• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Delareyville Studiegroep doen bestekopname van afgelope jaar

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

22 Nov 2021
in Nuus
Delareyville Studiegroep doen bestekopname van afgelope jaar

Johan en Christo van Niekerk ontvang die prys van IP van der Merwe, een van die direkteure van NWK & IP Makelaars.

Share on Facebook

Lede van die Delareyville Studiegroep het in November tydens hul jaarafsluiting teruggekyk op ‘n baie suksesvolle landboujaar. Die 15 lede teenwoordig het op Saterdag, 13 November by Johan Schickerling se wildkamp naby Rostrataville nabetragting gehou.

Wenners aangewys

Die broers Christo en Johan van Niekerk van VNB Boerdery is as die algehele wenners aangekondig. Hulle plant droëland mielies, soja en sonneblom asook mielies, koring en sojabone onder besproeiing aan. Die boerdery het ook ‘n veekomponent, wat uit vleis- en melkbeeste asook skape bestaan.

Michael van Rooyen, bestuurder van Adviesdienste by NWK se Landboubestuursdienste en ook studieleier, het verduidelik dat nie net die totale hektare geproduseer en veevertakkings vir hierdie toekenning oorweeg word nie, maar ook die boerdery se totale inkomste, uitgawes en balansstaatinligting.

Attie Smook, wat droëland mielies, sonneblom en sojabone aanplant, boer ook met vleisbeeste en skape. Hy is as die graanwenner aangewys. “Al die graangewasse wat elke deelneende boer gedurende die produksiejaar aangeplant het, word per boerdery-eenheid in berekening gebring. Dit behels die graanvoorraad op hande, totale inkomste en direkte uitgawes,” het Michael gesê.

Magnus en René Theunissen is as die veewenners aangewys, deurdat die vleisbeesvertakking se totale inkomste, minus direkte uitgawes en groei in batewaarde, tot die beste randwaarde per produserende dier gelei het. Hulle plant ook mielies en sonneblom op droëlande aan.

Riaan en Andriëtte Brand wat boer met droëland mielies, sonneblom, grondbone en sojabone asook met vleisbeeste, skape en varke, se rekordhouding en administrasie tydens die data-opname was die beste en hulle was daarom die administratiewe wenners.

Dirk Laas van Laas en Seun Landgoed BK het die beste vordering getoon, deurdat hy finansieel die beste van die vorige na die huidige jaar gegroei het. Sy boerdery behels droëland mielies en sonneblom, en daarmee saam is daar ook vleisbees- en skaapvoerkraal vertakkings.

“Die studiegroep bied aan lede ‘n platform om bymekaar te leer. Almal is bereid om hulle suksesse en foute te deel. Die enigste subjektiewe beoordeling, is dié van die administratiewe wenner. Al die ander kategoriewenners word bepaal deur die deelnemers se finansiële data in ‘n model in te lees en só die onderskeie wenners te bepaal,” het Michael afgesluit.

Hoe die studiegroep werk

  • Die finansiële ontleding word vir ‘n spesifieke produksiejaar (September tot Augustus) gedoen, byvoorbeeld 1 September 2020 tot 31 Augustus 2021.
  • Elke deelnemer ontvang vooraf ‘n vraelys oor algemene plaasinligting, soos plaasgrootte, hektaaropdeling, reënval, boerderyvertakkings, opbrengste per hektaar, prys per ton vir gewasse ontvang, begin- en eindvoorraad van graan, veegetalle, speenpersentasies, arbeidgetalle, totale liter diesel vir boerdery gebruik, asook gedetailleerde finansiële inligting soos uitgawes per vertakking, vastekoste, en alle ander uitgawes. Hierdie inligting word dan tydens ‘n plaasbesoek ingesamel en later op kantoor verwerk.
  • Uit hierdie inligting word ‘n gedetailleerde balansstaat met verhoudingsgetalle, ‘n inkomstestaat en vertakkingsontledings opgestel.
  • Elke vertakking word in detail tot op R/ha en R/ton vlak ontleed, asook die vee – tot op R/GVE en R/dier vlak.
  • Nadat elke deelnemer se inligting verwerk is, word die studiegroep se inligting verwerk.
  • Die inligting word dan gebruik om die lesing vir die finansiële afsluiting voor te berei.
  • Tydens die aand van die afsluiting kry elke deelnemer sy persoonlike resultate, wat dan met die groep se resultate vergelyk kan word.
  • In die lesing word die groep se gemiddelde syfers bespreek en met vorige jare vergelyk, maar by die vertakkings word die deelnemers se inligting teenoor mekaar gemeet. Hier kan elke boer sy opbrengs, inkomste en uitgawes vir elke vertakking met medeboere vergelyk.
Tags: Nov/Des 2021
Previous Post

Vernuwing in landbou nou nodig

Next Post

November 2021: Agricultural economic report


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In