• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

NWK Retail en Meganisasie steun bewusmaking oor plaasmoorde

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

6 May 2021
in Nuus
NWK Retail en Meganisasie steun bewusmaking oor plaasmoorde

Francois Pretorius, heelgoederebemarker van NWK Meganisasie by dr. André Hattingh voor die trekker en sleepwa waarmee hy 2 500 km aanpak.

Share on Facebook

“Hierdie land van ons kan nie sonder die kinders klaarkom nie en baie beslis nie sonder die produsente nie. Vat daai twee weg en ons het ‘n groot probleem.”

So gesels dr André Hattingh (59) wat tans besig is om man-alleen 2 500 km op ‘n trekker met ‘n sleepwa deur Suid-Afrika af te lê om bewusmaking oor plaasmoorde te kweek en om geld in te samel vir operasies op kinders.

NWK Retail en NWK Meganisasie het vandag (Donderdag) saam R10 000 aan dié liefdadigheidsrit, bekend as Op ‘n track tor, geskenk wat vir operasies op drie kinders aangewend sal word.

André het vanoggend vanuit Koster op Lichtenburg aangekom en ‘n blaaskans by ‘n vulstasie op Lichtenburg geneem voordat hy onderweg na Wolmaransstad vertrek het. NWK Arena het met hom oor sy uitmergelende reis gesels.

“Ek is styf op plekke wat ek nie geweet het ‘n mens kan styf word nie,” lag hy. “My dubbelken sit nou op my knieg.”

Hy het Sondagoggend vanuit Witrivier in Mpumalanga waar hy woon, vertrek. Hy ry teen ‘n slakkepas van sowat 30 km/h en het Dinsdag 250km afgelê. “Dis te ver. Ek was amper dood daai aand.”

Hy spot dat hy vir die mascots, oftewel poppies saam met hom in die kajuit van die trekker begin sing het, waarop een uit die venster gespring het. “So ek praat met myself en ek beduie…

“Vreeslik baie ouens groet my langs die pad. Hulle waai vir jou en skree vir jou: ‘go doc, go!’ As ek by elke tannie wat vir my melktert aanbied, moet eet, gaan ek 10 kg optel,” gesels hy verder.

André is die stigter van Pediatric Care Africa, wat hom beywer vir siek en weerlose kinders wat mediese sorg benodig. Fondsinsamelingsinisiatiewe vir dié nie-winsgewende organisasie is egter grootliks weens die COVID-19-pandemie en inperking in die wiele gery.

Hy het reeds ‘n geruime tyd aan dié liefdadigheidsrit beplan toe Anna-Marie Botha (64) en haar gestremde seun, Ruan (31) op 24 April wreed op ‘n plaas naby Mbombela (Nelspruit) vermoor is.

Dis tóé wat André besluit het om die rit boonop aan te wend om bewusmaking oor plaasmoorde te skep.

“Dit vat nie ‘n baie brawe ou om ‘n ou tannie en ‘n gestremde seun dood te slaan nie… En dis nie die eerste een nie. ‘n Kilo en ‘n half van my af… die prokureur is daar dood. So dit was nie die eerste een nie en dit gaan ook nie die laaste een wees nie.”

André het verwys na die moord op Gerrit Stander (38) wat in Oktober verlede jaar op ‘n kleinhoewe in die Plaston-omgewing naby Witrivier vermoor is.

“Ek ry nie vir die Suid-Afrikaners nie. Almal in Suid-Afrika weet daar is plaasmoorde. Ek ry vir die buiteland. Ons het ‘n kantoor in Holland. Ons wil publisiteit dáár kry.”

‘n Kennisgewing agter op die sleepwa lees: “Stop farm murders now! Pediatric Care Africa riding in support of 911 riders and their fight against farm attacks and murders.”

“Ons het dit op die mees prominente plek gesit – agter – waar almal dit kan sien. Die mense wat agter my ry, kan my nie net verby vat nie. Hulle móét daar lees.”

Hy was oorstelp toe Francois Pretorius, heelgoederebemarker by NWK Meganisasie, hom meedeel dat hulle R10 000 gaan skenk. Hy wys ywerig na drie foto’s van kinders op die ruit van die trekker, waarvoor die geld aangewend gaan word.

“Een van hulle is ‘n meisie van 16 jaar oud wat sonder ‘n verhemelte gebore is. Die ander seun is gebore met sy tong vas aan sy verhemelte wat met ‘n operasie geskei moet word. Hierdie seun het ‘n lelike fraktuur aan sy been opgedoen en die wond het septies geraak in die hospitaal. Hy benodig ook chirurgie.”

Pieter Coetzer, algemene bestuurder van kleinhandelwerksaamhede by NWK, het verduidelik dat produsente NWK se primêre bron van sake is. “Ons klante se belange en veiligheid is vir ons baie belangrik en ons het daarom nie gehuiwer om tot hierdie inisiatief by te dra nie. Die feit dat die rit boonop ten doel het om geld in te samel vir lewensveranderende chirurgie vir kinders, is ‘n bonus!”

André beoog om op 15 Mei weer in Witrivier aan te kom.

Tags: Mei/Jun 2021
Previous Post

Stap die pad saam met ‘n getroue landbouvennoot

Next Post

Laat presisieboerdery vir jou werk

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In