• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

18 Mar 2022
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei
Share on Facebook

Neem ’n uil aan

Een van die maniere waarop die Owl Rescue Centre in Hartbeespoort probeer om hul fondse aan te vul, is deur uile vir aanneming beskikbaar te stel. Die aannemingsfooi is R600 en die geld word gebruik vir die reddings- en rehabilitasiekoste. Alle aangenome pasiënte bly egter by die sentrum gedurende hul rehabilitasieproses totdat hulle weer in die natuur vrygelaat kan word. Stuur gerus ’n e-pos aan info@owlrescuecentre.org.za of besoek hul Facebook-blad vir meer inligting.

Komaan, vervoer ’n geveerde beseerde

Vrywilligers van die Owl Rescue Centre se koe­riergroep geniet dit om deel te wees van dié reddingspan. ’n Vrywilliger word een of twee keer per maand ingespan om ’n “pasiënt” iewers te gaan oplaai en na hul naaste diere-rehabilitasiesentrum of veearts te neem – of selfs na die Owl Rescue Centre.

Rudi Underhay van Dawn Wing-koeriers het een oggend om 03:00 by die sentrum opgedaag met ’n spesiale aflewering – twee pa­siën­te wat in die Schweizer-Reneke-omgewing gered is.

Ongeluksvoël binnekort weer op vrye voet

In Februarie het vrywilligers gehelp om ’n jong witrugaasvoël van Kuruman in die Noord-Kaap na VulPro, die aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omge­wing, te vervoer – ’n 15-uur lange rit. Dié pasiënt is deur ’n vragmotor raakgery en ’n ooggetuie het die voël gered. Hy is na ’n plek in Kathu geneem, waar hy vir ’n paar dae tuisgegaan het tot daar ’n geleentheid na VulPro gereël kon word. Volgens VulPro behoort die jong aasvoël vinnig te herstel. Hy kort net ’n bietjie liefde en die regte voeding voordat hy weer sy vlerke kan sprei.

Kupido tref raak by VulPro

In die vorige uitgawe het ons berig oor die Afrika-aasvoëls wat uit Amerika na VulPro, die aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, verhuis het. Die swartaasvoël, Kassie, het in Februarie besluit om vlerk te sleep by een van die jong mannetjies by VulPro. Dié toekomstige broei­paar gaan eersdaags na hul eie teelhok geskuif word.

Tags: MRT/APR 2022
Previous Post

Lekaanvullings help met ekonomiese oorwintering van veldbeeste

Next Post

Tydige identifisering van blaarsiektes voorkom oesverliese


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In