• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jun 18, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Hennep: Gewas met hope potensiaal

Bertus Nel, NWK Landboubestuursdienste

17 Mar 2023
in Tegniek
Hennep: Gewas met hope potensiaal

Foto 1: Die hennepplant het ’n smal, rietagtige stam wat hol is, behalwe by die basis en punt. Die blomme is klein, met ’n groengeel kleur.
Bron: https://www.pexels.com/photo/person-holding-green-canabis-2178565/

Share on Facebook

Hennep is ’n gewas wat baie potensiaal vir plaaslike aanplantings toon. Dit hou ook geleenthede vir die ontwikkeling van voedsel-, kosmetiese, biogebaseerde en farmaseutiese bedrywe in. Indien dit reg bestuur word, kan dit suksesvol as ’n kontantgewas geproduseer word.

Hennep (hemp), Cannabis sativa L, wat ook industriële hennep genoem word, is ’n plant van die familie Cannabaceae, waarvan dagga (marijuana) ook deel is. Dit verskil egter van dagga omdat dit baie lae hoeveelhede (0,2 %) van die psigoaktiewe bestanddeel delta-9-tetrahydrocannabinol (THC) bevat en dus nie as ’n dwelmmiddel gebruik kan word nie. Dit is ’n veeldoelige gewas en veelsydig as roumateriaal vir verskeie tradisionele en industriële toepassings (Amaducci et al., 2015).

Cannabis is een van die wêreld se oudste gewasse wat deur mense verbou word en word hoofsaaklik vir vesel, saad, medisinale en narkotiese eienskap­pe geproduseer (Rightford, 2020). Die oorsprong van hennep is van Sentraal-Asië en die vroegste aanduidings van veselproduksie uit hennep dateer terug tot 2800BCE.

Die plant

Dit is ’n stewige, aromatiese en eenjarige kruidagtige plant met ’n regop groeiwyse. Die hennepplant het saamgestelde blare, wat ’n kenmer­kende palmvormige vorm het, met vyf tot sewe smal lansetvormige blaartjies (Foto 1).

Die plant word deur die wind bestuif en het ’n diep penwortelstelsel. Dit kan tot 9 m hoog word, maar onder verbouing word dit 2 m tot 4 m hoog (ARC, 2014). Hennep vorm deel van die pionierplantkategorie en kan daarom maklik aanpas en ’n nuwe gebied koloniseer.

Verbouing en verwerking

’n Spesiale permit wat deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) uitgereik word, is nodig om saad in te voer en die gewas aan te plant. Slegs gesertifiseerde saad met ’n lae THC-inhoud word toegelaat.

Die plantestand en spasiëring is belangrike faktore om te oorweeg wanneer die gewas verbou word, aangesien dit die groei, biomassaproduksie en veselopbrengs beïnvloed. Met ’n lae plantestand en wye ryspasiëring sal groot plante met baie sytakke gevorm word, wat baie saad produseer. Die groei van hierdie wyd gespasieerde plante is indrukwekkend, maar dit is nie ideaal vir veselproduksie nie omdat dit die gehalte en skeiding van die vesel beïnvloed (Foto 2).

Hennep word met die hand geplant en hoofsaaklik onder besproeiing verbou. Plantspasiëring wissel afhangend van die kultivar en doel waarvoor dit aangeplant word, en kan van een tot 250 plante per vierkante meter wees.

Volgens García-Tejero et al. (2014) is die optimale plantestand vir:

  • Cannabinoïde-produksie tien tot 20 plante per vierkante meter.
  • Saadproduksie 30 tot 40 plante.
  • Veselproduksie 50 tot 75 plante per vierkante meter.

Die studie is relevant tot Suid-Afrika, aangesien dit in ’n Mediterreense klimaat uitgevoer is wat ook semi-droog, soos ’n groot gedeelte van Suid-Afrika, is.

Foto 2: Só lyk ’n hennepland waar wye ryspasiëring toegepas is.
Bron: https://www.pexels.com/photo/marijuana-plantation-in-tilt-shift-lens-8658553/

Grondvereistes

Goed gedreineerde leemgrond met ’n pH van tussen 6 en 7,5, asook ten minste 3,5% organiese materiaal, word aanbeveel vir optimale produksie. Indien die grond baie sanderig is, is voldoende besproeiing nodig en moet die bemestings­peile aangepas word.

Die hennepplant stel groot vereistes aan die grond en het ’n diep penwortelstelsel, met bywortels wat hoofsaaklik voe­dingstowwe, suurstof en water opneem. Vir volhoubare produksie word 130 kg/ha stikstof (N), 50 kg/ha tot 80 kg/ha fosfaat (P) en 40 kg/ha tot 90 kg/ha kalium (K) aanbeveel. Die plant verkies grond wat diep en goed deurlug is.

Klimaatvereistes

’n Gematigde klimaat met ’n jaarlikse reënval van 500 mm tot 700 mm lewer die beste groei. Gedurende die vege­tatiewe groeiseisoen word 250 mm tot 300 mm water benodig vir optimale produksie. Vogbestuur is belangrik vir optimale produksie en is veral gedurende die eerste ses weke noodsaaklik vir goeie vestiging.

Hennep is dagligsensitief en ’n verkorte dagliglengte sal vroeë blom in die plant induseer. ’n Dagliglengte van 14 tot 16 ure word gedurende die groeiseisoen aanbeveel vir optimale produksie. Die plantdatum is dus baie belangrik om optimale vegetatiewe groei te bewerkstellig. Die gewas is ongeveer 120 dae ná plant reg om geoes te word.

Produkte en gebruike

Daar is hoofsaaklik drie kommoditeite wat deur hennep geproduseer word, naamlik:

  • Plantvesel (Foto 3), wat gebruik word vir tou, seile, kledingstukke, skoene, doekmateriaal, papier, bioplastiek en ander industriële gebruike.
  • Cannabinoïde.
  • Saad.
Foto 3: ’n Paar hennepprodukte.
Bron: https://www.pexels.com/photo/hemp-washcloth-and-cotton-pads-in-braided-jute-basket-beside-wooden-brush-6634680/

Die cannabinoïdes het ’n psigostimulerende uitwerking op die menslike verstand en word daarom vir spirituele, mediese en ontspanningsdoeleindes gebruik, terwyl die saad tradisioneel vir die voedingsryke olie aangewend word.

Hennepsaad is onlangs as ’n supervoedsel erken, aangesien dit ’n wye reeks skaars voedingstowwe bevat en antikanker, anti-inflammatoriese en antitrombotiese eienskappe het. Die saad bevat 20% tot 25% proteïen, dieetvesel, ’n olie-inhoud van 25% tot 35%, asook vitamiene A, B1, B6, B12, C, D en E.

Nadat die olie van die saad onttrek is, kan die oorblywende oliekoek vir veevoer aangewend word. Die olie is ryk aan cannabidiol (CBD), wat vir ’n wye reeks medisinale doeleindes aangewend word. Daar word ook verf, vernis en seep van dié olie gemaak.

Hennep kan gebruik word vir fitoremediëringsdoeleindes aangesien dit ’n kadmium (Cd)-verdraagsame gewas is. Gronde wat deur swaarmetale gekontamineer is, kan dus deur ’n volhoubare hulpbron gedekontamineer word (Ludvíková en Griga, 2019).

Die kort groeiseisoen, asook lae voorkoms van peste en siektes, kan hennep ’n geskikte alternatief vir die roumateriaal van plastiekprodukte maak, asook ’n plaasvervanger vir tradisionele beton (Rightford, 2020).

Daar word twee tipes vesel geproduseer: ’n Fyn vesel vir die produksie van papier en materiaal en ’n growwe, houtagtige vesel om boumateriale te vervaardig. Produkte wat van hennep vervaardig word, sluit in boumateriale soos hennep-beton en hennep-veselborde. Kaapstad is die tuiste van die hoogste gebou in die wêreld wat met hennep-betonblokke en hennep-boumateriale vervaardig is.

Bronnelys

  • Amaducci S, Scordia D, Liu FH, Zhang Q, Guo H, Testa G and Cosentino SL, 2015. Key cultivation techniques for hemp in Europe and China, industrial crops and products, 68, pp.2-16, doi: 10.1016/j.indcrop.2014.06.041
  • ARC, 2014. Hemp. https://www.arc.agric.za/arc-iic/Pages/Hemp.aspx [22 Desember 2022]
  • Brittanica, 2022. Hemp. https://www.britannica.com/plant/hemp [6 Januarie 2023]
  • Farmer’s Weekly, 2022. Growing hemp: SA takes a step closer to commercial cultivation. https://www.farmersweekly.co.za/agri-business/agribusinesses/growing-hemp-sa-takes-a-step-closer-to-commercial-cultivation/ [13 Januarie 2023]
  • García-Tejero IF et al., 2014. Impact of plant density and irrigation on yield of hemp (Cannabis sativa L.) in a Mediterranean semi-arid environment, Journal of Agricultural Science and Technology, 16(4), pp.887-895
  • Ludvíková M and Griga M, 2019. Transgenic fibre crops for phytoremediation of metals and metalloids, transgenic plant technology for remediation of toxic metals and metalloids, pp.529-544
  • Rightford BWB, 2020. Exploring hemp farming as a sustainable agriculture in South Africa, using a social-ecological systems approach. Masters Thesis, Faculty of Economic and Management Sciences, Stellenbosch University
Tags: MRT/APR 2023
Previous Post

Scout your fields for fungal diseases

Next Post

Boer in simbiose met ander én die natuur


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In