2019/2020-seisoen se reënval as persentasie van die gemiddeld.

Bronnelys
USA National Weather Service. Climate Prediction Centre. Beskikbaar by: http://www.cpc.ncep.noaa.gov

Tags: Sept/Okt 2020
Previous Post

Roofvoëls wat met ’n arendsoog kyk

Next Post

Voëlnuus uit ons kontrei


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In