• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Raak só betrokke om aasvoëls te beskerm

17 Nov 2021
in Buitelewe
Raak só betrokke om aasvoëls te beskerm

’n Beseerde aasvoël is in Lichtenburg gevind, wat vir rehabilitasie na VulPro geneem is.

Share on Facebook


Op 4 September is die internasionale dag vir aasvoëlbewustheid gevier, en die voortbestaan en bewaring van aasvoëls was in die kollig. Daar is tans ses aasvoëlspesies in Suid-Afrika, waar die getalle afneem en baie van hulle bedreig word. Dit wek groot kommer onder natuurbewaarders.

Die Generaal de la Rey-tak (die SA Jagters-tak in Lichtenburg) bestuur al vir etlike jare ’n aktiewe aasvoëlrestaurant. Tydens voedingstye besoek tot 200 aasvoëls gelyktydig dié restaurant op die Lichtenburg-terrein. Behalwe om ’n veilige voedingsplek vir aasvoëls te bied, dien dit ook as ’n bewaringsopvoedingsentrum vir jeuggroepe en plaaslike gemeenskappe.

Hierdie vereniging het onlangs ’n inisiatief vir aasvoël-erfenisterreine gestig, wat die registrasie van grondeienaars benodig om só die bewaring van aasvoëls te ondersteun deur:

  • Teelplekke te beskerm.
  • Veilige voedings- en drinkplekke te verseker.
  • Voëls wat hul plase besoek, te monitor.

In ruil daarvoor sal SA Jagters ’n sertifikaat van erkenning aan grondeienaars gee vir hul deelname aan die projek. Belangstellende grondeienaars kan hul grond gratis as aasvoël-erfenisterreine by SA Jagters registreer. Die volgende is belangrik met die bewaring van aasvoëls:

  • Die beskerming van broeiplekke op die plaas.
  • Veilige voedings- en drinkplekke vir aasvoëls.
  • Hulp met die jaarlikse monitering van die voëls.
  • Dat geen aktiwiteit op die plaas ’n risiko vir aasvoëls inhou nie.
Aasvoëls wat vreet by die restaurant in Lichtenburg.

Klik op die link om meer te lees oor die bewaring van aasvoëls: https://www.nwkarena.co.za/2021/09/03/sa-hunters-initiates-vulture-conversation-projects/.

Toestelle omvorm in unieke uilhuise

Die Owl Rescue Centre is ’n nie-winsgewende maatskappy wat tien jaar gelede in die Hartbeespoort-omgewing deur Brendan en Danelle Murray as ’n rehabilitasiesentrum vir alle uilsoorte begin is. Bewaring van uile is vir hulle uiters belangrik.

Bewaringsbewustes word uitgenooi om ou huishoudelike toestelle soos wasmasjiene en tuimeldroërs te skenk, wat in uilhuise ver­ander word. Dit het beslis die publiek se aandag getrek, want nou wil Jan Alleman ook een van dié spesiale uilhuise in sy tuin hê. Die Murrays nooi dus almal uit om hul ou yskaste, stowe, wasmasjiene of tuimeldroërs te skenk. Kontak hulle gerus.

Twee voorbeelde van die uilsentrum se unieke uilhuise.

Tags: Nov/Des 2021
Previous Post

Keep our water resources clean

Next Post

Heuningbye speel ’n groot rol in biodiversiteit


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In