• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Jou besluite kan ‘n verskil maak

22 Sep 2021
in Dinamiese vennoot
Vuurwapeneienaars word ontwapen
Share on Facebook

Ek is een van dié wat Ivermektien voorkomend teen COVID-19 deur middel van Ivomec geneem het. My besluit is gegrond op inligting in nuusberigte op betroubare webwerwe, waar dokters hulle vir dié middel beywer het. Weens my ouderdom kon ek in daardie stadium van die geveg nog glad nie in aanmerking kom om teen COVID-19 ingeënt te word nie, en daarom het ek besluit om my kanse met Ivermektien te waag.

Met die middel in pilvorm egter so skaars soos hoendertande, het ek een milliliter per 50 kg liggaamsgewig geneem, soos plaaslike kenners op WhatsApp-groepe aanbeveel het.

Op 21 Junie 2021 is ek positief vir COVID-19 getoets. Ivermektien het in my geval nié voorkomend gewerk nie. Ek was egter een van die gelukkiges – hoewel ek my smaak en reuk verloor het en dit tot vandag toe nog nie reg is nie, was my ergste simptome aanvanklik lyfseer en geringe sinus. Ek kon op dag 10 selfs weer begin oefen en het die volgende dag begin werk.

My dokter is nie oortuig dat die Ivermektien ’n rol in my spoedige herstel gespeel het nie en skryf dit eerder toe aan my fikse leefstyl. Ander mense is oortuig die middel (die vloeistof vir dieregebruik) was verantwoordelik vir hul herstel, terwyl ek hoor van ander COVID-lyers wat gesterf het, ten spyte daarvan dat hulle Ivermektien geneem het.

Sommige dokters waarsku intussen dat hulle toenemend lewer- en nierskade by pasiënte opmerk wat Ivermektien wel profilakties neem – en dat diegene wat Ivermektien neem, dink hulle is onaantasbaar en dan te laat hulp soek vir hul simptome. Ander medici sê weer dat dit te vroeg in die stryd is om Ivermek­tien as ondoeltreffend af te maak en dat meer studies hieroor nodig is.

Ek lees hoe die Britte hul lewens sonder inperkings hervat, danksy ’n groot aantal van die bevolking wat teen COVID-19 ingeënt is. Nuwe infeksies word nog aangemeld, maar die aantal hospitalisasies neem af.

Verheug oor die aankondiging dat diegene wat 35 jaar en ouer is óók teen COVID-19 ingeënt kan word, het ek my eerste Pfizer-dosis op 26 Julie ontvang. Buiten ’n seer arm, het ek geen newe-effekte ervaar nie. Bill Gates volg ook nie my bewegings deur middel van ’n mikroskyfie nie (nie waarvan ek weet nie).

Teen 2 Augustus 2021 was 7,7% van Suid-Afrikaners ten volle ingeënt. Dokters maan dat ’n vierde vlaag van die virus onvermydelik is, maar dat ’n toename in inentings die ontwikkeling van ’n nuwe variant, soos die hoogs aansteeklike Delta-variant wat tans heers, sal verhoed. Hulle merk ook reeds ’n verminderde opname van COVID-19-pasiënte in hoësorgeenhede op, wat hulle aan die toenemende inentings toeskryf.

Die sosiale media is ’n kragtige inligtingsmedium. Ek lees hier hoe Jan Alleman COVID-19-pasiënte afraai om die kortisoon en antibiotika wat hul dokters voorgeskryf het, te neem. Onmiddellik word die sosiale media gevaarlik en selfs dodelik, veral wanneer jy eerder steun op die raad van ’n oningeligte kwak wat nie eens jou mediese geskiedenis in ag geneem het nie.

Jou besluit om jou te laat inent of nié gaan ’n wesenlike invloed hê op hoe hierdie pandemie in Suid-Afrika gaan ontvou. Maak seker dat jou besluit geskoei is op inligting wat jy van betroubare bronne inwin, in oorleg met jou dokter en jou eie mediese oorwegings – nié op dit wat jy op Facebook lees nie.

Dis ’n nuwe terrein vir almal, medici ingesluit. Een ding is egter seker: COVID-19 ontsien niemand nie.

Tags: Sept/Okt 2021
Previous Post

August/September 2021: Agricultural economic report

Next Post

Laslappies in pragstukke omtower


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In