• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Moderne tegnologie gee landbou ’n hupstoot

Chris van Gerve, NWK Landboubestuursdienste

21 Sep 2021
in Tegniek
Moderne tegnologie gee landbou ’n hupstoot

FOTO 1: “Dick” is hard besig om onkruidbeheer toe te pas.

Share on Facebook

Nie net kan tegnologiese ontwikkeling produsente tyd en geld bespaar nie, dit help ook met die skep van volhoubare praktyke.

Tegnologie is die toekoms van landbou. Dit kan produsente se dagtake vergemaklik en rekordhouding verbeter. Tegnologie verander bykans daagliks, so daarom is dit goed om op hoogte van al die nuutste ontwikkelinge te bly.

Doen dit self

Elke boerdery sal eendag die spreekwoordelike “Tom, Dick en Harry” hê, wat die dagtake nie net op eie inisiatief sal voltooi nie, maar ook op ’n meer omgewingsvriendelike manier gaan uitvoer. Dit klink verregaande, maar die tegnologie om hierdie aksies uit te voer bestaan reeds.

  • Tom is ’n robot wat primêr die lande karteer en elke plant en onkruid op ’n kunsmatige intelligensiekaart stoor. Uit hierdie inligting kan oesskattings en ander boerderybeplanning maklik gedoen word.
  • Dick is ’n robot wat deur die lande beweeg en elke onkruid individueel met ’n elektriese stroom doodmaak. Dit is nie net heelwat meer omgewingsvriendelik as onkruiddoder nie, maar kan boerderye ook help om hulle organiese status makliker te bereik. Sien Foto 1 (Bron: www.agriland.ie).
  • Harry is ’n robot wat al die harde werk doen, soos plant, bemesting toedien en stroop. Met die hulp van die kaarte wat Tom genereer, kan mikrodosering per plant gedoen word, wat sal verseker dat elke plant op die plaas optimaal groei.

Groen trekkers

In hierdie konteks dui “groen” nie die trekker­vervaardiger se kleurkeuse aan nie, maar dat die motor deur meer omgewings­vriendelike metodes aangedryf word. Elektries aangedrewe trekkers en gifspuite is ’n alternatief vir die gebruik van diesel as brandstof. Behalwe vir die feit dat minder CO2 geproduseer word, is die klankbesoedeling ook aansien­lik minder.

Die multi-tool trac (Foto 2) is ’n trekker wat 100% elektries aangedrewe is en pasgemaak ekstra lank is. Dit kan implemente voor, in die middel en agter die trekker sleep om drie aksies gelyktydig uit te voer. Die wielwydte is ook elektries verstelbaar – tussen 2,25 m vir padgebruik en 3,25 m vir permanente spoorverkeerstelsels.

FOTO 2: Die multi-tool trac-trekker pas goed in by permanente spoorverkeerstelsels.
Bron: https://start-life.nl

Arduino edge control

Die arduino edge control-moederbord (Foto 3) sluit die wêreld van slimboerdery, presisieboer­dery en ander intelligensiestelsels oop deur alles op een geïntegreerde bord te huisves. Dié bord is met Bluetooth toegerus en sy vermoëns kan met die ander Arduino MKR-borde na 2G-, G-, CatM1- en NB-IoT-modems, LoRa®, Sigfox en Wi-Fi uitgebrei word.

FOTO 3: Die arduino edge control-moederbord is uiters geskik vir die landbou-omgewing.
Bron: https://blog.arduino.cc

Aangesien die bord ook oor sonkragvermoëns beskik, is dit uiters geskik vir die landbou-omge­wing. Verskeie sensors kan aan die bord gekoppel word om byvoorbeeld gewasinligting en toerusting se doeltreffendheid te monitor en inligting oor weerstoestande in te samel.

Bronnelys

Arduino Team, 2021. Sense the future of smart agriculture with Arduino Edge Control. https://blog.arduino.cc/2021/04/22/sense-the-future-of-smart-agriculture-with-arduino-edge-control/ [1 Julie 2021]
De Ruiter F, 2016. About ideals and dabbling in the mud. https://start-life.nl/ideals-dabbling-mud-founder-story-multi-tool-trac/ [1 Julie 2021]
Roberts J, 2021. ‘Per plant farming’ with Tom, Dick and Harry. https://www.agriland.ie/farming-news/per-plant-farming-with-tom-dick-and-harry/ [1 Julie 2021]

Tags: Sept/Okt 2021
Previous Post

Consider different options for surplus maize stock

Next Post

Produseer in harmonie met die natuur


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In