• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sun, Oct 5, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Skep optimale toestande vir koring

Bertus Nel, NWK Landboubestuursdienste

25 Jul 2022
in Tegniek
Skep optimale toestande vir koring
Share on Facebook

Die verwagte verhoging in die vraag na koring beklemtoon die belangrikheid om nuwe variëteite
te teel wat beter by die veranderende omgewingstoestande aangepas is én ’n hoër graanopbrengs lewer. Om te verseker dat die gewas ’n optimale kans het om ’n goeie opbrengs te lewer, is die bestuur daarvan uiters belangrik. Dit is daarom nodig om te verseker dat die plant die regte voedingstowwe en voldoende water ontvang.

Na verwagting sal koringproduksie teen 2050 met 50% moet toeneem om aan die wêreldvraag te voldoen. Verskeie faktore kan ’n bedreiging hiervoor inhou, waaronder peste, plantsiektes, waterskaarste en beperkte beskikbare grond, asook onstabiele weerstoestande soos droogtes en hitte.

Produksiefaktore

Die sukses van koringproduksie hang van die interaksie van verskeie produksiefaktore af. Dus speel faktore soos die grondbewerking en klimaat, asook siekte- en plaagbeheer, ’n belangrike rol. Volgens Kobus Lindeque, hoof van Syngenta Saad en direkteur van Sensako, berus suksesvolle koringverbouing by die beskikbaarheid van hoë­potensiaalkultivars.

’n Paar belangrike faktore moet egter in ag geneem word om optimale koringproduksie te realiseer. Dit sluit aspekte in soos die gebruik van ’n geskikte kultivar, die regte saaidigtheid, bemesting, voldoende water vir besproeiing, goeie onkruidbeheer en doeltreffende siekte- en plaagbeheer.

Wisselbou

Besproeiingskoring is ’n geskikte wisselbougewas saam met mielies en sojabone onder besproeiing. Dit kan help om die opbou van spesifieke onkruide, siektes en peste en plae in die grond te verminder.

Afhangend van die bewerkingsmetodes, kan dit ook op die lang duur ’n rol speel om die fisiese toestand van die grond te verbeter. Dit is belang­rik om die regte stappe te volg om optimale produksie en wins uit die koring te kry.

Die regte kultivar

Die klimaat, temperatuur en reënval is faktore waaroor koringprodusen­te nie beheer het nie. Produsente moet dus die produksie-omgewing bestuur deur kultivars met ’n hoë opbrengspotensiaal te kies en wat goed aangepas is by die omgewing, om sodoende by te dra tot winsgewendheid en verhoogde voedselproduksie.

Die wye reeks kultivars wat in die mark beskikbaar is, kan dit soms oorweldigend maak vir die produsent om die regte kultivar te kies wat die beste sal werk by sy omgewingstoestande, grond, boerderypraktyke en doelwitte.

Volgens dr Andre du Toit, koringteler van Pannar, moet die volgende belangrike faktore in gedagte gehou word wanneer daar op ’n kultivar besluit word:

  • Die aantal dae van plant tot blom.
  • Planthoogte tydens oes.
  • Staanvermoë.
  • Uitloopweerstand, asook weerstand teen siektes soos streep-, blaar-, stam- en witroes asook fusarium-aarskroei.

Versprei die blomtyd

’n Koringplant sal tipies begin blom vanaf die primêre aar, gevolg deur die sekondêre, tersiêre en opvolgende are. Die stoelvermoë van kultivars kan bydra om die blomtyd te verleng en derhalwe skade, soos ’n koue tydperk tydens blom, te verminder. Die rede hiervoor is dat dit slegs ’n gedeelte van die are beïnvloed en die sensitiwiteit van die are tydens verskillende ontwikkelingstadiums wissel. Skade kan dus wissel van slegs 10% tot 20% van die totale opbrengspotensiaal, en sodoende kan die produsent steeds ’n wins maak ten spyte van die ongunstige omgewingstoestande.

’n Ander manier om die blomtydperk te versprei, is om verskillende moderne koringkultivars met verskillende groeiseisoenlengtes aan te plant. Hierdie kultivars sal verskil ten opsigte van die aantal dae tot 50% blom en die blomtydperk sal dus verder verspreid wees, wat die risiko vir skade verminder.

Voldoende bemesting

Dit gebeur dikwels dat produsente hulle koring oorbemes om hoër opbrengste na te jaag. Volgens dr Du Toit is die hoeveelheid kunsmis nie die belangrikste om ’n groot opbrengs te behaal nie, maar eerder die verspreiding van die toegediende kunsmis oor die gewas se lewensduur.

In plaas daarvan om al die bemesting tydens plant te doen, behoort dit eerder oor verskeie toedienings versprei te word. Dit is veral belangrik om die stikstoftoedienings oor die groei­seisoen te versprei, aangesien stikstof nie net gedurende die vroeë groeistadiums belangrik is nie, maar ook om die graan se proteïeninhoud te verbeter.

Die koste van kunsmis is sodanig dat dit optimaal bestuur moet word en deeglike oorweging van die opbrengspotensiaal is nodig om ’n goeie bemestingsprogram saam te stel. Hiervoor is die gebruik van grondontledings op ’n gereelde en verteenwoordigende basis noodsaaklik. Die bemestings­program is dus belangrik om nie net ’n hoë opbrengs nie, maar ook goeie gehalte graan, te kan produseer.

Besproeiing

Besproeiings- en bemestingskoste is twee belangrike uitgawekomponente in koringproduksie en goeie bestuur hiervan is noodsaaklik. Tans is die koste van elektrisiteit van so ’n aard dat die produsent dit nie kan bekostig om meer water toe te dien as wat werklik nodig is nie.

Besproeiingskedulering kan optimale groei van die gewas verseker. Die gebruik van grondvogsensors, wat die grondwater op verskillende dieptes in die grondprofiel meet, kan moontlike tekorte in die grondprofiel tydig identifiseer en die skeduleringsprogram kan dan daarvolgens aangepas word.

Dit sal verseker dat die korrekte hoeveelheid water op die regte tydstip toegedien word. Te veel besproeiing sal nie net tot ’n verhoogde elektrisiteitsrekening lei nie, maar dit kan ook ’n verlies aan waardevolle voedingstowwe uit die grond weens loging tot gevolg hê.

Optimale produksie

Belangrike faktore om optimale produksie te verseker, is:

  • Ken die produksiegebied en die uitdagings wat daarmee verband hou.
  • Pas wisselbou toe om peste en siektes optimaal te bestuur.
  • Maak gebruik van grondontledings om wanbalanse reg te stel voordat die koring geplant word.
  • Gebruik besproeiingskedulering om te verseker dat die grond naby veldwaterkapasiteit bly en die plante nie droogtestremming of versuiptoestande ervaar, óf dat lo­ging van voedingstowwe veroorsaak word, nie. Dit sal ook voorkom dat water onnodig vermors word.
  • Koop gesertifiseerde saad van betroubare verskaffers wat geneties verseker is en tot ’n goeie ontkieming en plantstand sal lei.
  • Die plantdatum is belangrik en moet verband hou met die kultivar se groeilengte, asook die regte saaidigtheid en plantdiepte.
  • Hou ook die planterspoed in gedagte.
  • Dit is belangrik om deur die seisoen die groei en ontwikkeling van die koring dop te hou, om betyds aandag te gee aan enige probleme wat kan voorkom.
  • Staak besproeiing betyds voordat die afdroogtydperk van die graan begin. As riglyn moet meer as 50% van die stamme tussen die vlagblaar en die aar sigbaar geel vertoon.
  • Indien besproeiingskedulering gebruik word, sal die grond wat op veldkapasiteit gehandhaaf is nog genoeg vog hê om die oorblywende 50% van die gewas deur te dra totdat die afdroogtydperk bereik word. Volgehoue besproeiing gedurende hierdie stadium sal onnodig wees en dit kan selfs tot verlaagde graangehalte lei – asook ’n onnodige verhoging in uitgawes.
Foto: Rachel du Preez

Samevatting

’n Geskikte kultivar, ’n doeltreffende bemestingsprogram en optimale besproeiingskedulering sal baie daartoe bydra om koringverbouing suksesvol en winsgewend te maak. Dit sal optimale toestande skep om kultivars die kans te gee om hulle volle potensiaal te kan lewer en moontlik ’n optimale graanopbrengs te verseker.

Bronnelys

  • CIMMYT. Wheat research. https://www.cimmyt.org/work/wheat-research/ [19 Januarie 2022]
  • Farmer’s Weekly, 2019. Expert tips to get the most from irrigated wheat. https://www.farmersweekly.co.za/crops/field-crops/expert-tips-to-get-the-most-from-irrigated-wheat/ [25 Januarie 2022]
  • Fertasa, 2016. Fertiliser Handbook
  • Sensako, 2021. Sensako-besproeiingskoring presteer in die Noord-Kaap. https://sensako.co.za/NewsArticle.aspx?id=1076 [ 18 Februarie 2022]
  • Sensako, 2021. Koringproduksie in Suid-Afrika. https://sensako.co.za/NewsArticle.aspx?id=1077 [18 Februarie 2022]
Tags: Jul/Aug 2022
Previous Post

Bewaringsnuus uit ons kontrei

Next Post

Have compost ready quickly

Recommended

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

30 Sep 2025
NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

23 Sep 2025
Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

15 Sep 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

30 Sep 2025
NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

NWK se vlag wapper sterk by Ysterman

23 Sep 2025
Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

Ondervoorsitter tree met ’n geruste hart uit

15 Sep 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In