• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Silobestuurder pluk die vrugte van sy toewyding

19 Sep 2022
in Dinamiese vennoot
Silobestuurder pluk die vrugte van sy toewyding

Lavious Mere, bestuurder van Barberspan Silo.

Share on Facebook

“Ek doen waarvan ek hou en ek doen dit met my hart.” Só gesels Lavious Mere (40), silobestuurder van Barberspan Silo, wat danksy ’n bereidwilligheid om te leer en harde werk vinnig die leer in die graanbedryf by NWK geklim het.

Toewyding word raakgesien

Lavious het in Vermaas grootgeword en in 2013 gematrikuleer. In 2014 het hy by Opti Chicks in Boschpoort se produksie-aanleg as hokman begin werk. Hy het die volgende jaar weens moeilike werksomstandighede bedank en is terug na Vermaas. Hier het hy in 2015 as tydelike werker by die silo begin werk, waar Jacques van Wyk toe as silobestuurder werksaam was.

Jacques (vandag bestuurder van voorraad by Silodienste) het vinnig Lavious se potensiaal raakgesien. “Ek het nie gehuiwer om oortyd te werk nie,” glimlag Lavious. Hy is permanent as monsternemer in Vermaas aangestel en het in 2016 ’n kursus voltooi om as petroljoggie te werk. “Ek het die monsters geneem en as die produsente wou diesel ingooi, het ek eers gestop om hulle te help.”

Rachel van Wyk, toe werksaam as gradeerder by Vermaas se silo, het Lavious gewys hoe om brandstofverkope op die stelsel te enkodeer. Toe sy sien hoe vinnig hy leer, het sy hom sommer ook touwys gemaak in pompafsluiting en die balansering van verkope.

“Hy het dit baie vinnig baasgeraak en ons hande hier losgemaak. Ons het hom hierna geleer om die verskillende graansoorte te gradeer. Hy het onder ons toesig gegradeer en toe ook kursusse hierin voltooi,” sê Jacques.

Lavious kan mielies, sonneblom, sojaboon en koring gradeer. Jacques het begin om Lavious aan moeiliker take soos beroking bloot te stel en hy het dit ook vinnig gesnap. Lavious het ’n leerlingskap in graanhantering (NQF4) voltooi en skop eersdaags met NQ5 af.

“Ek het opgelet dat hy besonderse vaardighede het, asook ’n gawe om met kliënte te werk,” vervolg Jacques. “Hy is altyd bedagsaam en ek het hom stelselmatig geleer om ook fyn op te let na behoef­tebepaling. Hy was gretig om meer te leer en het gedurig daaroor uitgevra, dan sou ek leiding gee.”

Jacques en Rachel is in 2019 na Sannieshof verplaas. Lavious het in 2020 vir ’n pos as assistent-gradeerder hier aansoek gedoen en dit gekry. Hy vertel dat hy veral hier geleer het om met “kwaai boere” te werk.

In Desember 2020 het Lavious vir twee weke alleen as gra­deerder in Sannieshof gewerk en daar is besluit om vir hom ’n pos as gradeerder te skep.

Die regte pos vir hom

Intussen het Herna Nortman, bestuurder van ondersteuningsdienste by Silodienste, ook Lavious se toewyding raakgesien en hom aangemoedig om vir poste as silobestuurder aansoek te doen.

Daar was ’n pos by Nooitgedacht beskikbaar, maar daar was nie geskikte skole vir Lavious se kinders (15, 10 en 4 jaar oud) in die omgewing nie. Hy het intussen vier weke lank as silobestuurder in Geysdorp afgelos en in Februarie vanjaar aansoek gedoen vir die pos in Barberspan.

“Hulle het my 11:00 die oggend gebel en gesê ek moet 11:30 in Lichtenburg wees vir ’n onderhoud,” onthou hy. “Ek was baie bly toe ek hoor ek het die werk gekry.”

Dit is vir hom veral lekker om interaksie met die produsente en vragmotorbestuurders te hê. Hy leer nog baie in dié betreklike nuwe pos, maar sal graag verder in NWK se graanafdeling wil vorder.

Sy raad aan ander wat graag vinnig opgang wil maak, is “om te werk en nie te speel nie”. Hy sê dit is ook belangrik om te leer om met verskillende tipes mense te werk. “Beplanning help jou ook baie. Wat kan jy die volgende dag by die werk doen om dinge vir jouself makliker te maak?”

Laastens meen hy ’n mens moet aandagtig luister en ’n liefde vir leer hê. “Bekwaam jouself voortdurend deur verskillende kursusse te voltooi.”

Jacques sluit af: “Lavious is ’n fantastiese werker wat sy werk met nederigheid en dissipline aanpak.” Ook Herna sê: “Lavious doen alles met ’n glimlag en gee altyd sy beste. Hy is vriendelik en belangstellend en kom goed oor die weg met almal.”

Tags: Sept/Okt 2022
Previous Post

Wees genadig met jou medemens

Next Post

Vooruitsigte vir die nuwe seisoen lyk belowend


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In