• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Nuwe boerdery-toep maak opslae

Leon Stoltz, ontwikkelaar van NWK Online

17 Jul 2023
in Dinamiese vennoot
Nuwe boerdery-toep maak opslae

Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder van NWK, het met lede van Landbouskrywers SA oor die toepassing
gesels tydens ‘n mediatoer in Junie.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die nuwe NWK Online is op 21 Junie amptelik bekendgestel en spog met opwindende nuwe funksionaliteite waarsonder die moderne produsent eenvoudig nie kan klaarkom nie.

In die volgende paar uitgawes van NWK Arena gaan die onderskeie funksionaliteite bespreek word en die gebruiker ingelig word oor hoe om die toep optimaal te gebruik.

Kitsinligting op jou vingerpunte

Sodra die gebruiker aanteken, sal hy/sy begroet word deur ’n paneelbord met kitsinligting.

Hierdie kitsinligting sluit onder andere die volgende in:

  • Die huidige maand se lopende saldo (spandering).
  • Die beskikbare krediet vir die oorblywende deel van die maand.
  • Die mees onlangse transaksies.
  • Totale graan gelewer (per gewas) vir die huidige seisoen.
  • Markpryse, wat wisselkoerse en Safex-pryse insluit.

Aangesien die landingsblad baie verander het, wonder gebruikers dikwels waar die res van die funksionaliteite nou heen “verdwyn” het.

Deur eenvoudig op die “Spyskaart”-ikoon te kliek, word die res van die opsies beskikbaar.

Die volgende opsies kan onder “Rekening” gevind word:

  • Klantbesonderhede.
  • Debietkaarte.
  • Lojaliteitspunte.
  • Saldo’s en limiete.
  • Rekeningstaat, asook NWK-transaksies.

Alle transaksies wat met NWK aangegaan is, hetsy kontant of op rekening, kan onder die “NWK transaksies”-opsie gevind word. Deur die maand van jou keuse te kies, kan die besonderhede van daardie maand se transaksies afgelaai of op die skerm vertoon word. Alle items wat per transaksie aangekoop is, kan in detail gesien (gemonitor) word en duplikaat-fakture kan hier gedruk word.

Onder die hofie “Rekeningstate” is rekeningstate vir die afgelope 18 maande beskikbaar.

Boekhouers sal breed glimlag oor die volgende: Afgelaaide transaksies kan outomaties na Microsoft se Excel-pakket oorgedra word of na enige ander boekhoudingspakket van jou keuse, byvoorbeeld Pastel of Simfini.

Toegang vir derdepartye

NWK bied aan sy klante die geleentheid dat hulle self toegang kan verskaf aan ’n derdeparty, soos ’n boekhouer of plaasvoorman. Die klant het boonop die keuse om binne die NWK Online-toep self te besluit watter inligting hierdie derdeparty mag sien.

’n Boekhouer sal tipies toegang benodig om ’n klant se transaksies af te laai en rekeningstate te kan trek, terwyl ’n plaasbestuurder moontlik die graanlewerings en gradering van graan moet kan monitor.

HOE STEL EK MY BOEKHOUER IN STAAT OM MY INLIGTING SELF AF TE LAAI?

  • Laat jou rekenmeester self registreer as ’n “boekhouer” op NWK Online.
  • Die eerste skerm wat ’n rekenmeester sien nadat daar aangeteken is, laat hom/haar toe om rekeningnommers aan sy/haar profiel te koppel.
  • Ná hierdie koppeling word ’n versoek aan jou as klant gestuur, waarna jy self moet aanteken om hierdie koppeling goed te keur.

Indien jy nie self gebruik maak van NWK Online nie, maar jy wil steeds toegang aan jou boekhouer verleen, is daar ’n vorm op NWK Online wat jou boekhouer kan aflaai. Albei partye onderteken die vorm en stuur dit aan NWK se Finansieringsdepartement.

Koppeling met ander rekenings

Hoe koppel ek al my ander rekenings met my nwk online-profiel as ek meer as een rekening het?
Weens die POPI- en PAIA-wetgewing mag klante nie meer self rekenings aan hulle profiele koppel en NWK dit net goedkeur nie. Voortaan registreer jy bloot met jou hoofrekeningnommer en die ander NWK-rekenings wat aan jou as individu gekoppel is, word outomaties na NWK Online oorgedra. Gebruikers kan deur die opsie “Kies ander rekening” op die spyskaart tussen rekenings oorskakel.

Lees meer en registreer

Vir meer inligting oor hoe om te registreer of hoe om ’n NWK-debietkaart te aktiveer, besoek gerus die webwerf https://online.nwk.co.za/handleiding of klik op die QR-kode.

Tags: Jul/Aug 2023
Previous Post

Jongboer ryg tweede keer dié prys in

Next Post

July 2023: Agricultural economic report


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In