• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Voorkom stam- en wortelvrot met goeie bestuur

Rachel du Preez, NWK Landboubestuursdienste

19 Sep 2022
in Tegniek
Voorkom stam- en wortelvrot met goeie bestuur

Fusarium-stamvrot by mielies.
Bron: Kness, 2020

Share on Facebook

DEEL 3

Plante sal deur die proses van fotosintese die nodige koolhidrate produseer. Wanneer iets gebeur wat die fotosintesever-moë van ’n plant beïnvloed en só ’n plant dus nie meer koolhidrate kan produseer nie, begin dit koolhidrate gebruik wat vroeër in die stam en wortels gestoor is. Hierdie aksie veroorsaak dat die plant se wortels en stam verlaagde weerstand teen infeksies het, en dit lei tot die voorkoms van wortel- en stamvrotte.

Vanjaar se oorvloedige reën het produsente met ’n groot graanopbrengs, groot mieliekoppe, swak wortels en ’n verlies aan stikstof (N) gelaat. Die hoë reënvaltoestande het veroorsaak dat siektes soos diplodia, fusarium, gibberella en aspergillus weer in die mielieproduksiegebiede van Noordwes kop uitgesteek het.

As gevolg van die verlies aan stikstof en groot koppe wat gevul moet word, het baie mieliestamme begin breek. ’n Belangrike aspek in hierdie proses is dat stamvrotte meestal stremmingsverwante siektes is (Foto 1).

Stamvrot-skade by mielies.
Bron: ProAgri, 2020

Enige gebeurtenis wat dus verhoed dat plante doeltreffend kan fotosinteer, sal die gewas onder strem­ming plaas en daartoe lei dat dit makliker vatbaar word vir infeksie deur ’n verskeidenheid opportunistiese patogene. Die rede hiervoor is dat die plant op die vul van die koppe gefokus is om só die voortbestaan van ’n nageslag te verseker.

Plante wat onderhewig is aan stamvrotte, het normaalweg ’n kenmerkende voorkoms wat lyk asof die plant oornag gevrek het. Die blare vertoon ’n vaal olyfgroen, bros voorkoms en die plant val om. Wanneer sulke plante oopgesny word, word ’n bruin tot pienk verkleuring in die stamme waargeneem. Sulke verkleurings sal gewoonlik by die onderste paar nodes sigbaar wees.

Diplodia-stamvrot by mielies.
Bron: The Andersons, 2015
Gibberella-stamvrot by mielies.
Bron: The Andersons, 2015

Stremming

Wanneer grondvrugbaarheid nie voldoen aan die plant se vereistes om doeltreffend te kan fotosinteer nie, kan dit veroorsaak dat plante in ’n stremmings­toestand inbeweeg. Navorsing het getoon dat ’n gebalanseerde beskikbaarheid van stikstof regdeur die seisoen die graad van stamvrot laat afneem.

Hoë vlakke van stikstof, gevolg deur ’n gebrek daaraan wat deur loging of denitrifisering veroorsaak word, kan egter die voorkoms van stamvrotte drasties laat toeneem. Aangesien kalium (K) ’n belangrike rol speel by die hele fotosinteseproses van plante, sal ’n gebrek daaraan tot ’n verlaagde fotosintesetempo lei.

Indien die plant se fotosintesetempo afneem, sal dit gedwing word om koolhidrate wat vir die vul van koppe benodig word van die stamme te verhaal. Die stamme en wortels verswak en daar word ’n geleentheid geskep vir plantpatogene om te infekteer.

Water is die volgende belangrike faktor wat tot stremming lei. Wanneer die beskikbare water afneem, veral gedurende blom, verhoog dit die kans dat stamvrot kan intree. Hoër as aanbevole plantdigthede, onvoldoende besproeiingskedules, droogte en hoë onkruiddruk wat in lande voorkom, kan daartoe lei dat plante vatbaar raak vir wortel- en staminfeksies.

Wanneer ’n mieliekultivar gekies word wat nie aangepas is vir die spesifieke omgewing waar dit geplant word nie, kan dit verder ook daartoe lei dat die gewas voortdurend onder stremming verkeer, omdat die plante probeer oorleef en saad produseer in ’n omgewing wat nie optimaal is nie.

Bestuur van stam- en wortelvrot

Wanneer stam- en wortelvrot in ’n land opgemerk word, is al wat ’n produsent kan doen om opbrengsverliese te verminder, om die besmette lande voortydig te oes. Die volgende bestuurspraktyke kan egter gebruik word om hierdie siektekompleks in die toekoms te voorkom:

  • Mieliekultivars met ’n goeie stamsterkte en weerstand teen blaarsiektes moet in die beplanning ingesluit word.
  • ’n Wisselboustelsel met peulgewasse of sonneblom sal die stoppels toelaat om af te breek, sonder om ’n gasheer te verskaf waarop die siektes kan oorleef, en sodoende word die inokulum verminder.
  • Praktyke wat plantstres verminder, sal ook help om die voorkoms van stam- en wortelvrot te verminder.
  • Gebruik ’n bewerkingstelsel om die plantmateriaal vooraf fyn in die grond in te werk.
  • Hou by die aanbevole plantdigtheid vir die spesifieke kultivar.
  • Die korrekte handhawing van die stikstof/kaliumbalans kan deur chemiese grondontledings en die korrekte kunsmisaanbevelings onderhou word.
  • Stam- en wortelvrotte kan die graangehalte negatief beïnvloed deur die produksie van mikotoksiene. As besmette graan nie vinnig tot ’n lae voginhoud gedroog word nie, kan die infeksie versprei. Dit is beter om nat graan te droog as om toe te laat dat die infeksievlakke vererger en die potensiaal vir mikotoksienkonsentrasie in die graan te verhoog. Droog besmette graan tot onder 15% vir korttermynberging en tot onder 13% vir langtermynberging (Pioneer, 2020).
  • Swamdoders vir die beheer van blaarsiektes kan voordelig wees om die stres op plante te verminder en sodoende die graad van stamvrot en uiteindelik omval te verminder.

Samevatting

Oor die algemeen ontstaan stam- en wortelvrot by mie­lies as gevolg van omgewingstoestande en is daar nie veel wat die produsent kan doen om dit te voorkom nie. Deur plantstremming sover moontlik te verhoed, kan die produsent die siekte tot ’n mate beheer. Goeie produksiepraktyke wat gewasstres minimaliseer en opbrengste optimaliseer, word aanbeveel om hierdie siektes te bestuur.

Soms sal produsente eers kort voor strooptyd agterkom dat daar fout is wanneer plante in kolle begin omval. Indien dit die geval is, teiken daardie land vir ’n vroeë oes om verliese te minimaliseer.

Bronnelys

  1. Kness A, 2020. Scout for ear and stalk rots in corn. http://blog.umd.edu/agronomynews/2020/09/17/scout-for-ear-and-stalk-rots-in-corn/ [26 Julie 2022]
  2. Pioneer, 2022. Fusarium stalk rot. https://www.pioneer.com/us/agronomy/fusarium_stalk_rot_cropfocus.html. [20 April 2022]
  3. ProAgri, 2020. Many reasons why mature maize stalks die and fall over. https://www.proagri.co.za/many-reasons-why-mature-maize-stalks-die-and-fall-over/?lang=en
    [26 Julie 2022]
  4. The Andersons, 2015. Stalk rots in corn. https://andersonscanada.com/2015/09/03/stalk-rots-corn/ [26 Julie 2022]
Tags: Sept/Okt 2022
Previous Post

’n Strategiese voervloeiplan lei tot sukses

Next Post

Landbou vandag


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In