• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Dít beïnvloed kunsmispryse

Anche Suurd, NWK Finansiering

18 May 2023
in Tegniek
Dít beïnvloed kunsmispryse
Share on Facebook

Baie produsente het met hul hande in hul hare gesit oor hoe hulle ondanks die stygende kunsmispryse steeds optimaal kan bemes. Die antwoord is natuurlik nie om minder te bemes nie – veral nie met die afgelope twee jaar se goeie opbrengste, wat redelik baie kunsmis uit die grond onttrek het, nie.

Die einde van 2021 was die begin van ingrypende insetprysstygings, veral dié van kunsmis. Gelukkig het hoë kommoditeitspryse die uitwerking van die prysstygings op winsmarges effens verlig.

Waarom het die kunsmispryse gestyg?

  • Natuurlike gas se pryse was reeds voor die Russiese oorlog teen Oekraïne ongebalanseerd. Europa en die Verenigde State van Amerika (VSA) het ’n baie koue winter in 2021 beleef, en die natuurlike gasmarkte het vinniger as verwag herstel ná die Covid-19-pandemie. Rusland, wat gewoonlik een derde van Europa se gas verskaf het, het sy uitvoere na Europa teen middel 2021 verminder. Dit alles het tot hoër natuurlike gaspryse gelei. Die stygende pryse van natuurlike gas het gelei tot die dalende produksie van ammoniak – ’n belangrike inset vir stikstofgebaseerde kunsmisstowwe.
  • Stygende pryse van steenkool in China, wat ’n belangrike grondstof vir ammoniakproduksie is, het kunsmisfabrieke ook gedwing om hul produksie te verminder, wat tot die styging in ureumpryse bygedra het.
  • Hoër pryse van ammoniak en swael het ook die fosfaatpryse laat styg.
  • Hiermee saam het China die uitvoere van kunsmis opgeskort om binnelandse beskikbaarheid te verseker.
  • Die prys van spesifiek ureum het verder gestyg weens die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, aangesien Rusland vir ongeveer 16% van die wêreld se ureum-uitvoere verantwoordelik is.

Laer kunsmispryse

Ten tyde van die skryf van hierdie artikel het die kunsmispryse weens die volgende redes gedaal:

  • Wintertemperature in die VSA en Europa was in 2022 warmer as gewoonlik, wat tot ’n verlaagde vraag na natuurlike gas gelei het. Dít, asook die verhoogde produksie van natuurlike gas, het die pryse laat daal. In Desember 2022 het die Europese Unie ’n prysbeperking op energiekoste geplaas om verbruikers te beskerm.
  • Die dalende pryse van natuurlike gas en mielies het tot dalende kunsmis­pryse gelei. Watervrye ammoniakpryse hou fundamenteel verband met die mielie- en natuurlike gaspryse. Vanaf 2008 tot 2023 het maandelikse watervrye ammoniak- en mieliepryse ’n korrelasie-koëffisiënt van 0,75 gehad, en water­vrye ammoniak- en natuurlike gaspryse ’n korrelasie-koëffisiënt van 0,64.
  • Die korrelasie-koëffisiënt is ’n aanduiding wat die neiging van twee ver­an­derlikes meet om ’n lineêre verband tussen mekaar te vind.

Die pad vorentoe

Die VSA verwag dat die aangeplante oppervlak tussen 2022 en 2023 met 4% gaan verhoog, met hoofsaaklik mielies wat aangeplant word. Wisselbou tussen sojabone en mielies word toegepas in ’n po­ging om grondgesondheid te handhaaf.

In 2022 het Amerikaanse produsente baie sojabone geplant as gevolg van die hoë kunsmispryse. Noudat die kunsmispryse daal, kan produsente weer na mielies terugkeer. Mielies lewer ook meer betroubare opbrengste as sojabone.

Amerikaanse kunsmispryse is steeds hoër as die afgelope tien jaar se gemiddeld, maar 40% laer as verlede jaar hierdie tyd. Indien meer mie­lies geplant gaan word, gaan die vraag na kuns­mis styg, wat deur ’n styging in die kunsmispryse gevolg sal word. Brasilië beplan ook om 11% meer mie­lies te produseer, wat bykomende druk op die kunsmisprys sal uitoefen.

Samevatting

Kunsmispryse is tans stabiel, maar broos. Groot prysdalings word nie verwag nie en die pryse sal waarskynlik steeds hoër wees as voriges, wat aanplantings onder finansiële druk sal hou.

Dit is belangrik om deurentyd die ekonomiese markte dop te hou om te probeer vasstel wat die kunsmispryse beïnvloed en besluite dan daarvolgens te neem. Die kans op ’n styging in die kunsmispryse is groter as dié van ’n daling en kan deur enige ontwrigting in die mark veroorsaak word – van toenemende wêreldspanning tot voorsieningskettings wat ontwrig word.

Bronnelys

  • Cooban A, 2023. Europe’s natural gas prices fall to 18-month low. https://edition.cnn.com/2023/02/17/energy/europe-gas-price-18-month-low/index.html [6 Maart 2023]
  • Mick Dehlinger K, 2023. Brazil corn exports to surge in 2023. https://www.dtnpf.com/agriculture/web/ag/news/business-inputs/article/2023/02/15/brazil-poised-become-worlds-largest [7 Maart 2023]
  • Pescatori A and Stuermer M, 2022. From abundance to thirst. https://www.imf.org/en/Publications/fandd/issues/2022/12/from-abundance-to-thirst-Pescatori-Stuermer [3 Maart 2023]
  • Quinn R, 2023. DTN retail fertiliser trends. https://www.dtnpf.com/agriculture/web/ag/crops/article/2023/02/08/uan-fertilizers-lead-prices-lower [3 Maart 2023]
  • Schnitkey G, Paulson N and Balz J, 2023. Fertiliser prices and company profits going into spring 2023. https://farmdocdaily.illinois.edu/2023/02/fertilizer-prices-and-company-profits-going-into-spring-2023.html#:~:text=Increases%20in%20these%20companies’%20profits,led%20to%20higher%20fertilizer%20prices [3 Maart 2023]
  • Trading Economics, 2023. https://tradingeconomics.com/commodity/urea [3 Maart 2023]
  • Weinraus M, 2023. US farmers plan to go big on maize planting. https://www.businesslive.co.za/bd/world/americas/2023-02-06-us-farmers-plan-to-go-big-on-maize-planting/
    #:~:text=Growers%20eye%20lower%20prices%20of%20fertiliser%20and%20hope%20for%20a%20bumper%20crop&text=Chicago%20%E2%80%94%20US%20farmers%20are%20planning,supplies%20near%20a%20decade%20low [7 Maart 2023]
Tags: Mei/Jun 2023
Previous Post

Presisieboerdery verminder risiko’s vir produsente

Next Post

Grondsuurheid se impak op gewasproduksie


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In