• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Groot skenking verbly klein harte

Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

19 Nov 2020
in Dinamiese vennoot
Groot skenking verbly klein harte

Zeldri Nel (middel) ontvang die skenking van Petra Seymore (koördineerder: Bemarking en Skakeling by die Departement Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie) en Johan Bezuidenhout van NWK.

Share on Facebook

Kersdag het vanjaar vroeg gekom vir die inwo­ners van die Abraham Kriel Kinder- en Jeugsorgsentrum in Potchefstroom toe NWK hulle met ’n skenking van klere, skoene en toiletware bederf het. Hierdie skenking is op 15 September aan dié kinderhuis, wat grootliks van ’n staatstoelaag afhanklik is, oorhandig.

NWK-personeel het op 31 Julie aan die jaarlikse Tekkie Tax deelgeneem en Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK, het dit goedgedink om dié inisiatief met ’n uitreik na die kinderhuis te kombineer. Personeel is gevra om klere en skoene wat hulle nie meer gebruik nie na die kantoor te bring, met die doel om dit aan Abraham Kriel te oorhandig.

Kinderharte verbly

“Kinders is vir my ’n teer saak. Hulle is ’n gawe van ons Skepper en die land se toekoms. Dit is volwassenes se plig om as hul mentors op te tree en hulle op die pad van die lewe te kry. NWK se sosiale verantwoordelikheidsprojekte fokus grotendeels op kinders en die jeug.

“Kinderhuise en die groot rol wat hulle speel om ’n veilige hawe vir kinders te skep, word dikwels misgekyk. ’n NG-predikant, ds Abraham Kriel, het al in 1880 dié visie gehad en hom in sy eerste gemeente, Dutoitspan in Kimberley, vir minderbevoorregtes beywer en ’n huis gekoop wat in ’n jeugtuiste omskep is.

“Abraham Kriel se kinderhuise is welbekend en hulle naam het eerste by my opgekom. Ons is ook reeds in sekere gebiede in Potchefstroom by graanprodusente betrokke,” het Johan verduidelik.

Die kinderhuis in Potchefstroom versorg kinders tussen die ouderdom van drie en 20 jaar en is veral bekend vir sy jaarlikse Liggiefees, wat tydens die feesseisoen duisende mense lok wat saans na die indrukwekkende liginstallasies kom kyk en na gewilde sangers kom luister. Weens die
COVID-19-pandemie en inperking is dié gebeurtenis, wat ook as ’n fondsinsameling dien, egter afgelas.

Projek word uitgebrei

Ná ’n behoeftebepaling het NWK ook 215 sakkies met toiletware vir die seuns en dogters saamgestel. Dit het onder andere tandepasta, ’n tandeborsel, deodo­rant, lyfroom, lipsalf, sjampoe, ’n waslap en toffies bevat.

Ria Conradie, eienaar van Lichtenburg Kantoormeubels, het ook klein sokkerballe geskenk, wat aan die kinderhuis oorhandig is.

Zeldri Nel, skakelbeampte van Abraham Kriel, het haar dank namens die kinderhuis teenoor NWK betuig. “Toiletware is baie duur en hierdie skenking maak werklik ’n noemens­waardige verskil.”

Tags: Nov/Des 2020
Previous Post

“Ek gaan nie toelaat dat daardie voorval my definieer nie”

Next Post

Oorweeg alle opsies vir jou kudde


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In