• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Aug 11, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Aalwurms hok geslaan met chemiese beheer

Rinus de Bruin, AgTech@NWK

20 Sep 2023
in Tegniek
Aalwurms hok geslaan met chemiese beheer

Aalwurmbeheer is noodsaaklik vir verbeterde plant-, grond- en wortelgesondheid.
(Bron: George H, 2021)

Share on Facebook

Chemiese beheer is vandag nog die primêre metode waarmee produsente aalwurms beheer, omrede die ander strategiese metodes nie altyd moontlik is nie. Dit behoort deel te vorm van ’n geïntegreerde plan vir plaagbeheer.

Die chemiese beheer van aalwurms het al in die vroeë 1920‘s begin en het meer aandag geniet vanaf 1950 tot 1970 (Desaeger et al., 2020). Dit het wel later verander toe die negatiewe uitwerking van chemiese middels begin kop uitsteek het. Hiermee saam moes die bedryf ’n reeks voorvereistes opstel om die omgewing en die mens teen skadelike stowwe te beskerm. Die Enviromental Protection Agency (EPA) is gevolglik gestig om hierdie voorvereistes op te stel en te reguleer.

Die ontwikkeling van chemiese middels om aalwurm te beheer was nog in sy kinderskoene en omdat daar nie enige oplossings vir die beheer van aalwurms was wat aan die nuwe regulasies voldoen het nie, is die ouer aalwurmbeheermiddels gebruik.

Soos genoem, het hierdie aalwurmbeheermiddels ’n enorme invloed op die omgewing en ook op mense gehad. Hierdie ou chemiese middels was hoofsaaklik berokingsmiddels wat die grond steriel maak, wat beteken het dat dit ’n negatiewe uitwerking op alle onkruid, insekte, aalwurms en grondsiektes (Desaeger et al., 2020) in die grond het. Dit sluit ook die voordelige grond mikro-organismes in, wat ’n belangrike rol speel in plantvoeding en -gesondheid.

Een van hierdie middels, bekend as Dibroomchloropropaan (DBCP), het ook die grondwater besmet, wat met die hantering daarvan manlike sterilisasie veroorsaak (Bingham & Monforton, 2013). Die gebruik van hierdie ongewenste produkte is redelik vinnig verbied en dit is later met metielbromied vervang, wat ’n erge osoonvernietigende produk is (Thomas, 1996). Die vraag na meer omgewingsvriendelike produkte vir aalwurms (wat groot oesverliese veroorsaak het) het al dringender geraak.

Nuwe aalwurmprodukte

’n Nuwe reeks produkte is ontwikkel om aalwurms te beheer, maar met die kleinste negatiewe uitwerking op die omgewing. Hier is van dié produkte:

  • Spirotetramat is hoofsaaklik ’n insekdoder wat afkomstig is van tetramiensuur, ’n sistemiese verbinding vir die beheer van suigende insekte in hul jong, onvolwasse stadiums (Vang, et al., 2016). Dit inhibeer die groei van jonger insekte en verminder insekte se vermoë om voort te plant, wat tot mortaliteit lei.

    Daar is ook gevind dat Spirotetramat doeltreffend is vir die beheer van aalwurms op sitrus, basiese groente, aartappels, wyn en tafeldruiwe (Vang, et al., 2016). ’n Verdere studie het ook getoon dat Spirotetramat die groei van aalwurms op sojabone inhibeer (Vang, et al., 2016). Spirotetramat het nie ’n uitwerking op die uitbroei van die eiers nie.

    Hierdie produk word deur die blare opgeneem en beweeg in die plant se floëem en xileem na die wortels onder die grond, waar aalwurms aktief is.

  • Fluensulfone is deel van die 3-F chemiese beheer van aalwurms as gevolg van die trifluoro-molekulêre struktuur (Kearn et al., 2014). Hierdie chemiese beheermiddel vir aalwurms is ’n kontakdoder wat baie vinnig en doeltreffend werk, maar dis steeds veiliger en minder toksies as die ouer chemiese middels (Kearn et al., 2014).

    Dit inhibeer ook indirek ontwikkeling, reproduksie, voeding en beweging (Kearn et al., 2014) en is geregistreer vir gebruik op komkommers, eiervrug, soetrissies en tamaties.

  • Fluopyram is ook deel van die 3-F chemiese beheergroep van aalwurms. Hierdie chemiese beheermiddel beheer ook ’n verskeidenheid fungi omdat dit deur die plant opgeneem en getranslokeer word na ander dele. Die chemiese beheermiddel blokkeer ’n ensiem wat by selrespirasie betrokke is (Oka, 2020).

    Hierdie aktiewe bestanddeel is geregistreer vir gebruik op mielies, sojabone en sonneblom. Ander soortgelyke produkte wat hierdie aktiewe bestanddeel bevat, is ook vir ander gewasse beskikbaar.

Samevatting

Dit is moontlik dat die doeltreffendheid van hierdie nuwe chemiese beheermiddels kan afneem, namate die aalwurms mettertyd weerstand sal ontwikkel as dieselfde aktiewe bestanddeel oormatig en te geredelik gebruik word (Desaeger et al., 2020).

Dit is egter moeilik (en soms onmoontlik) om geregi­streerde aalwurmprodukte met ander aktiewe bestanddele te kry. Daarom is dit belangrik om aalwurms in ’n geïntegreerde plaagbeheerplan tot só ’n mate te beheer dat voordelige aalwurms die skadelike aalwurms kan onderdruk, sodat ’n gesonde balans weer bereik kan word. Dit sluit in boerderypraktyke soos wisselbou en die gebruik van chemiese stowwe wat nie alle mikro-organismes in die grond benadeel nie.

Chemiese stowwe wat omgewingsvriendelik is en meer selektief optree, is van kardinale belang. Verder is dit ook bekend dat sekere onkruide, soos kakiebos en gousblom, aalwurms kan onderdruk (Bhattacharyya, 2017). Verdere navorsing sal gedoen moet word om vas te stel of ’n praktiese manier gevind kan word om dié onkruide in die geïntegreerde beheer van aalwurms in te span. Dit sal ekonomies sin maak. Tans is daar ongelukkig nog nie enige oplossings beskikbaar nie.

Bronnelys

  • Bhattacharyya M, 2017. Use of marigold (Tagetes sp.) for the successful control of nematodes in agriculture. The Pharma Innovation, 6(11, Part A), p 1
  • Bingham E & Monforton C, 2013. The pesticide DBCP and male infertility. Late lessons from early warnings: Science, precaution, innovation, p 19
  • Desaeger J, Wram C & Zasada I, 2020. New reduced-risk agricultural nematicides – rationale and review. Journal of Nematology, 52(1), pp 1-16
  • George H, 2021. How to use beneficial nematodes to reduce pests in your garden. https://gardenerspath.com/how-to/disease-and-pests/beneficial-nematodes/ [12 July 2023]
  • Kearn J, Ludlow E, Dillon J, O’Connor V & Holden-Dye L, 2014. Fluensulfone is a nematicide with a mode of action distinct from anticholinesterases and macrocyclic lactones. Pesticide Biochemistry and Physiology, 109, pp 44-57
  • Oka Y, 2020. From old-generation to next-generation nematicides. Agronomy, 10(9), p 1387
  • Shaves B, 2021. How to adjust your planter and make it ready, https://www.4agmfg.com/articles/how-to-adjust-your-planter-make-it-ready [12 July 2023]
  • Thomas W, 1996. Methyl bromide: Effective pest management tool and environmental threat. Journal of Nematology, 28(4S), p 586
  • Vang LE, Opperman CH, Schwarz MR & Davis EL, 2016. Spirotetramat causes an arrest of nematode juvenile development. Nematology 18, 2, 121-131. Brill https://doi.org/10.1163/15685411-00002948 [12 July 2023]
Tags: Sept/Okt 2023
Previous Post

Bioherbicides: A different way to limit weed

Next Post

Landbou vandag


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In