27 November tydens ‘n klein geselligheid by NWK se opleidingsentrum in Lichtenburg gehou.
Die tien werknemers wat vir diens van 35 jaar vereer is, is: Ansie Retief (Graanverhandeling), Piet Rautenbach (NWK Retail Koster), Amos Mabaso (Silo Ingenieursdienste) en Adri Jordaan (Ottosdal-silo).
Gert Coetzee (Finansiering), Stephan Rothman (Graanverhandeling), Amos Sefako (NWK Retail Mareetsane), Wonnie van Rooyen (NWK Retail Zeerust), Unita Breytenbach (Landboubestuursdienste) en Anél Meyer (Silodienste) is vir 25 jaar se diens by NWK erken.
Dennis Coetzee, groepbestuurder van Mensekapitaal by NWK, het die groep toegespreek. “Hierdie vat my terug na die eerste dag wat ek by NWK begin werk het. Jy word van die een kantoor na die ander geneem waar jy aan almal voorgestel word. Jy sien foto’s teen die mure van mense met vyf jaar, 30 jaar se diens en hoor boonop van mense wat al 40 jaar hier werk. Dan dink jy by jouself: Daar is so baie mense wat soveel jare diens het. Nou is ek self al amper 19 jaar by die maatskappy en wonder hoe het dit gebeur?
“Julle jarelange diens is bewonderenswaardig. Ek deel graag hierdie aanhaling: ‘Success isn’t always about greatness, it’s about consistency. Consistent, hard work leads to success’.”
Hy het benadruk dat ‘n organisasie net so sterk is soos sy mense. “Dit is prysenswaardig. Die voorbeeld wat julle stel, is iets waarna almal kan streef om te bereik. Ons is saam met julle trots op hierdie prestasie. Baie dankie vir jare se diens.”