• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sun, Aug 10, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Creations@NWK tekenend van ʼn moderne aanslag en uitnemende diens

14 May 2021
in Nuus
Creations@NWK tekenend van ʼn moderne aanslag en uitnemende diens

NWK Drukkery staan voortaan bekend as Creations@NWK en spog met ‘n splinternuwe, moderne logo.

Share on Facebook

“Winde van vernuwing” het vandag deur NWK gewaai met die amptelike opening van Creations@NWK.

Voorheen bekend as NWK Drukkery of Copyshop, is Creations@NWK egter ʼn beter weerspieëling van NWK se innoverende aanslag om tred te hou by ʼn veranderende besigheidsomgewing.

“Hoewel dit in ʼn mate winde van verandering is, is dit eerder winde van vernuwing wat vandag deur die maatskappy waai,” het Theo Rabe, NWK se hoof- uitvoerende beampte, vandag se geleentheid beskryf.

Daar word ook nuwe masjiene, toegerus met die nuutste tegnologie en sagteware aangeskaf, “wat verder dui op ʼn vernuwing in ons onderneming,” het Theo bygevoeg.

Hoewel drukwerk nog ʼn groot deel van ondernemings en individue se kommunikasiebehoeftes uitmaak, is daar ʼn “groener” neiging om eerder digitaal te kommunikeer en Creations@NWK is tekenend hiervan.

Theo en Christelle du Plessis, bestuurder van Creations@NWK en Argief, het die nuwe naam amptelik onthul.

“Creations@NWK se bemarkingsdoelwit is direk gekoppel aan NWK se oorhoofse doelwit, naamlik om sy aandeel in die mark en sy sakebelange uit te brei,” het Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, gesê.

“In 2021 is ons steeds daarop gefokus om ons te belyn met NWK se visie en is Creations@NWK jou dinamiese vennoot in drukwerk en ontwerp,” het hy bygevoeg.

Veranderende tye

Dié diensdepartement is in 2012 tot ʼn winkel (Copyshop) uitgebrei wat eksterne kliënte ook bedien.

Om te pas by NWK se visie van om ʼn dinamiese vennoot in ʼn veranderende besigheidsomgewing te wees, is daar in November verlede jaar besluit om NWK Drukkery se naam te verander, omdat dié afdeling van NWK soveel meer as net drukwerk bied.

Die span van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK: Johan; Christelle; Nicolene Smalman (kommunikasiebeampte); Petra Seymore (koördineerder van bemarking en skakeling) en Bettie de Klerk (grafiese ontwerper) het in Februarie koppe bymekaar gesit en op die nuwe naam besluit.

Die nuwe naam moes Engels wees, omdat dit meer inklusief is. Die @ is verteenwoordigend van die digitale era. Een van die voorgestelde name was Creativeprints@NWK. Dit is egter langer en lomp en omdat creations, oftewel skeppings beide ontwerpe én drukwerk insluit, is daar besluit op Creations@NWK!

ʼn Logo word geskep

Bettie het hierna die reusetaak gehad om ʼn logo te ontwerp wat van Creations@NWK se moderne aanslag en puik diens sou getuig.

Daar word twee begrippe gebruik om na kleur in die ontwerp- en drukproses te verwys, naamlik RGB en CMYK. Rekenaarskerms werk in RGB (rooi, groen en blou), wat dan in die drukproses na CMYK omgeskakel moet word. Cyan (blou-groen), magenta (rooi-pers), geel en swart pigmente word as filters gebruik. In leketaal verduidelik, word die RGB-spektrum na CMYK omgeskakel.

Bettie het toe CMYK as kleure vir die logo ingespan en voorts by Bauhaus gaan kers opsteek vir die ontwerp. Bauhaus is ʼn kunsskool wat in 1919 deur die Duitse argitek, Walter Gropius gestig is. Die Bauhaus-begrip sou uiteindelik verander in die moderne kunsbeweging wat ons vandag ken. Dit is modern, met die fokus daarop om kuns in kontak te bring met die alledaagse lewe.

Die ikoon wat Bettie ingespan het, verwys na die uitnemendheid waarna die drukkery streef in die ontwerpe en drukwerk wat dit daagliks lewer. Toevallig is die tipografie of lettertipe waarop Bettie besluit het, Bauhaus MD.

Theo het voorts die span van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie geluk gewens met die besonderse konsep waarmee hulle vorendag gekom het.

“Die kreatiwiteit loop hoog en dit is aansteeklik. Baie dankie vir julle bydrae. Dit is funky, lewendig en skeppend en ek sien uit om te sien waarheen dit die maatskappy gaan neem.”

Christelle du Plessis (bestuurder van Creations@NWK en Argief) en Theo Rabe (uitvoerende hoof van NWK).

Theo Rabe, hoof- uitvoerende beampte van NWK, het sy handdruk op die nuwe logo van Creations@NWK verewig en ‘n boodskap van gelukwense geskryf.
Die span van Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking by NWK wat met die nuwe naam Creations@NWK vorendag gekom het: Bettie de Klerk (grafiese ontwerper), Christelle du Plessis (bestuurder van Creations@NWK en Argief), Johan Bezuidenhout (groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK); Petra Seymore (koördineerder van bemarking en skakeling) en Nicolene Smalman (kommunikasiebeampte).

Die onthullingsfunksie van NWK is hoofsaaklik deur personeel bygewoon wat kon weglê aan lekker eetgoed, in lyn met COVID-19-protokolle.
Tags: Mei/Jun 2021
Previous Post

April 2021: Agricultural economic report

Next Post

Hedendaagse heldin word spreekbuis vir geweldslagoffers


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In