• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Werknemers vereer vir dekades se diens

28 Nov 2022
in Dinamiese vennoot
Werknemers vereer vir dekades se diens

Voor v.l.n.r. Jacques van Wyk, Moltar Machava, Ishmael Baloyi, Jan Pule, Abram Kerebotswe en Joel Motshwanaesi. Agter is Francois Human, Paul Mofojane, Theo Rabe, Thabo Mosweu, William Tshongoye, Jolene du Toit en Lappies Labuschagne. Afwesig: Gert Dintwe.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

NWK het Vrydag (25 November) werknemers met 25 jaar en langer diens by die maatskappy tydens ‘n spesiale toekenningsgeleentheid vereer. Pieter Kleingeld, groephoof- finansiële beampte van NWK, het hulle sertifikate aan hulle oorhandig. Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte van die maatskappy, was ook daar om hulle geluk te wens.

Thabo Mosweu van NWK Meganisasie Koster is reeds 35 jaar lank in diens van NWK.

Thabo Mosweu ontvang sy toekenning van Pieter Kleingeld.

Twaalf ander werknemers is vir 25 jaar se diens erken. Hulle is Jolene du Toit (Finansiering), William Tshongoye (NWK Meganisasie Lichtenburg), Abram Kerebotswe (NWK Retail Koster), Francois Human (Retail), Ishmael Baloyi (Bodenstein silo), Moltar Machava (Bodenstein silo), Lappies Labuschagne (Ingenieursdienste), Gert Dintwe (Halfpad silo), Paul Mofojane (Nooitgedacht silo), Joel Motshwanaesi (Swartruggens silo), Jan Pule (Syferbult silo) en Jacques van Wyk (Silodienste).

Dennis Coetzee, groepbestuurder van Mensekapitaal by NWK, het hulle toegespreek. Hy het teruggedink aan toe hy 20 jaar gelede by NWK aangesluit het.

“Ek sou sertifikate van 10, 15 en 30 jaar diens in kollegas se kantore sien en dit eintlik intimiderend vind. Ek het gewonder hoekom hulle so lank by dieselfde plek werk, veral aangesien een van my dosente ons aangeraai het om elke drie jaar van werkgewer te verander. Vandag dink ek egter anders hieroor en het myself afgevra watter voordele lang diens vir ‘n maatskappy soos NWK inhou.”

Hy het verduidelik dat hierdie werknemers ‘n sterk grondslag van kennis het. “Hulle weet baie van die maatskappy se kultuur, produkte en dienste. Hulle het verskeie veranderinge binne die organisasie ervaar en verstaan wat werk en wat nié. Hierdie sterk fundamentele kennis het hoër produktiwiteit tot gevolg en lei tot minder foute.”

Dennis meen ook lang diens lei tot stabiliteit. “Dit skep ‘n betroubare werksomgewing en verbeter moraal en empatie binne ‘n span. In ekonomieë waar werksgeleenthede beperk is, is langtermyn werknemers tekenend van ‘n veilige werksomgewing.”

Werkers met jarelange diens bied ook ‘n ondersteuningstelsel van onskatbare waarde. “’n Nuwe werknemer moet opgelei word. Langtermyn werknemers is reeds deur hierdie proses en kan waardevolle ondersteuning aan hul nuwe kollegas bied. Dit is waarom goeie langtermyn werknemervoordele belangrik is om die omsetkoers van werkers te verminder.”

Werknemers wat reeds lank in ‘n maatskappy se diens is, het ook gevestigde, sterk en goeie klanteverhoudinge. “Hulle het reeds oor die jare ‘n verhouding met klante ontwikkel. Laasgenoemde het dus oor die jare op hierdie werknemers begin staatmaak om produkte en dienste te lewer.”

Tags: Nov/Des 2022
Previous Post

Knowledge has power

Next Post

Tussentydse finansiële resultate bekendgemaak


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In